Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -40 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Skippie se Aartappelsuurdeeg Plantjie

Pretoria
Submitted by Noddy on Sat, 31/03/2018 - 21:23
Forums

Skippie se Aartappelsuurdeeg Plantjie

Bestandele:

1 geskilde aartappel gerasper.

1 gelykvol eetlepel sout.

2 opgehoopte eetlepels suiker.

2 koppies louwarm water.

1 pakkie kitsgis.

5 rosyne.

Metode:

Dag 1:

Gooi alles in `n “Can Fruit” bottel, gee net so 1 roer en maak die deksel toe.

Hou in die vensterbank of erens waar dit warm is.

 

Dag 2:

Gooi alles deur `n sif.

Gooi so ¼ van die ou aartappel terug saam met die ou rosyne en `n derde van die suurdeegwater.

Maak nou weers die resep aan, maar die keer sonder die kitsgis en rosyne, en gooi dit by die bietjie wat jy oorgehou het van dag 1.

Maak toe en laat weer staan vir 1 dag.

 

Dag 3:

Nou behoort die plantjie aan die gang te wees.

Elke keer as jy wil bak, gooi deur `n sif en gebruik net die vloeistof in jou deeg( Ek hou net so ¼ van die suurdeeg vir die nuwe plantjie, die res gebruik ek in die deeg, hang ook af hoe sterk jou plantjie is.)

Maar onthou om elke keer weer bietjie van die ou aartappel, die ou rosyne en `n bietjie van die vloeistof in die bottel terug te gooi.

Vul dan elke keer met `n nuwe aartappel, 1lepel sout, 2 lepels suiker en 2 koppies lou water.

Jy behoort dit daagliks so te kan gebruik, maar as dit voel asof die deeg nie genoeg rys nie, laatstaan net `n dag of wat langer, gooi `n bietjie meer rosyne in. As die rosyne nie meer goed lyk nie vervang dit. 

hierdie is die belangrikste deel van die suurdeeg resep. Jy moet eers dié botteljie magic voor jy lekker brood of vetkoek kan bak! Gebruik enige basiese brood/vetkoek resep maar gebruik hierdie liquid gis ipv droë gis om die regte smaak en tekstuur te kry

.

Term