Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre sê Kampforum Oktober 2019 Koffiekroeg Willem Brits -17 minutes ago
Goeie môre almal, julle moet… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -43 minutes ago
Goeiemôre kampvriende! … Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -55 minutes ago
The missing third.... Planning begins in earnest THE MISSING THIRD....… TWTFAWC -1 hour ago
Dis juis Google THE MISSING THIRD....… TWTFAWC -1 hour ago
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -2 hours ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -10 hours ago

Augustus 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Wed, 01/08/2018 - 03:25
Forums

Goeie more.

Laaste wintermaand volgens die boeke.

Geniet die dag voluit.

Secunda

Sleep nou

Wed, 01/08/2018 - 05:26

More julle almal groot dag vir julle gooi daai koffie hy moet loop soos stroop op die 1 Augustus tyd stap aan vrede

Fochville

Lapskag

Wed, 01/08/2018 - 07:04

Goeie more almal, welkom in die maand van die winde, vanoggend vroeg reeds begin waai hier by ons in Fochville. Sal hom maar vat soos hy kom, so tussen die kamp en die werk deur

Port Elizabeth

Antie

Wed, 01/08/2018 - 07:50

Ek vertrou almal is uitgerus en reg vir hierdie Woensdag.   Mag dit 'n goeie een wees, ook so die maand van Augustus.  Amper lente en somer en Kersfees om die draai!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 01/08/2018 - 09:32

Goeie môre mede Kampforum-maters !

So, die Augustus-winde het in Fochville begin waai.  Hier by ons in Kaapstad (en ek glo ook in PE) het die wind nog nie ophou waai nie !  Vanoggend blaas die noord-weste wind (ons reënwind) so effentjies, maar dit kan maar blaas want ons soek 'n bietjie meer reën as gisternag se 5mm ! Sien darem teen die komende naweek is 'n 100% kans op 'n redelike buie reën hier by ons.

Ek vermoed die meerderheid skrywers op hierdie draad lees nie vroeër-geplaasde groeteboodskappe nie en plaas maar net 'n môre-sê boodskappie.  Kom ons toets dit en kyk wie reageer op die volgende :-

Ek merk op daar is nou al meer as een wat ons 'n "verwoede" dag of maand toewens.  My woordeboek sê "verwoede" beteken : woedend, rasend, dol, baie heftig, kwaai, boosaardig.  Is dit wat ons toegewens word ?

Port Elizabeth

Antie

Wed, 01/08/2018 - 10:04

Môre Len.  Ja, die wind waai al 'n paar dae hier by ons ook.   Nogal 'n koue windjie, alhoewel die son warm skyn.   Waai droë blare na ons oprit, ons gee al moed op om te vee.   'n Predikantsvrou het lank terug vir my gesê, droë blare is deel van die natuur en nie onooglik nie.  Ons moet ophou stres om gedurig daarvan ontslae te wil raak.  Nou glo ek dit maar en los die blare tot die wind gaan lê.   Hopelik bring die wind vir ons ook reën en nie net blare nie.

Ek aanvaar die verwoede dag beteken dit moet woes lekker wees.laugh  Ek lees altyd al die boodskappe op die koffie draad, lekker om te sien wie kom groet en of daar interessante nuus is.

Middelburg

Noel

Wed, 01/08/2018 - 10:44

Goeie more almal

Ja, tyd stap baie vinnig. Maak jul kampgadget gereed en begin jul kamp beplanning vir warm maande. 

Die kampforum lede is awesome en lekker om jul insette te lees.

Geseende maand vir julle !!

Fochville

Lapskag

Wed, 01/08/2018 - 13:16

Smaak my Oom Len het met die verkeerde voet vanoggend opgestaan, maar hy is reg, dalk moet ons dit net omdraai en positief benader met al wat mooi is saam verwoed. Kom ons maak dit sommer groot klomp vreugde vir die dag. Soos daar by die huis waar ons een kleindogter kuier, gaan rof saam met die 2 jaar oue dogtertjie in die huis, maar bly baie lekker