Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -4 hours ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -4 hours ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -4 hours ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -4 hours ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -5 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -6 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -6 hours ago

Army Dae

Durban
Submitted by dassie on Wed, 05/04/2017 - 17:51
Forums

Wie van julle onthou nog die koevert met jou naam op wat eendag by due huis opgedaag het . Die verandering van siviele lewe na Oom Magnis Malan se plaas die mense wat julle ontmoet het die kameradie wat ontwikkel het die snaakse dinge wat met julle gebeur het in die Army.

VOORTREKKER:Ek was laaste inname. 1993.
3 elektroniese werksplaas

SEGEKOK:

Ja...  ek onthou nog baie goed. 
Elke skool het mos n kadet korps gehad. In die jaar wat jy 16 word is al mal in die skool saal in gebondel en moes jy gou die ou vormpie inful....   "HET JOU KATVIS"

So amper saam met jou  verjaarsdag ( dink nogal die staat stuur vir my n verjaarsdag kaartjie) kom jou ou nommertjie (###BV)  Kan nie meer my nr. onthou nie...  ( wil ook nie)

Mooi so boetie...  nou kan jy deelneem aan die geveg teen die SWART EN ROOI gevaar...  OF.... DB toe vir 3 jaar.  Watter skande..........

VOORTREKKER: Hehehehehe.... kaksak

WILSUR:

Ja beslis en dit was waarvoor ek gewag het.

By die Drill Saal in Jhb. het ons vorms gaan invul in 1972 en ek het gevra vir die SA Vloot en gekry 12 maande van Jan.1973

JOHANN L: Yip, lekker ou army dae, Julie '71 Potch 4 veld regiment,  geen warm stort vir 'n roof in Julie in Potch army, nee uh uh.
Dit was lekker, maar ek is bly dit is verby.

DASSIE:Ek was die 1974 inname op pad Voortrekker Hoogte Oom Pierre se plaas .Onthou die trein rit vanaf Durban Pretoria toe soos gister . Het nie gerook daai tyd en dan het die Dagga rokers of beach bums hulle merchants gekontak vir hulle laaste besending hardeware . By Voortrekker Hoogte se klein stasietjie almal uit die trein gebodder en op Bedfords na die 1Mil vir die toets of jy G1K1  of te sleg is en maak hulle sommer stoorman . Die "roof ride" was net die begin .Die Medics doen die Hoes toets vir die wat nie weet wat dit is kortliks hulle hou jou doedelsak in hul hand en se Hoes Boetie as alles werk is jy G1K1 Ek hoes maar niks die Medic se hoes weet ,weer niks .Nou vir wat werk jou sak nie ? Ek weet nie seker omdat jy die ou agter my se doedelsak vashou  .Dan vat hulle jou vir die algehele verwelkoming soos net n Samajoor kan doen met blou tee en dog biscuits wat nogal verfrissend is as jy n Alsation hond is . Dan sien jy n soldaat met vuil skoene en lang hare Dis n Ouman  Die korporaal se vir die ouman gaan sny jou hare die ouman se vir die korporaal Go see a taxidermist .En soooo vind jy jouself in die geselskap van 300 ouens in n kompanie ,julle slap saam ,stort saam en chop af saam Dis dae wat ek nooit ooit oor wil he.

HARRY DU RANDT:

Ek het 5 jaar lank uitstel gekry terwyl ek by Technikon was in Vaaldriehoek.
Is toe eers in 1985 weermag toe. 
Eers Voortrekker hoogte toe vir 1 week en toe vir offisiers kursus te Bloemfontein Pantserskool.
Het seergekry en was in traksie in hospitaal vir twee weke, het toe afgeval van kursus.
My Pa is oorlede terwyl ek in weermag was en ek is toe uitgeplaas na Oudtshoorn vir my laaste 9 maande 1986 van my 2 jaar, waar my Ma woonagtig was.

