Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57143 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Karoo heel balm is net die… Stof tot nadenke neef Herman -36 minutes ago
Beslis moeite werd en is nie… WilSur se 2011 Exclusive Krag… Noel -41 minutes ago
Ek het nie veel hoop nie,… Kampforum SuperBru Mona -43 minutes ago
Ingrams Kamfer Room Stof tot nadenke Johan K -45 minutes ago
As ek n week lank plakkies… Stof tot nadenke Noel -45 minutes ago
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -1 hour ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago

Junie 2018 Koffiekroeg

Secunda
Submitted by Sleep nou on Fri, 01/06/2018 - 02:06
Forums

Dankie vir die vooreg om die maand se koffiekroeg af te skop . Glo die draad sal loop soos die ander. Mag Junie maand n maand wees waar daar nog steeds gekamp gaan word vrinne gemaak word en dat ons almal n maand vol vrede sal he

Port Elizabeth

Antie

Fri, 01/06/2018 - 07:31

A pinch and a punch for the first of the month!

Ek hoop julle geniet die dag en sien uit na 'n lekker naweek.

 

Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 01/06/2018 - 14:26

Goeie MIDDAG aan almal, oud en jonk!!!!

nou lekker koffietjie gaan gooi, netnou probeer ons G & T!!!

Ou Amabensie netnou mooi gewas, vanoggend oornagverblyf van Harrismith betaal vir Sondagnag, en verblyf in Uvongo tot die 14de, laasweek tolgeld op rekening betaal om soos wind deur N3 tolhekke te gaan!!!!, nou net 2 slapies oor!!

En as ons gespaar bly - Sondag so 10uur hier wegtrek en rustig ry tot op Harrismith. Indien alles mooi loop, sal ons met terugkeer dalk deurry, hang af hoe die ou siele se liggame die rit hanteer!! 

Ek ry darem "goedkoop"af kus toe, ongeveer R1.25 minder as heersende pryse in ons streek, en sal op Harrismith by Hinterland weer bietjie ingooi teen ongeveer 50sent goedkoper as huidige pryse, en dan Dinsdag in Portshepstone weer volmaak teen "ou"prys" , weereens goedkoper as die normale "1 stop" pryse, en met daai selfde tenk weer terugkom huis toe!

So, ek spaar darem so bietjie paar sente om ekstra dop te kan koop!!!

Dalkies kry ek tyd in my "rus tyd"om paar fototjies te deel.

Kan nou ongelukkig NIE meer breedvoerig uitbrei nie, my woordeskat en verbeelding is reeds met pensioen!!!

Wees gegroet!!!

Port Elizabeth

Antie

Fri, 01/06/2018 - 15:42

Nee maar ek is bly om te hoor al die reëlings is gemaak en julle gaan ry.   As jy daai eerste G&T in Harrismith skink, lig daai glasie en sê:  Hier gaan hy Freda!!   Ja, julle moet lekker rustig ry en laat die lywe tussenin bietjie rus.  Ek hoop Linda se rug hanteer die rit goed.   En gaan geniet dit, elke oomblik daarvan.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 01/06/2018 - 16:15

Freda, dankie. Ekke sal DV MAANDAG op Uvongo lekker stywe dop saam met julle deel!.

Ek neem geen alkohol in as ek volgende dag op pad gaan nie, so, vanaand laaste doppie!!! Dis nou maar net jare-lange gewoonte. 

Johann en Willem, dankie, hierdie is eerste wegbreek sedert laasjaar Meimaand toe ons Glentana toe was (en koffie en koek saam met Freda hulle geniet het!)

 

Middelburg

Noel

Fri, 01/06/2018 - 18:59

Dankie Anton. Frans , ek wil jou net bewus maak dat Ultra City by Escourt is albei gesluit is. Die beste plek om te stop is by Windmill Nothingham road by Howick en dit is na Mooirivier tolhek. Voorspoedige reis vir julle Sondag.