TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

65304 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het by comet Jurgens Ci- DIE WAARHEID Sleep nou -1 hour ago
KNP-beste plekke?? Beste kampeerplek/ke in die… wessels -1 hour ago
he he Frikadel - hulle is… Jurgens Ci- DIE WAARHEID JacquesR -1 hour ago
Arie ja nee, ek het lui… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Frikadel -1 hour ago
Snotbessie Beste kampeerplek/ke in die… wessels -1 hour ago
Snotbessie Beste kampeerplek/ke in die… Chris Boucher -1 hour ago
Snotbessie Beste kampeerplek/ke in die… wessels -2 hours ago

Forum lede Data Basis?

Centurion
Submitted by Voortrekker on Sun, 22/07/2018 - 21:28
Forums

Na aanleiding van die idees om moontlike sleepkombinasie brandstofverbruik data  ens. te stoor en verwerk op die forum.  Wil ek graag vra vir idees rondom dit.  Watse tipe inligting sal julle so wil stoor en sien.   Enige iets wat handig en interresant kan wees, dan kyk ek hoe om dit maklik en verbruikers vriendelik te maak?

Ek hoor graag smiley

Hello mede kampers

 

Ek het gedink aan;

sleep kombinasie---voertuig en tipe wa

Turbo diesel, petrol  en silinder inhoud

handrat of outomaties

Sleep spoed [gemiddeld

dalk watter roete---groot verskil tussen platpad en oor berge

Ek is baie dankbaar vir die PC-geletterdes in ons midde wat kans sien om so iets aan te pak.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 13:21

Soos deur Wessels genoem, met kilometer lesings en liters brandstof ingegooi. Dit moet seker 'n totale prentjie gee (solo en sleep, want nie almal het 'n dedecated sleep voertuig nie).

Ek dink dit gaan harde werk wees om dit aan die gang te kry, maar baie jeer betroubaar as die handellaars se duim suig syfers😃. 

Pretoria

Slowstrike

Mon, 23/07/2018 - 13:33

Die gewig van die regtervoet moet in ag geneem word. Om aan te dui dat jou gemiddelde spoed 100km/h is is ok maar daar word nie gesê hoe vinnig jy daar uitkom nie.

Die variasies is net te veel die enigste manier om die tipe van syfers naastenbei betroubaar te kry is as die toetsomstandighede dieselfde is.

On weet hoe lieg die manne oor spoed en brandstof verbruik.smiley

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 15:14

Ja ja, okay, ek kry die punt😂

Moenie te ingewikkeld wees nie, maklik om te gebruik, en so akuraat soos die ou wat in lees, se gewete😂😂

Maar ons gooi mos net voorstelle, hoe meer, hoe beter. Ek het gou gaan volmaak vanoggend R14.90 per liter vir 50ppm. My kar se onboard rekenaar sê vir my 9.8 liter per 100 km.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/07/2018 - 15:33

Voorie dan moet mens ook weet of die man 'n ponie stert het of nie?

Danie, ek stem saam met jou, mens gaan wyd uiteenlopende syfers kry.

Daar is soveel faktore wat verbruik beinvloed; lugversorger, oop of toe vensters, hoe swaar is voertuig en/of wa gepak, hoe swaar was verkeer. Waneer laas was voertuig gediens en behoorlik gestel, grote van brandstof tenk, ekstra gewig. My voertuig het 'n 100lit tenk en ek ry nie maklik onder half voor ek weer volmaak nie, dus ry ek gewoonlik 'n ekstra 50 kilo saam. Maak die joggie elke keer die tenk propvol, of verskil dit maar gewoonlik met 'n lit of twee?

En dan die groot ding, hoe betroubaar is die gemidelde spoed en verbruik soos ge-gee deur die bestuurder.

Mens moet ligloop vir statistiek, kan verdraai word om enige argument te staaf;

Volgens statistiek word 35% van noodlottige ongeluke deur drank misbruik veroorsaak, dus word 65% van noodlotige ongelukke deur nugter bestuurders veroorsaak. 

Hier uit kan mens aflei dat dit dus baie veiliger is om dronk te bestuur, baie kleiner kans om noodlottige ongeluk te veroorsaak??

Meyerton

Segekok

Mon, 23/07/2018 - 16:37

Volgens statistiek word 35% van noodlottige ongeluke deur drank misbruik veroorsaak, dus word 65% van noodlotige ongelukke deur nugter bestuurders veroorsaak. 

Hier uit kan mens aflei dat dit dus baie veiliger is om dronk te bestuur, baie kleiner kans om noodlottige ongeluk te veroorsaak??

Ek moet hier met oom Arie saam stem...  Sal julle nugter mense asb by die huis bly dat ons drok manne n 65% beter kans het om veilig by die huis te kan kom