Het 50 % van Yskor pay gekry as gekwalifiseerde tegnikus en kon ook my army pay hou.
Als en als was dit seker so R 2000.00 per maand, wat baie geld was vir my.
Het gelewe op drank en sigarette. Omkoop het ook hoogty gevier. 
Korporale het maar R 300 per maand gekry en ek het hulle lekker drank gevoer, so hulle was nie te kwaai met my nie.

VOORTREKKER: Ook maar in die diep kant ingegooi van die arme outjies.  Een dag nog mamma se lekker kos geeet terwyl sy jou onderbroekies en kouse was, die volgende dag sammajoor se kind tree aan in drie geledere jou niks!

DASSIE: 

segekok het geskryf:

Eerste kerk parade.....

Almal wat in die NG kerk is loop tree daar onder die boom aan.  Almal in die AGS gaan tree onder die afdak aan ... n geskarel na die aangewese plek vind plaas en so word al die verskilende kerk gropepe opgedeel en na n aantree plek toe gestuur.  Die Korperaal gaan na groep onder die boom te en skreeu......  "ALMAL VAN JULLE WAT NIE IN DIE NG KERK IS NIE  LOOP TREE BY DIE EETSAAL AAN" ..... Skielik is daar n geskarrel van treope na die eetsaal toe.    Kon nie glo daar is so baie mense wat nie weet in watter kerk hulle is nie.

nie 

LOL  segekok jaaaa die kerkparade storie .Okay eerste Sondag soos jy vertel het NG kerk die kant AGS daai kant Ou Apostel staan sommer hier .Reg manne die korporaals gaan julle nou marsjeer ( onthou jy is netjies gelap in jou tunic ) en warm dag gewees .Soos my luck dit wil he is my kerk die vertse van almal loop amper tot buite Voortrekker Hoogte vir die kerk .Terug gekom by die kamp vra almal waar is julle kerk .Nie net so om die draai die volgende Sondag is almal Protestante  niemand meer in die NG of AGS nie . En as jy nie aan in kerk behoort het nie het die korporaal sommer 1 vir jou gekies LOL

SEGEKOK: In 5 SAI het die rekenaares net mooi begin werk toe ek daar opdaag.  Ek het so n bietjie van die goed geweet en het toe in die rekenaar afdeling beland... Op daardie tyd was daar n geloof onder van die bevelvoerders dat as die rekenaar so sê dan is dit so....  

Baie gou geleer hoe om die system so n bietjie te omseil en tot my voordeel gebruik.  Oorplasings na n ander eenheid bv. As die bevel deur die rekenaar op die OC se tafel beland het is jy op orders en dan gaan pak jy...   So het ek by NLK HK in Grootfontein beland.  Daar was die rekenaar stelsel nie voldoende nie en het  baie  met die Flossie gevlieg States toe om daar  te gaan werk( natuurlik kon ek dit in Grootfontein ook doen,) Maar daar is nie  n ZILLERTAL in Grootfontein gewees nie, net  in Pretoria.... 

(Die Zillertal was n jol plek in PTA gewees)  glo nie dit bestaan meer nie.

JOHANN L:a swaer, is swaar swaer.
Korporaal doen indeling.
Wie wil vrag motors bestuur - gaan staan daar 
Wie kom van die plaas af - gaan staan daar.
Kiepie dink hier is my gap, nou kan die army my leer vragmoter bestuur, en jou army lisensie kon jy daai tyd net so om skakel in sivie liesensie. Ha, kry ons toe elkeen 'n krywa, en die plaas boere kry harke en tuin vurke, toe leer ek ook, innie army volanteer jy nie, jy hou jou bek en wag vir opdragte.

SEGEKOK:

Johann L het geskryf:

Ja swaer, is swaar swaer.
Korporaal doen indeling.
Wie wil vrag motors bestuur - gaan staan daar 
Wie kom van die plaas af - gaan staan daar.
Kiepie dink hier is my gap, nou kan die army my leer vragmoter bestuur, en jou army lisensie kon jy daai tyd net so om skakel in sivie liesensie. Ha, kry ons toe elkeen 'n krywa, en die plaas boere kry harke en tuin vurke, toe leer ek ook, innie army volanteer jy nie, jy hou jou bek en wag vir opdragte.

