Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57241 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -15 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -35 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -56 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -58 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago

KOM ONS KAMP - op Via TV

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Tue, 11/09/2018 - 13:42
Forums

Hoelyk dit?  Gaan kampforum 'n span of 3 inskryf vir Via se Program "Kom Ons Kamp"

via

Ek is benader deur Adri van mediaclub productions en ons het vanoggend gesels.  Dit is natuurlik vir die Weskaap / Bolanders.     Kom nou manne! Wie sien kans smiley

De Hollandchse Molen 
15-16 Okt 
17-18 Okt
Slanghoek Resort 
22-23 Okt 
24-25 Okt
OU SKIP  (melkbosstrand)
29-30 Okt
31-01 Nov 
2 –3 Nov
 REËLS VIR DEELNAME: 
  • Elke span kan uit 2 tot 4  spanlede bestaan.
·Kinders moet 12 jaar en ouer wees.     ·2 van die spanlede moes voorheen saam gekamp het. 
  • Spanne kan uit gesinne of vriende bestaan
  • Alle spanlede  moet Afrikaans kan praat. (gewone Afrikaans)
  • Spanne  moet vir 2 dae beskikbaar wees  vir een episode.
  • Spanne kamp in hulle eie  tente of karavane.
 Hier is kortliks die uitleg van die TV program
3 Spanne per episode  kamp in die Weskaap kamp-oord (spanlede van 2 tot 4 mense)
Die span met die meeste punte bepaal deur  prettige uitdagings!
Daar is 3 uitdagings waaraan al die spanne deelneem (kampKUIER  kampKRISIS en kampKEN) 
 DAG 1 begin 09h00   
1 Spanne begin kamp opslaan  (Go-Pro kameras verfilm die kamp opslaan)
2 Paul du Toit ontmoet dan die spanne  en kyk na elke span se praktiese kampKUNSIE 
kampKUIER begin daarna 
4 Na kampkuier, word punte bepaal. Daarna kan die spanne onder mekaar kuier.
 DAG 2  begin 09h00 
1 kampKRISIS kan enige tyd aangekondig word 
kampKEN    - uitdaging in die gebied buite die kampeerplek.
3  Die episode eindig met  aankondiging van die wenspan.
KampKUIER – spanne maak kampkos binne sowat 60minute  vir die ander 2 spanne
Elke span maak kos vir die 2 ander spanne.Julle kan kook/braai  op die kole of  gaskoker 
Tydens die ete moet elke span ook kampvermaak verskaf 
Bydrae tot kos aankope van R1000.00 per span word inbetaal 
 KampKRISIS- spanne moet iets bou of aftakel of vernuftige  oplossing verskaf (wenspan kry een punt)
KampKEN – amper soos “survivor /amazing race”  rondom die kamp-oord 
KampKUNSIE - Spanne demonstreer een praktiese kampwenk met fokus op herwinbaarheid en omgewing vriendelik (een punt)  

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 11/09/2018 - 14:12

Hulle het my ook laas gekontak maar moes dit van die hand sit omdat dit in die Kaap gedoen word en ek kan dit nie nou doen nie.

Ek is seker ek het dit hier ook genoem.

Kom ons hoop van Kampforum se lede kan dit maak, klink nogals lekker soos ek die vorige uitsending gesien het.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/09/2018 - 14:33

Ek is 'n Wes-Kapenaar, maar ek het net gister bevestiging van my seun gekry dat my wa se afspraak (by Cara-Camp) is gemaak vir 15 Oktober. Dit is baie onwaarskynlik dat ek die wa sal terughê voor mid-November - inteendeel, ek het gevra dat ek dit op die laatste teen end-Nov wil terughê. Dit is nie net vir die twee-jaarlikse diens nie. Daar is verskeie ander aspekte wat aandag kort en ek weet die ouens vat maar hulle tyd.

Ek kyk die program relatief gereeld, maar ek kon nog nie sê dat die formaat van die program my baie opgewonde maak nie. Ek weet nie of ek gemaklik gaan voel met die "onchristelike" tyd van die nag/oggend wakker waartydens jy wakker gemaak word vir kampkrisis nie.

Maar kom ons hoop dat Len en Annatjie ons forum se naam sal gaan hoog hou.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/09/2018 - 14:53

Voor 18 Jan mag dit dalk oorweeg word. Ons vertrek op genoemde datum (tot 10 Feb) noorde toe waar ek kliënte moet gaan sien. Ek kan egter nie só ver ry sonder om in die wildtuin te gaan draai nie. Dus vanaf 26 Jan tot 3 Feb in die wildtuin bespreek.

Maar ek is oortuig dat Len is 'n bok vir sports.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 11/09/2018 - 15:39

Kom nou Chris, Ralie, Len en Annetjie bou ons Kampforum.co.za se naam.

 

Kom nou Chris, Ralie, Len en Annetjie bou ons Kampforum.co.za se naam.

 

Kom nou Chris, Ralie, Len en Annetjie bou ons Kampforum.co.za se naam.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 11/09/2018 - 19:34

Nee, sowaar, Chris & Ralie en Len en Annatjie sal uitstekende spanne maak.   Hulle moet net nie saam op een kamp gaan nie, want dan gaan hulle teen mekaar moet meeding.   Ek dink hulle sal albei goed doen met kampkrisis en kampken.  Kampkuier gaan oor die kosmaak en vermaak.   Ons kan almal saam help dink aan idees.   Watse kos, watse speletjie en watse idee vir 'n kampkrisis.  Kom aan julle, skryf asseblief tog in!laugh

Port Elizabeth

Antie

Sat, 15/09/2018 - 13:26

Ek wonder ook al 'n ruk lank oor onse Len.   Ek hoop nie een van julle het hom kwaad gemaak nie.  Ek weet dit was nie ek nie.

Toemaar, hy sal ons een van die dae kom vertel hy was besig en het nie tyd gehad om aandag aan ons te gee nie.   Dalk hou die tenks hom besig.

Solank hy net nie siek is nie.crying

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 15/09/2018 - 14:03

Jong, daar was so plasing waar iemand geff...en..offf  het op n draad waar Len sy humor verduidelik het. Toe se Lennie, " dan maak ek so". Dit was sy laaste sien, ek dink daar is n misverstand by hom.