Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52207 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bal-slot! Sleep veilgheid "Tips en… Wildehont -1 hour ago
Seker Bulle vir n wen oom… Kampforum SuperBru Harry Du Randt -1 hour ago
Johann, vuurwapen hernuwing. Mei 2019 Koffiekroeg Harry Du Randt -1 hour ago
😂😂😂 Lag 'n slag Johann L -2 hours ago
Dankie Len, dit maak sin. Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -2 hours ago
Anton, nou hoekom kom julle… WilSur kamp Oktober 2019 Willem Brits -2 hours ago
Johann,

Die geboue…
Mei 2019 Koffiekroeg Willem Brits -2 hours ago

Daai blou aapies

Secunda
Submitted by Sleep nou on Wed, 09/05/2018 - 07:40
Forums

Ons almal het al een of ander tyd gekamp en die blou aapies ons kom pla en soms van ons goed so lekke skelm gesteel terug in die boom gespring en gese toe kom vang my ek eet nou lekke. By Natalia was die aapies baie bedrywig en lekke baljaar tussen die staan plekke. Hulle is baie slim en kry maniere om in te kom waar hy lekke aanjaag en mense se bloed druk opjaag. Nou kyk ons kom skrop nes in sy domain en as jy iets buite los na jy gewaarsku is en hy vat dit kan jy mos nou nie kwaad raak nie . Hoe kan n mens die aapies se beweging beperk in n oord is daar n manier wat se jy??

Meyerton

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 07:54

Shaun soos jy sê.  dit is hulle plek.  Die regoploop aap het dit kom moeilik maak vir almal.  Die bordjie wat sê moet nie die diere voer nie is daar net vir die wat kan lees...  Meer as 90% van die kampeerders kan nie lees nie so daardie bordjie is nie vir hom bedoel nie.

 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 09/05/2018 - 08:22

Ons het nog nooit probleme met die ape gehad nie, sorg dat alle eet goed buite hul sig en reuk is, as hulle dit kan reuk gaan hulle iets breek of skeur om by te kom.

Sit Stasoft refill  in daai plastiese hour waarin dit kom, in die kaste en in die tent, verbloem die reuk van kos.

Ons voer ook nie, skiet hulle ook nie ketties of paint ball guns nie, ons ignoreer hulle en hulle los ons.

Mense "speel" te veel met die ape, skiet hulle, jaag hulle en skreeu op hulle, die ape dink dit is 'n lekker speletjie en kom aanmekaar terug om te "speel"

Ons sien gereeld hoe teister hulle bure rondom ons maar los ons in vrede?

Secunda

Sleep nou

Wed, 09/05/2018 - 09:24

Ek hoor jou Arie ja ons ook redelik gelukkig maar ek het ook al n beurt gekry bere alles Deon daar was twee dames wat die dinsdag oggend hulle gevoer het by onderste kamp gedeelde en twee dae later het appies eers begin minder raak . Ek het twee dames gevra om te lees by badkamer is bord wat se moenie aapies voer nie hulle antwoord was sjame hulle is onger ons kan nie help nie. Daai twee dames het na voer van appies regtig gesukkel om appies intoom te hou hoop hulle het iets geleer daaruit

Waar my wa staan

Arie

Wed, 09/05/2018 - 10:55

Sleep nou, brei so bietjie uit man, was die dametjies darem iets vir die oog, mens kan nie net se daar was twee dames nie?????!!!!

Ek kan nie die res van jou storie lees nie, bly vashak by dames.......

Meyerton

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 11:31

Oom Arie ek kan my self die twee dames voorstel.  Die regte Moederlike tipe waarvan die kinders lankal uit die huis is wat nou aan die leë nes sindroom ly. So effe tot heel oorgewig want als moet gevoer word. Stel nie belang daarin om reels te aanvaar nie en beskou hulle self so effe hoër as die res.So amper ...  " nou wat gaan jy om trent dit  doen as ek die diere wil voer houding....." 

Maar ek mag dalk verkeerd wees 

Shaun sal maar moet kom vertel.   

 

Port Elizabeth

Antie

Wed, 09/05/2018 - 12:06

Ons weet ook al hoe om rondom die apies te werk maar ons het al 'n paar keer 'n beurt gehad.  As daar ape is, kan jy gladnie laat slap lê nie.  Jy moet behoorlik konsentreer om niks binne sig te los nie.   Kratte is ook nie 'n oplossing nie, Kees se kind maak hom oop om te sien wat is binne.  

Dit is waar wat Arie sê.  As hul later agterkom by jou plek is daar nooit iets om te gryp nie, mors hulle nie hul tyd met jou nie.

