Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57209 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek gebruik heel balm. Dit… Stof tot nadenke Dusty -1 minute ago
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago

Koningsmaal op die Boeremanier

Millmerran, AUS.
Submitted by Meraai vannie Baai on Tue, 21/08/2018 - 23:36
Forums

Outop se wok tjoppies
Wil een van ons eie gunstelinge deel met julle. Geelmeel-mieliepap (polenta diekant van die aardbol) en Outop se wok-tjoppies & gebakte eiers.
 
In die pap het ek 'n koppie vol mielies, 'n bakhand cheddarkaas en so goeie skeut uievlokkies ingegooi terwyl dit gaar geword het. Bo op die pap was daar oondgebraaide tamaties, takkie pietersielie en 'n skeppie roomkaas.

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Tue, 21/08/2018 - 23:43

Tuis of tydens kamp, pap en tjops bly 'n treffer by die Lockies.

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Wed, 22/08/2018 - 05:51

Ek pleit onskuldig lol. Bly julle het saam geniet met die oog.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/08/2018 - 08:04

Ons is ook gek oor die geelmeelpap. Hier in Roemenië staan dit bekend as "mamaliga" en die mense eet dit graag saam met suurroom. Lekkerrr!!

In die mid-80's was daar in Suid-Afrika 'n tekort aan witmielies (en dit was nog in die sanksie-dae). Terloops, behalwe vir Suidelike-Afrika, word witmielies amper net in die VSA en Frankryk op groot skaal verbou. Die res ken hoofsaaklik net "polenta" - soos wat Meraai die geel pap hierbo noem.

Maar terug na wat ek wou sê. Toe is daar 'n sekere persentasie geel meel saam met die witmeel gemeng. Dit is al wat jy kon koop. Dit is ook die tyd wat ons in Tzaneen gewoon het en waartydens hierdie Bolanders pap inderwaarheid vir die eerste keer leer ken het (en lief geraak het daarvoor). Toe witmeel weer beskikbaar word, het ons ons gemengde meel gesoek. Sedertdien meng ons een derde polenta saam met twee derdes witmeel. Die pap lyk nie net lekkerder nie, maar vir ons smaak dit ook lekkerder. Polenta, wat in SA hoofsaaklik van Italië ingevoer word, is net heelwat duurder as ons plaaslike witmeel.

Jou kos lyk lekker Meraai.

 

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Wed, 22/08/2018 - 09:22

"Mamaliga" .... Dit was nou interessant Chris Boucher. Baie dankie vir deel. Ons geniet die geelmeel nou baie meer as witmeel. Die Afrikaanse winkels hier verkoop nog die braaipap maar dit proe so half 'vaal' vir ons :) Sommer dankie skryf vir almal wat kom inloer het hoor!

Port Elizabeth

Antie

Wed, 22/08/2018 - 15:58

Nee, Meraai, jy weet van!!   Jy sal moet Suid Afrika toe kom en 'n saamtrek van die forum bywoon.  Maak jou net reg om te kook vir die manne daai naweek.

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Thu, 23/08/2018 - 04:03

Ek het al so geloer en sien julle gaan groot met die forum saamtrekke. Sal eer wees as ons wel deel kon vorm van een hoor! Die kosmaak sal ek vir A3 los - ek het 'n verbrandingsgawe in my hande as ek vir meer mense as 10 moet regstaan is dit offergawes. My kinders spot en se hulle verlang na huistoe as hulle enige iets ruik wat brand.

 laugh