Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

superbru lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

46171 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal.

Nuwe week…
Februarie 2019 Koffiekroeg Dusty -31 minutes ago
Lekker man, sien nou so uit… SionBergh Saamtrek Feb. 2019 Johann L -3 hours ago
Ek geniet hierdie draad, wil… Die mooiste staanplek Johann L -4 hours ago
Dankie oom Chris Nou reën dit lekker! GeesWatWandel -4 hours ago
Letabarivier .... Nou reën dit lekker! Chris Boucher -4 hours ago
Hehehehe oom Sarel, sal… Lennie in die Kruger Wildtuin… GeesWatWandel -4 hours ago
En onthou, hierdie is Lennie… Lennie in die Kruger Wildtuin… Sarel Marais -5 hours ago

Mei 2018 Koffiekroeg

Meyerton
Submitted by Segekok on Tue, 01/05/2018 - 01:02
Forums

Môre .....

Sal ek maar Die Mei koffiekroeg begin. Het staar siek. Die weer is lekker swaar hier en dit reen lekker. Lê nou maar en luister vir die reen op die dak.

 

Mooi dag vir almal

Secunda

Sleep nou

Tue, 01/05/2018 - 05:40

More almal gister aand vooreg gehad dat al my kinders skoonseuns kleinkinders by ons kom kuier het en lekke wors rolle geeet het wat n vooreg koffie loop soos stroop en mag dit reen waar dit moet Vrede

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 01/05/2018 - 05:59

More more.

Ons is gepak en reg vir die mark.

Gelukkig is ons plekkie glo onderdak as dit dalk reen soos dit het deur die nag. Daar sal seker minder voete wees as dit reen, maar reen is so goed vir die boere en ons damme.

Ek sal seker so deur die dag weer n draai moet maak by die werk. Al my papier werk is nog nie uit nie en ons is al klaar in die nuwe maand.

Geniet julle dag.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 01/05/2018 - 06:02

Goeie môre al die Kampforum mense !

Ek hoop julle werkendes het 'n aangename Werkersdag want ons ander werkloses gaan nog steeds 'n lekker rustige dag hê.

Ek sit hier  by Riviera in ons Exclusive, by die dinett en tik op my laptop met 'n lekker Vodacom 3G sein - netsoos eergisteraand by The Vale Karooplaas naby Drie Susters.  Langs my staan 'n heerlike koppie koffie, gemaak in ons binne-kombuisie  -  watwo met hierdie buite-kombuis-malligheid !

Lekker dag almal.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 01/05/2018 - 07:02

More Kampforum.co.za vriende, laat julle die dag geniet.

Hier het dit laat gisteraand sag begin reen, reen nog steeds aan en af, seker ons laaste vir die seisoen.

Elarduspark

GerhardM

Tue, 01/05/2018 - 07:53

Goeie morê,

Geen reën hier nie. Vir die wat ry/sleep veilig reis. Vir die ander rustige dag.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 01/05/2018 - 10:44

More, more al die mense (en diere) op die forum.  Ek het al lank terug hier ingelog, nadat ek my vanoggend verslaap het.  Ek kry nou eers kans om te kom groet.

Ai, ons sal regtig 'n roudiens moet hou vir Speknek.   Ek sal maar 'n spesiale draad open waar ons almal ons stukkie oor hom kan getuig.crying

Geniet julle vakansiedag.  More is dit terug werk toe, vir sommiges van ons.  

Secunda

Sleep nou

Wed, 02/05/2018 - 05:19

Goeie more julle moet n awsone dag he skink daai koffie of tee hier by my loop hy soos stroop vrede