Jy moet ok altyd besig lyk...

VOORTREKKER:

segekok het geskryf:

Johann L het geskryf:

Ja swaer, is swaar swaer.
Korporaal doen indeling.
Wie wil vrag motors bestuur - gaan staan daar 
Wie kom van die plaas af - gaan staan daar.
Kiepie dink hier is my gap, nou kan die army my leer vragmoter bestuur, en jou army lisensie kon jy daai tyd net so om skakel in sivie liesensie. Ha, kry ons toe elkeen 'n krywa, en die plaas boere kry harke en tuin vurke, toe leer ek ook, innie army volanteer jy nie, jy hou jou bek en wag vir opdragte.

 

Jy moet ok altyd besig lyk...

Of die heel dag sit en wag.

DUSTY:Was ook gekies vir die vloot. 3 Maande Simonstad (Simonsberg). Daarna 2 Maande by Goodwood (Wingfield) en die res van my tyd in Durban (Bluff) en op die boot (Reiger). Was die eerste 18 maande inname en ook die laaste een. Daarna was dir 24 maande. Is ook 'n sekere bedrag (bonus) belowe vir die 18maande. Het daardie tyd vir die spoorwee gewerk. Is toe meegedeel dat die spoorwee die bonus gaan betaal. Met my het hulle 'n fout gemaak en my geld vir my gegee. Die ander ouens het dit nooit gekry nie. 
Ook maar lekker siek geword met die eerste trippie op die boot. Gelukkig net so uur of twee voordat ons in Oos London vas gemeer het.

IT'LDodat:

Well I did my diensplig 1974 / 75... Then 10 camps alternating yearly  1 year a 3 month border camp and the next a 1 month local....

I first went to 4 SAI July intake, where I froze my loverley little touche off, then I went to 7 SAI where my loverley little touche worked itself into a flippen coma....

Now I just gotta say.... I was thin / tall / and not very strong (that all happened later in life).... heck I only started shaving in ernest when I was 22 or so.....

Pulled the trigger on me R1 and shot straight back 6ft....

For a while back there had the nick-name noodle (as thin as a spagettie noodle) which soon changed to springkaan (when they all saw me running 7 myl from the back... See I had no weight to  carry so I could out distance the lot of them.... Probibly my only saving grace....

But back to what I gotta say...

Never mind all the oppies I went on (I was a tad dof whith my right's & left's) and all that stuff, I had a jolly good time...

But there is a long and funny story about me and the army.... Sufficient for now to say...

NEVER EVER EVER believe the dude next to you when you are being allocated you job in the army for the next 18 months.....

Aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa those where them day's......

JOHAN K:Ook 74/75. 8 SAI, Inf Skool, Ondangwa. Was destyds nie noodwendig altyd lekker nie, maar een van die beste dinge wat met my kon gebeur. My geleer ek is tot baie meer fisies en psigies in staat as was ek gedink het.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 05/04/2017 - 18:28

Dit was die lekkerste tyd in my lewe, wat ek nooit weer wil oor hê nie.

Eerlike waarheid...ek het die army gelaaik.

Ek was 'n soldaat van formaat en het ook my weermag dae geniet.

Ek het my 2 jaar diens opleiding ontvang te 7 SAI Phalaborwa, ''Hard, maar lekker''. Die opleiding was baie lank, maar dit het van my 'n gedissiplineerde persoon gemaak. Met verdere opleideing brei ek nie uit nie omrede dit is verbode om privaatsake van die ''slaapkamer'' te bespreek.

Na diensplig was ek ingedeel by die Red Romans waar ons HK in Orkney was. Daarna word ek verkies tot die hoof van leër skietspan wat toe ingemeng het met my studies en sport. Met my onttrekking uit die span word ek gepeper met 3 maande burgermag kampe. Met die onttreking van die weermag uit SWA word ek ingedeel by Boksburg regiment waar ons diens gedoen het in Brakpan by Apex basis en was ek gelooi met 2 maande burgermag kampe.

Tot op hede is ek glad nie spyt waardeer ek gegaan het as soldaat nie asook wat ek gedoen het nie.

