Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -19 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -38 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -38 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

O Slaapsak, o slaapsak!!

Submitted by Frikadel on Mon, 25/06/2018 - 08:01

Weer die naweek gaan wildkamp met die motorfiets in die bosveld, so spasie was my grootste vyand want my scooter is haakloos..

Soos gewoonlik is die tent is, toeklap braaier op sy plek, ketel in, koelboks, vleis, groente, ekstra warm kleure, opblaas matras en al daai dinge.

En natuurlik die 360 degree -12 helse duur slaapsak om nie te verkluim in die tentjie nie......., man slap mos net in n PT broek, maak nie saak waar jy is nie.

Die probleem met die baie warm slaapsakke wat nie te bulky is nie, is dat hulle loop soos n mummy van Egipte se balsam pakkie, as jy in is is jy in. Maar as jy breederig is, is die inklim slag n fyn kuns wat bemeester moet word.

Die elende is as jy 2 uur die oggend oorval word deur n mase piepie en jy moet soos in gister al agter die boom gestaan en fluit het. Vinnig uitklim is al klaar n kuns, dis daai terug klim in die donkerte en jy is half gevries.

Daai zip strip altyd, wel met my as hy daai gansvere tref wat behels dat ek die hele nag verder daai mummy kleed oor my moet vashou want die zip sit vas naby my kniee.

Gaan my eie slaapsak ontwerp!

Meyerton

Segekok

Mon, 25/06/2018 - 10:27

soos 'n jump suit lyk sal werk?

Ek het jare terug so een gehad wat ek gebruik het as ek bike ry in die winter.  Ek dink "SAFMARENE" het dit vir die matrose op die skepe gegee as hulle op die dek moes werk.  Die gedoente het n zip voor gehad wat van bo af of van onder af kon oopmaak. 

Lekker gewerk vir bike ry maar nie so seker ek sou in hom wou slaap nie...  

Pretoria

leeu

Mon, 25/06/2018 - 11:38

Ek verpes 'n slaapsak. dis die ongemaklikste en onnatuurlikste ding om in dit te slaap. Die eerste paar aande in 'n slaapsak sukkel ek om geslaap te kry. Ek het 'n dubbel slaapsak, hy werk nou lekker. Ek zip hom ook oop sodat ek nie om my arms vas gevang voel nie.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 26/06/2018 - 05:55

Ek het nog nooit 'n slaapsak gehad nie maar glo nie ek sal daarvan hou nie.  Die laaste ding wat ek voor lus het in die nag, is om met zips te werk.   As ons een moes hê, sal dit 'n dubbel een moet wees.   Nooit as te nimmer sal ek so geskei wil wees van die lyf langs my nie......   Hoe gaan ek dan my koue voete warm kry?