Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -14 hours ago

Diens en onderhoud van jou sleepvoertuig

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sat, 21/07/2018 - 18:55
Forums

Ek lees onlangs op FB van iemand wie se sleepvoertuig vir 'n geruime tyd by 'n werktuigkundige staan ('n omie om die hoek wat al jare lank aan hulle voertuie werk") met 'n probleem wat net nie opgespoor kan word nie, ten spyte van talle onderdele wat al vervang is, maar wat nog nie die probleem uit die weg geruim het nie.

In al my jare van karavaan sleep (49 jaar) het ek nog altyd my sleepvoertuie by 'n amptelike handelaar laat diens.  Die vernaamste rede is my vertroue in die handelsmerk se diensnetwerk en veral omdat ek meestal lang ente sleep, ver van my huis.  Sou 'n probleem op 'n ander dorp of stad ontstaan, kan ek met vrymoedigheid die naaste handelaar kontak waar my voertuig se volledige diens-geskiedenis ook op rekord sal wees.  Dit het ook die voordeel dat werktuigkundiges met kennis en ervaring van my voertuig-produk daaraan sal werk.  Ek besef dit is miskien die duurder opsie, maar my sleepvoertuie het my nog nooit iewers onbeholpe in die steek gelaat nie.

In die lig van my eerste paragraaf hierbo, is my vraag dus, hoe en deur wie laat jy jou sleepvoertuig diens en hoekom het jy op dié prosedure besluit ?

Port Elizabeth

Antie

Sat, 21/07/2018 - 19:31

Ek laat my Yaris net deur Toyota diens.  Hulle kyk baie mooi na my karretjie.  Ek het volle vertroue in hulle (al sal Arie dalk nie saamstem nie.laugh)

Elarduspark

GerhardM

Sat, 21/07/2018 - 19:40

My GWM is nou deur 'n onafhanlike werktuigkundige gediens wat RMI goedgekeur is en die voertuig is deur die handelaar waar ek gekoop het soontoe gestuur. Ek sal beslis ook eerder my voertuig na 'n handelaar van GWM wil stuur oor ek nou die woonwa sleep.

Ek nog altyd my eie voertuie na gegaan en self gediens oor dat ek nooit die fondse het om na 'n handelaar te gaan nie. Vir die cambelt ens. het ek nog altyd die voertuie na werktuigkundige gevat wat ek vertrou en 22 jaar ken en sy fooie is bekostigbaar vir my gewees. 

Ek het dit so gedoen nog altyd oor finansies.

Centurion

Voortrekker

Sat, 21/07/2018 - 21:42

Ek het vandag, na 'n lang gesoek, 'n gekwalifiseerde werktuigkundige gekry met die regte "diagnostics"  om op my volksie te werk. Na lekker gesels besef hy ken my tdi motor goed en sal ek dat hy my volgende cambelt en groot diens doen. Die voordeel is hy werk met die invoer en aankope van die duitse voertuig parte en kan dus die nodige teen beter pryse ook verskaf ☺    

Eenvoudige  olie dienste sal ek deesdae self doen, solank ek weet ek doen  ALLES deeglik en gebruik die beste olie. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/07/2018 - 08:35

Omdat my voertuig nog onder waarborg is, en ook omdat ek 'n baie goeie verhouding met Kia Vereeniging het, sal hulle nog tot 2021 my kar se dienste moet doen.

Daarna, sal ons maar sien as ek daar kom.

Ek besef dit is miskien die duurder opsie, maar my sleepvoertuie het my nog nooit iewers onbeholpe in die steek gelaat nie.

Stem 100% saam met jou redenasie! 

Meyerton

Segekok

Sun, 22/07/2018 - 09:02

Ek doen my voertuig se dienste self. Net die eerste diens is by die handelaar laat doen. Die waarborg laat ek verval. Ek vertrou nie ander mense om aan my voertuig te werk nie. Ek het die nodige kennis en gereedskap. Hou alle strokies van onderdele en vul self die diens boekie is. 

Ek leer my voertuig ken en as daar iets so verkeerd gaan kan ek my self help.

 

Hel1se Yaris was altyd op tyd by Toyota laat diens en ek moes meer as een keer die gemors regmaak. Hulle paar keer uitgevang dat hulle nie eers die vonkproppe vervang het nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/07/2018 - 09:19

As mens die kennis en gereedskap het, gaan vir goud, maar ek het nie die nodige kennis nie.

My kar se een outomatiese skuif deur het verlede jaar gelol, Kia gebel, en hulle het my kar kom haal. Die parte wat hulle vervang het sou my so R17 000 gekos het,  ek het nie 'n sent betaal nie. 'n Ander geleentheid weer het iets (ek kon nie uitmaak wat op die diesel toevoer gebeur het nie) sou my ook 'n R13 000 gekos het, alles onder die waarborg reg gemaak.

Kyk,die "noname" voertuie het altyd heelwat goedkoper as die "known brands) gekos, maar, hulle maak op met onderdele.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 22/07/2018 - 14:52

Diens ook maar nog al die jare self my voertuie, ook nog nooit in die steek gelaat nie.

Al waneer handelaar my voertuig diens is waneer dit nog onder waarborg is. 

Het ook al in my Isuzu Trooper, 'n 3lit Essex [Ford] motor ingebou, moes heelwat parte self verander om te pas, maar dit het my 2 maande geneem, net Saterdae gewerk, en ek het 350 000 kilos met daai motor gedoen sonder om ooit te gaan staan.

