Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -54 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Petra Smit se Ingelegde Beetslaai

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Tue, 11/09/2018 - 08:32
Forums

Kook sommer so drie pakke beet tot dit gaar is (sommer in die drukkoker) en verwyder die skilletjies. (Gooi die beetwater af, vul dit aan met water tot vier koppies vloeistof en kook dit effens met 1 koppie suiker. Gooi dit in die voëls se drinkbottel en siedaar!

 

Maak 'n soetsuur sous so:

 

Kook alles saam.

1 liter asyn

750 ml ligbruin suiker

1 telepel borrie

4 telepels droë dille (opsioneel, maar dit maak net die verskil)

2 eetlepels mosterdsaadjies (ook opsioneel maar kry dit gerus)

10 telepels mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water

 

Jy kan die beet in stukke sny of dit net so heel in bottels plaas. (Ek hou altyd my leë botteltjies en bedel dit terug wanneer ek die beet of ander kossies uitdeel. :icon_biggrin: )

 

Gooi nou die sous oor tot die bottel heeltemal vol is en skroef toe. Bêre dit maar in die yskas. Njammies!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 11/09/2018 - 08:52

Klink lekker, sal moet uitvind wat is "dille"en dit probeeryes

Ek rasper net weer altyd die beet. Kein beet bolle, die kom nie verder as die kastrol nie,  dit gaan sommer dadelik mond toe, lekkerste ooit.

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Tue, 11/09/2018 - 10:52

Neef, dill is 'n geurmiddel soortgelyk aan sout - inderdaad 'n baie gesonder weergawe as enige van die soute. As jy moet afskaal op die sout-innam, is dit die ware jacob! Ons is self net so lief vir beet diekant van die aardbol.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 11/09/2018 - 12:10

Dill is meer 'n krui, soos anys en fennel, oorsprong is selfde spesie.

Dill saad  is soos anys en fennel, proe selfde.

Die jong takkies van al drie plante kan in slaaie gebruik word - soms kry jy van die voorafverpakte slaaipakke van dit ook in, saam  met basielblare, ens.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/09/2018 - 14:49

Dille is 'n baie gewilde produk hier in Roemenië. Eergisteraand een van my gunsteling Roemeense geregte geëet - Tocăniţa de Cartofi (tokkenitsa de kartof), betekenende "aartappel bredetjie". Die hoofbestanddele is aartappels en een of ander gerookte varkproduk, hetsy "bacon" of "cabanossi's". Dit word gegeur met tamatiepasta en dille. Die dille verleen 'n unieke geur. Dit word tradisioneel net met 'n vars-gebakte broodjie bedien.

Ons eet self baie beetslaai wat Ralie ook op 'n baie eenvoudige manier inmaak. Ons kook sommer 'n goeie voorraad beet op 'n slag en bottel dit. Gelukkig hoef jy dit nie in die yskas te bêre nie - behalwe natuurlik as die bottel reeds oopgemaak is. Maar ons gaan beslis hierdie resep van Petra probeer as ons by die huis kom. Ons beetvoorraad is hoeka laag.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/09/2018 - 17:26

Ons kook die beet en skil. Afhangende van die grootte, sny ons dit in kwarte of wiggies. Die eenvoudige sousresep is as volg:

2 koppies water

1 koppie asyn

1 koppie suiker

sout en peper

Bring die sous tot kookpunt. Voeg gesnyde beet by en bring weer tot by kookpunt. Botteleer, maak tot oorlopens vol met sous en seël bottels. Ralie het al by geleentheid 'n bietjie "Pickling Spice" by die sous gevoeg. Ek moet sê dit was nogal lekker.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 11/09/2018 - 19:22

Ek lê ook beet in, ek doen dit soos Chris en Ralie.   Ek sny dit in dun skyfies met die snydeel op 'n gewone rasper.  As jy die kokende beet in die bottel sit, kan jy dit maande hou in 'n gewone kas en slegs in die yskas na jy dit oopgemaak het.   Vat gereeld 'n paar bottels saam as ons gaan kamp.  Ek hou daarvan om baie wit peper by te voeg, wil dit nog met rooipeper probeer.    Mense sit ook kerriepoeier in die sous, dit het ek ook nog nie probeer nie.