Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58553 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Soos julle kan sien is die… 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -9 minutes ago
Daisy is weer terug. 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -21 minutes ago
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago

Ford is en bly maar die beste!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Tue, 22/05/2018 - 15:26
Forums

Al die gepraat oor karre maak my baie nostalgies.

Soos party dalk al agter gekom het hier ek is nogal 'n groot FORD aanhanger, maar dit is maar net omdat Ford die beste is, behalwe as mens na eksotiese motors soos Ferrari, Lambo en sulke goed gaan kyk, ongelukig is daai motors so effens buite die gemidelde forum gebruiker se finansieele vermoens, altans ek dink so?

Ford het in 1958 begin om hulle enjins vir formule 1 wedrenne in te skryf. Keith Duckworth en Mike Costen het 'n maatskapy gestig genaamd Cosworth, hulle het onder leiding van Ford UK begin om die basiese Ford enjin so bietjie te toor.

Baie mense glo [verkeerdelik] dat ford die mees suksesvolle GP enjin was, maar nee Ferrari onder leiding van oubaas Enzo kry daai eer, 216 GP 1ste plekke vir Ferrari en 176 vir Ford, die twee oortref al die ander vervaardigers by ver, ek dink die een wat naaste kom is Mercedes met 95!

Ford het wel die GP heeltemaal oordonder in die jare 1968 tot 1982 met 12 uit 15 drywer  oorwinings en ook 10 vervaardiger wereld oorwinings, en 'n fantastiese 131 'pole positions" Verder het hulle ook heelwat Indy 500 oorwinings gehad met hul enjin.

Michael Schumacher het sy eerste oorwining in GP met 'n Ford behaal in 1992 en in 1994 sy eerste wereld titel nog steeds met Ford.

Die eerste ford GP enjins was 1500 cc 4 silinder van van 63 tot 66, 67 het hulle 'n 1600 enjin gebruik en toe einde 67 oorgegaan na die 3lit Essex motor, natuurlik met Cosworth ombouing.

Die basiese blok was maar presies soos die een in 'n standaard Cortina met net twee silinders aangelas.

1986 het hulle afgeskaal na 'n v6  1.5 lit turbo, maar in 87 het hulle terugegaan na die v8 3 lit, met een of twee jaar tussen in met 'n 3 lit v10. van daar het hulle 'n v10 3 lit gebruik maar in 2010 tot huidig weer afgegaan na v8 2.4 lit.

Die geskiedenis wys dat daar min vervaardigers is wat by Ford UK kon kers vas hou, so los maar al die Jap, Chinese, Indiese, koreaanse en wie weet wat nog se karretjies, dit is nie 'n patch teen Ford nie. Die Duitsers kan dalkies net moontlik naby kom maar ook nie heeltemaal nie.

So paar interesante feite; Die bestuurs posisie in 'n GP motor moet seker een van die mees ongemaklikste wees wat daar is, sien eerste foto.

Die sitplek is nie opgestop nie maar soliede Kevlar!

die laaste 3 fotos is maar net prenties van seker die mooiste gesig op aarde, daai enjins maak my [amper] meer opgewonde as 'n pragtige jong dame.Drivers position

Secunda

Sleep nou

Tue, 22/05/2018 - 18:57

Daai Ford big six motor puik en moenie Capprie perrana vergeet nie

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 23/05/2018 - 06:14

Het self 5 Ford's gery en nog twee ander voertuie met Ford V6 motors in, waaronder n Landrover en Bedford CF paneelwa.

My laaste Ford verkoop, verledejaar, nou ry ek T...........

Jozie

It'l Dodat

Wed, 23/05/2018 - 06:50

Peace-sign Cortina

16000 Cortina (similar shape to the big-six)

Landrover series IIIa with a big six conversion

Yip... That's about it.....

When ford was big-stuff, I was so into motobikes it was not funny....

Stripped and repaired a Suzukie in the lounge of my flat once.....

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 23/05/2018 - 07:05

.. ek dink die rede hoekom ek nog nooit 'n ford oorweeg het nie is omdat ek in Belville skool gegaan het. Ek het ook baie skool vriende van Goodwood, Parrow en Kuilrivier gehad.

Port Elizabeth

Antie

Wed, 23/05/2018 - 11:54

'n Dogtertjie stap op die sypaadjie en 'n man stop langs haar met sy motor, draai die venster af en vra vir haar:  "Dogtertjie, klim in, dan sal ek jou gaan aflaai waar jy moet wees".   Sy ignoreer hom en stap aan.  Weer sê hy:  "Ek het 'n lekkertjie vir jou".   Sy stap net aan en weer sê hy:  "Ek kan vir jou roomys ook koop".

Die dogtertjie draai vererg na die man en sê:   "Pa, ek het vir pa gesê, ek ry nie weer in daai Ford nie!!".

Waar my wa staan

Arie

Wed, 23/05/2018 - 16:07

Freda, nou maak jy my diep seer, ek is bitter teleurgesteld in jou!!

Ek is so erg getref dat ek nou aan 'Post Ford" trauma ly, ek dink ek gaan more die Shangoma sien vir berading.

Port Elizabeth

Antie

Wed, 23/05/2018 - 19:15

Ai Arie, my vriend, ek kan mos nou nie help dat die dogtertjie so voel oor 'n Ford nie.   Ek hou van 'n Ford, ek belowe.   Ek dink dit is mooi, ek belowe.  Kyk net daai mooi enjins, mens raak skoon in vervoering daaroor.   Ek stem saam met jou, die ander ouens kan 'n ding of twee leer by Ford. yes  

Roodepoort

HennieBo

Thu, 24/05/2018 - 06:31

First On the Rubbish Dumb, because it towed in a Toy, VW, Nissan.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 24/05/2018 - 07:00

JA , ja ok maar jaloers ne? Toemaar nie vir almal beskore om 'n Ford te mag ry nie, net vir die uitverkorenis.

Kyk nou hou sarkasties is die antie nou met my, bel sommer vir Gonnie - juis gisteraand weer 'n lekker laaang tellefoniese gesprek met my maaitjie gehad. Hy reken hy is nou moeg vir die moeilikheid makers en gaan hul op hul plek sit, wou net weet of ek saamstem met sy planne.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 24/05/2018 - 08:04

Nee Willem, ons is groot pelle, hy vra maar raad oor wat om te doen met die moeilikheid makers.

Hy moes gister 'n paar inskrywings verwyder, onder anderre ook een van Froggy{?] kan glad nie uitmaak hoekom nie, maar hy bel my toer om te verduidelik.

Blykabaar is daar ouens wat 'n fight wil ontlok, een ou wat praat van tweegat jakkalse en so, hy het vir my mooi verduidelik dat hy maar daai man se inskrywings verwyder want hy soek glo net moeilikheid?

Ek het hom toe maar toestemming gegee om dit te verwyder.