Die beste wat ons ooit gesien het, was tydens 'n kamp by Willows.  Drie karavane het ingekom en langs mekaar gestaan, met net hul afdakke op.  Dit was soos 'n groot stoep voor hulle.  Daar was tafels net waar jy kyk en hulle het alles op daai tafels uitgepak.  Sodat die kinders en almal hulself net kon help.   Toe die klomp mense almal strand toe gaan, toe sak die ape op daardie fees af.  Seker maklik 20 van hulle.  Jy sien net hoe hul pakke chips, koekies, lekkers, pakke broodrolletjies, brode en houers met kos gryp.  Hulle maak dit skoon daar.  Almal het hulle net aangekyk want besef daar was geen manier wat mens hulle sou kon wegjaag nie.  Dit was iets om te aanskou, ons het ons byna kapater gelag!

Centurion

Voortrekker

Wed, 09/05/2018 - 12:21

Shame die arme apies , vatso! 

Hulle vermaak altyd die kinders.  Soos ek gese het, as die kos buite staan, moenie jou rug draai nie.   As ek reg onthou het die goed daar by Mabalingwe 'n brood kom steel toe ons nie kyk nie ....arme outjie was seker honger smiley

Secunda

Sleep nou

Wed, 09/05/2018 - 12:50

Arie nee wat daai twee dames vang nie n ou se oog hulle het mekaar gevang die twee dames as jy verstaan wat ek bedoel , Deon beide was lekke dik slim en hulle moes toe nou maar sukkel met appies wat bly kom kos soek

Jozie

It'l Dodat

Wed, 09/05/2018 - 13:05

1) Blend a moerse lot of moerse strong chillies & cooking oil in a blender.....

2) paint on all branches & other things aapies will sit on

3) let the games begin....

As a tent camper, monkey's are especially a problem, EG Sugarloaf St Lucia.

Keep everything eatable... Including bottles of refreshment / booze (they know about such things)  in lockable steel trommels, cooler box included

I use the old army trommels.......

Frozen stuff in freezer (my freezer stays in the Landy)

They will leave you alone after the first time they suss your site out and there is nothing there...

At Eden park (Again St Lucia) saw one jammer tannie's pop-top van get utterly destroyed by monkeys who tore through the canvas.... She used to feed them at her site... One day she didn't and they buggered off somewhere. Monkey's came round, no food & took their van out...

They packed up and left........... I warned them........ But then, wat weet so ou simple Englseman...ne'!

Jaaa jong................. Gotta go................. I've got to go and visit my  physiatrist.... Rather a nice tannie I have to say.... Really sorts my head and the 5 other's that live in there out....

Fortunately quite cheap.......

 

Elarduspark

GerhardM

Wed, 09/05/2018 - 14:22

Daai aapies van Natalia skrik vir die klap geluid van 'n ongelaaide BB geweertjie. Ons het 6km van Natalia af gebly en die bure in die kompleks het gesê hulle skrik vir stok se ligte kap op die vloer teëls en die klap geluid van 'n BB geweertjie. Ons het 'n paar keer deur geloop in die huis met hulle en dis nie lekker om skielik in die kombuis vas te loop in 'n mannetjie wat 1.2m hoog staan nie

Meyerton

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 14:31

skielik in die kombuis vas te loop in 'n mannetjie wat 1.2m hoog staan nie

Ek dink ook nie dis vir hom lekker nie...  ook nie vir die persoon wat moet skoon maak nielaugh 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 09/05/2018 - 15:17

Ek dink dit is wreed om hulle met chillies te brand, hoe sou jy voel as iemand dit aan jou doen?

Ons het vir baie jare die tent kamp ding gedoen, en toe ons nog "Ge-Bike" het met 'n piep klein tentjie, nooit probleme gehad nie.

Respekteer hulle en hulle sal jou respekteer, soos enige ander wilde dier, in Mama pools kan jy tussen die diere stap as jy wil, as jy hulle nie bedreig of skrik maak nie los hulle jou uit.

Onthou jy kuier in hulle terein so respekteer hulle, is dit nie waarvoor ons in die natuur wil kom nie?

Ek was  in die Kruger  en besig om die karavaan se rally tent op te sit .My Defender se deur was oop en ek het sweets daai lekker "Fireball" niggerballs gehad ,wie kan nog daai sweeties onthou .heng jy suig nog so lekker dan slaan daai brand jou .Ongemerk is n paar bloubal Apies in die Landy in en help hulle self aan die sweets .Ek sien hulle en jaag hulle ,die spul is in die bome op en toe daai brand hulle vat ,manne hulle weet nie wat om te doen spring van tak na tak laat dit lyk asof n rocket hulle aandryf . Het nie weer n besoek van hulle ontvang lol ek dink die bos alarm het weergalm dat hulle die silver Landy moet vermy 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 09/05/2018 - 19:00

Ek gebruik 'n Zapper / tazer, dit maak 'n geraas en die apies laat spaander.

Arie, solank mense hulle tog net nie dood maak nie, ek het 'n erge ding teen die "uitsit" diere.