Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57241 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -1 minute ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -21 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -42 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -45 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -56 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago

Kampkroeg: My Old Wife's Treat.

Millmerran, AUS.
Submitted by Meraai vannie Baai on Tue, 28/08/2018 - 05:39
Forums

Hierdie is my gunsteling drankie. Het hom my "Old Wife's Treat"gedoop. 

Kleine bietjie sherrie gemeng met Indian tonic water en 'n skeutjie suurlemoensap.
Ek is totaal en al versot op enige iets met 'n suur smaak. Outop het geproe en sy pruimgesig
agterna was 'n duidelike teken dat hy nie hierdie suurliefde deel met my nie. 

Uit die kampkroeg
 

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Tue, 28/08/2018 - 23:28

Ek moet maar lig gaan op die voggies en aan die mengsel kan mens heel aand sip - bygeskryf as jy van suursmake hou, anders moet julle manne maar ligter wees met die suurlemoensap. Dit is beslis nie 'n smaak vir almal nie. 

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Wed, 29/08/2018 - 23:35

Chris, die presiese hoeveelheid van die drie bestanddele het ek nie. Gooi gewoonlik maar na smaak maar as ek moet probeer opsom sal dit 'n kwart glasie sjerrie en verder opgevul met Indian tonic water en 'n skeut suurlemoensap na smaak (die mengsel ook baie lekker saam wit- en selfs rooiwyn)  Hoop dit help. Ek vind dit baie verfrissend en die alkohol is smaakvol verdun. 

Centurion

Voortrekker

Thu, 30/08/2018 - 06:40

Chris, die presiese hoeveelheid van die drie bestanddele het ek nie.

Dit word ook seker bepaal deur die hoeveelste ene dit al is wat geskink word? smiley

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/08/2018 - 07:03

Laat ek gou vertel van my "Old man's treat". Dit is die ene wat jy inpak as daar min spasie vir drinkgoed is, en jy weet dat die koue jou inwag. Beste is om so week voor die tyd te maak, die poeding deel is dan op sy beste.

Vat jou 1 liter wynsak en gooi n hanjievol korente by die prop in. Dan neem jy n vol bottel Sjerrie, die gewilde ou staatmaker etiket is perfek. Volgende goeie Rum tot propvol. Kaptein rum is die beste, jy gaan sy skouer nodig kry na so paar slukke. 

Nou waneer die sak leeg is, poeding tyd.  Skroef jy die dun tuitjie van die wynsak  af, en skud die opgeswelde korente uit in n bakkie. Pure lekkerte om n kampvuur.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/08/2018 - 09:08

Praat so van papsak. 'n Paar jaar gelede kamp ons in Satara. Een aand staan mense van Vredendal langs ons. Ons raak toe aan die gesels en die man vertel my hy is werksaam by 'n brandewyn distilleerdery. Dit is ook al wat hy drink. Hulle was oppad Mosambiek toe en daar is natuurlik 'n beperking op die hardehout wat jy mag saamneem oor die grens. Hy wys toe vir my sy smokkelplan. Hy vul 'n 5 liter papsak met sy gunsteling voggies en bêre die papsak in sy swartgebrande kampketel. Blykbaar al oor verskeie Afrika-grense sonder enige probleme met hierdie plan gereis.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/08/2018 - 13:28

Nee Meraai - ek dink nie daardie smokkelplan sal werk in Oz nie. Wanneer ek kyk na Border Security op die TLC-kanaal, besef ek elke keer dat jy nie kanse vat as jy onverklaarde items in Oz wil inneem nie.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 30/08/2018 - 14:38

Laaste keer toe ek Sydney toe gevlieg het, stap deur imigrasie by die lughawe en handig my paspoort oor aan die beampte. 

Hy kyk so na die foto blaai deur die paspoort en vra my toe of ek 'n kriminele rekord het? Vertel ek die man toe, "Nee ek het nie geweet dit is nog steeds 'n vereiste nie?"