Voorie, jy noem dat jy net die beste olie gebruik, so ek neem aan jy gebruik [net soos ek] Castrol GTX?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/07/2018 - 19:13

So gepraat van die "regte olie", is sintetiese olie soveel beter as gewone olie uit ru olie, of wat sê die slim mense?

Ek wou dat Kia vir my sintetiese olie in gooi met die laaste diens, maar hulle sê nee.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 07:37

Arie, dit is nogal 'n storie, want party mense sweer by sintetiese olie, en ander weer by natuurlike olie, en albei staaf dit met "feite"

Ek sal maar liewer  by die vervaardiger se voorskrifte hou.

Pretoria

Slowstrike

Mon, 23/07/2018 - 10:31

Ek diens maar by die agente solank die ding nog onder waarborg is daarna self (vir `n olie diens remskoene ens) of by my neef wat `n regte gekwalifiseerde motor tegnikus is.

Die BT50 is nog onder waarborg en het nou 2 glowplugs wat dood is. Volgens die agente het dit iets met die charging en battery te doen wat die goed laat ophou werk het.

Al 5 glowplugs en die altenator word vervang onder waarborg. Die battery is vir my eie onkoste.

Was hy nie onder waarborg nie en vir my rekening sou dit naby R21000 gekos het.

Ek sê maar altyd gooi die olie in wat gespesifiseer word.

 

Centurion

Dusty

Mon, 23/07/2018 - 10:57

Petrol en diesel enjins nagaan, diens ens was deel van my ambag. Diens op die oomblik my bakkie self en sodra my vrou se voertuig uit waarborg/dienste is gaan dit ook self gediens word.

Het al heelwat vriende se voertuie oor in gestel nadat dit van die diens af terug gekom het. Hulle het gewoonlik reguit van die diens na my toe gekom om die verstellings reg te stel.

Deesdae doen ek net my eie voertuie. gebruik ook soos Arie GTX

Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/07/2018 - 15:41

Dusty, daai instel is die groot probleem, lyk my nie die ouens kan 'n motor behoorlik instel nie, of hulle is net te haastig en voel 80% is goed genoeg.

Vroeer toe alle voertuie nog vergassers gehad het, was daar maar uiters min handelaars, wat 'n "Twin choke Webber" of 'n "4 Barrel Holly" kon instel dat hy geen flatspot het nie.

"Down Draught SU" het vir hulle net so baie pyne gegee, een kon hulle nog regkry [so effens] maar as daar twee op is, kon hulle dit net nooit laat saamwerk nie.

Dan glo ek natuurlik vas dat vandag se werktuigkundiges nog minder kundig is as vroeer jare se manne?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 23/07/2018 - 16:21

Interessante standpunte.  Die produkte wat ek sedert skoolverlating besit het, VW, Ford, Toyota, Alfa Romeo, Nissan en Mercedes is oor al die jare tot vandag toe deur die betrokke agente gediens en ek kan nie van een geval onthou waar my voertuie onder swak vakmanskap deurgeloop het nie.

Dit beteken nie dat ek ontken dat daar swak vakmanskap in die motorbedryf is nie want oor die afgelope 20 jaar  kan ek net getuig oor twee produkte, Mercedes en Nissan  -  miskien was ek net bloot gelukkig.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 18:01

My vrou se Datsun 1800 SSS het uit gekom met twin Down Draught SU's, dit was een hengse projek om daai twee saam te laat loop. Ek het dit af gegooi, en 'n Weber DCD 7 op gesit, manifold moes natuurlik verander word met adaptor plate, maar daai kripel S het toe geloop.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 23/07/2018 - 18:03

Doen ook self die gewone dienste, olie,filters en ghries.  Maar waneer die timing belt, en die ingewikkelde gedoen word, is dit handelaar. 

Toevallig was Toyota n maand gelede in vir groot diens, wiel laers en seels etc op die 80 000km versiening. Vir simpelgeid kyk ek of lugfilter vervang is, nie gedoen nie. Kontak hulle en vra waarom nie, lang verskonings. Vra of kan ek asb die lys kry van werk wat gedoen is, daar is n checklys wat afgemerk word. Jammer, dit is nie gedoen nie was die antwoord. Toe loop ek maar weg, was nie lus vir verder gesels nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 18:17

Herman, ek lag nou so lekker vir 'n ou insident wat baie jare terug met my gebeur het.

Ek het die gewoonte gehad om filters, plugs ens te merk en dan na te gaan of dit vervang is. So vat ek my Mercedes in vir sy eerste diens, alles gemerk  (onopsigtelik natuurlik), en my kar is klaar, nou begin ek kyk of als gedoen is.

Kom by die olie filter, daar sit my merkie nog so mooi, bel die agent en gee my hele teleurstelling aan hom oor.

Hy sê bring die kar dat hy self kan kyk, lang storie kort, ek het 'n "housing / omhulsel" gemerk, die filter kom binne in die ding.

Dit was die laaste keer ooit, dat ek so iets gedoen het.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 23/07/2018 - 18:46

Ek het 'n Datsun 1600 SSS gehad oom met twin Down Draught SU's.

Het hulle met dun koper draad bo in gesit om hulle te balanseer.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 20:04

Daai SSS'e was baie gewild, my vrou het hare by haar pa ge-erf, en 15 jaar later is die kar gesteel😈

Dit was altyd lekker om met hom te gaan jaag in die strate.

Ek kon daai kar alles self regmaak, oor genoeg spasie om die masjien gehad vir werk, sou dit nodig wees. Elke nou en dan die carb met die "colour tune" in gestel. 

Vandag kyk ek het dit alles ordentlik skoon is in die enjin kompartement.