TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62606 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann, die "payslip" laat… Lag 'n slag Dusty -3 minutes ago
Arie, hoe gaan dit daar by… Geduld. Dusty -9 minutes ago
Goeie môre almal. 
Desember 2019 - Koffiekroeg Dusty -14 minutes ago
Vat hom Kamp met.....reen.. Sleep nou -48 minutes ago
Warren gaan groot Silly season again... I'… Sleep nou -51 minutes ago
Petrol dorp Reën.............. Sleep nou -1 hour ago
Ek sien dit Ontgroening? Sleep nou -1 hour ago

Waar is almal

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Tue, 27/03/2018 - 15:32
Forums

Is ek alleen hier, waar is almal of slaap julle?

Port Elizabeth

Antie

Tue, 27/03/2018 - 16:52

My dag was een ding na die ander.  Eers vanoggend verkeersdepartement toe om lisensies te hernu, 12.30 daar weggekom.  Daarvandaan na Fruit & Veg en Pick 'n Pay vir voorrade vir Paasnaweek.   Toe my hare laat sny.   Die afgelope uur het ek bietjie op die bed gaan lê en lees en hier is ek nou.   In al my glorie!  wink

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/03/2018 - 06:14

Ook nog hier en glad nie besig nie (en geniet dit !)

Of wat beteken dit om "besig" te wees.  Ek is "besig" om op sosiale media te klets, 'n boek of tydskrif te lees of om te braai of ek is besig om saam met pelle 'n bier te drink.

Gevolgtrekking : Om "besig" te wees is geen verskoning om nie op Kampforum te gesels nie.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 28/03/2018 - 08:00

Len, ek sien gereeld dat daar bietjie reen voorspel word vir julle mense, ek neem aan daar is nog niks nie, anders sou jy al gejubbel het hier op die forum?

Ai, die droogte is eintlik baie "scary" dit is regtig erger vir die mense en die land as al die skade wat Zuma aangerig het.

Hoeveel jare gaan dit neem vir die boere om te herstel na die ramp!!

Secunda

Sleep nou

Wed, 28/03/2018 - 15:18

Half dag afgekry sopas my laptop terug gekry nou gesels ons kamp Len en vriende

Port Elizabeth

Antie

Thu, 29/03/2018 - 08:36

En Dassie???    Ek wil graag weet waar hy is en hy moet asseblief nou terugkom.   Ek sien hy het bietjie teëspoed opgetel op die ander forum.   

Laas toe ons van hom gehoor het, was voor hy met Kersvakansie vertrek het en sou daarna weer inval.  Dassie, jy is darem seker nie nog met vakansie nie, my maat!   Laat hoor van jou asseblief.smiley

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 29/03/2018 - 21:16

Ek is ook nog hier.

Was vir so paar dae by die BOS saam met 3 vroue. Weet nou hoe het julle oom Zuma gevoel.

Ons was skaars 2 ure weg van die huis, toe kry ons die nuus, die een dame se motor is gesteel.

Dankie vir Tracker wat hom in Soweto opgespoor het met die motordief nog binne hom.

Vakansie was heel lekker. Gebly 10 meter van die strand.