Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

43992 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hi Johann,  dankie.  Ek het… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -20 minutes ago
Hennie......... Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -1 hour ago
GM ! Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -1 hour ago
Anton, ek was gou bietjie op… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -1 hour ago
Dit is nou goeie nuus,… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -1 hour ago
Stem met maters dat " C "… Kampforum Saamtrek Plaatjie Noel -1 hour ago
Ai,.................... Die Noorde wink Len Loader -1 hour ago

Baie welkom nuwe lede

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Wed, 25/04/2018 - 19:27
Forums

Ek sien 'n hele paar nuwe lede het sedert gister aangeteken.  Ek wil graag vir hulle almal hartlik welkom heet.   Ek hoop regtig julle gaan nie net 'n naam vir ons bly nie, maar dat ons julle kan leer ken as kampeerders.  Bly so anoniem soos jy wil, ons hoor graag van julle.

Een naam wat ek ken, is die van Zack Benade.  Dankie Zack, ek is bly om jou hier te sien.  Ek weet jy praat nie baie nie, maar skryf gerus iets, dit sal lekker wees om van jou te hoor.

Centurion

Voortrekker

Wed, 25/04/2018 - 19:45

Freda ek onthou weer 'n HennieBo, ek dink dit lui 'n klokkie van die wegesleepte forum.   Daar was moontlik 'n krokodil ook, nou 'n Enbelse een smiley   Zack Benade klink ook vir my baie bekend, ek dink hy is dalk 'n vriend van 'n kolega van my?  

Ek stem saam met Freda, baie welkom al die nuwelinge wie die afgelope week aangesluit het yes

Stem met Voortrekker en Freda en Segekok welkom welkom aan al die nuwe lede .Kom gesels saam vertel van julle skandes en sommer wat maak jou kliek laugh

Secunda

Sleep nou

Fri, 17/08/2018 - 12:15

Ons staan nou 593 lede sterk kyk forum lekke besig as almal net wil op klim bietjie meer vertel van hulle waar hulle kamp ens dink net hoe gaan ons rol kom 593 lede val in en gesels lekke saam wink

Port Elizabeth

Antie

Fri, 17/08/2018 - 12:47

Shaun, ons kan dankbaar wees vir 'n klompie nuwe lede wat aangesluit het en deesdae is die gesels baie meer bedrywig.    Die forum het baie gegroei en stelselmatig sal al hoe meer mense begin saamgesels.  Ons moet net geduldig wees.   Dit is moeilik om te verstaan hoekom mense registreer as hulle nie wil deelneem nie, maar dit is maar hoe dit is.  Hulle lees seker net maar op 'n dag kry hulle dalk lus om ook iets te sê.    Veral as hulle sien hoe lekker dit hier gaan.laugh

Centurion

Voortrekker

Fri, 17/08/2018 - 22:19

Welkom al julle nuwelinge soos sleepnou se kom gesels n hond uit n bos uit saam met gesie en freda en almal lekker mense baie lede hou so aan on bou hom nou mooi en hy loop soos stroop laugh

Secunda

Sleep nou

Fri, 11/01/2019 - 09:01

Welkom op n puik forum nuwe lede val in en gesels lekke saam kom vertel meer van julle en kamp n hond uit n bos wink

Waar my wa staan

Arie

Fri, 11/01/2019 - 13:18

Hier moet ek erken die Shaun seun kan darem sinne bou vir Afrika sy sinne het geen einde nie met alle respek Shaun ek is baie dankbaar dat ek nie 'n 6 bladsy verslag ogestel deur jou moet deur lees nie jou sinne loop soos stroop soet lekker en aanmekaar een ding weet ek ek jy sal nooit onder 'n vals naam hier kan inkom nie ons sal jou dadelik herken aan jou skryf styl al baie gewonder as jy ry kom jy ooit uit eerste rat uit of ry jy heelpad net in die selfde rat maar so ken ons jou en ons bly lief vir met jou stroop en kamp 'n hond uit 'n bos uit groete vir almal daar by die huis by die werk en orals waar jy mag of nie mag kom niedevil

Fochville

Lapskag

Fri, 11/01/2019 - 14:00

Laat ek ook maar weer vir 'n slag groet voor julle my ook verwelkom hier as 'n nuwe lid of dalk insien as 'n roof leser lekker koffie met boerbeskuit bly lekker en loop soos stoop wink ai julle kan die man se siel uit een trek weer vandag