My ervaringe bespreek ek gewoonlik met my seun wat nie die geleentheid gebied was om weermag opleiding deur te gaan nie agv die afskaffing van verpligte diensplig. Somtyds as ek so sit en luister na se vrae wat ek moet beantwoord, glo ek hy sou ook 'n baie goeie soldaat gewees het as hy die geleentheid kon kry.

Secunda

Sleep nou

Sun, 24/09/2017 - 07:03

Ek was vanaf 1987 -1989 in 3 SAI gewees in Potch lekke vrinne gemaak harde beene gekou geleer van discipline en respek is ek spyt nooit vir jou SA

Waar my wa staan

Arie

Sun, 24/09/2017 - 13:19

Was ook een van die lekkerste tye in my lewe, een GROOT jol.

1967 Ingegaan, was nog die ou 9 maande stelsel, by die motorfiets peleton ingedeel. Was voor hulle Scramblers gehad het, ons was ge-issue met Truimph Tigers, 'n gewone pad fiets wat ons in die veld mee moes ry!

Ook so pie- pot crash helemet gekry, so blou kleur, lekker bree egte leer 'Kidney Belt, mooi leer handskoene, lekker biker boots om die uniform mee af te rond. Geweer moes terug gee, en ge-issue met 'n pistool, geweer nie so lekker gewerk op 'n bike nie.

hele land deur getoer, by al die landbou skoue moes on "Show riding" doen, alerande goed soos, oor ramps spring, figuur 8 precision riding, op die saal staan, op die een foot rest langs die bike sit en ry, al sulke goed. 

Nogals gereeld vrek hard geval en dan het die Samjoor jou hel gegee oor die skade op die bike!

Pak dril, moes jy met die bike om die parade grond hardloop, ek dink meer ouens het daar geval, nie so maklik veral as jy moeg raak om so langs die bike te hardloop terwyl jy die bike stoot!

Ja dit was lekker jare, soos gese 'n baie lekker tyd in my lewe gewees!

Net die finansies was 'n probleem toe ek eers getroud was, maand kampe het ek net my karige army pay gekry, as ek reg onthou so R15 per maand, vir 'n klein privaat maatskapy gewerk wat nie kon bekostig om my te betaal terwyl ek kamp doen nie.

Petra en ek moes heel jaar opspaar sodat ek my maand kampe kon doen - 'Ek vir Jou Suid Afrika"!!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 24/09/2017 - 17:23

Het in '73 12 maande in SA Vloot gedoen.  Dit was seker die lekkerste tyd in my jong lewe, 6 maande op die SA President Steyn gebly.

Secunda

Sleep nou

Mon, 25/09/2017 - 06:29

So se RSM vir ons kry julle goed reg ons gaan skiet baan toe het vir meer as n dag gewag vir Samels om ons op te tel vandag gaan dit maar ooral so staan en wag

Centurion

Voortrekker

Mon, 25/09/2017 - 06:36

Anton, wat van "take your time but make it snappy"

hehehe -  net so ja

Sleep nou - wonder ek nou in vandag se dae, met al die internet en selfone, of die troepe wat deesdae moet sit en wag darem kan sit en Facebook en whatsapp?  

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 01/12/2018 - 16:01

Die een op fb gesien.  Al was ek in die Vloot, vereenseldig ek my self steeds met die tyd.

video
Heidelberg GP

StephanS

Sat, 01/12/2018 - 17:38

Basies by 1 Onderhoudseenheid in Kimberley gedoen. Daarna is ek na Groep 13 wat in 7 SAI was. Het opgeeindig om die Magasyn te beman wat nogal uitdagend was, veral met opleiding tyd.

Ek het 3 kampe by Groep 16 in Springs gedoen voor die afgeskaf is.

Wie onthou nog daai magsnommer, wat naas jou ID nommer, die belangrikste nommer in jou lewe was?

86215282 BG

Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 01/12/2018 - 19:07

Die abnormale trokke MAN & MACK wat ons die Olifant Tank mee vervoer het.

Meestal tussen Bloemfontein en Pretoria en dan ook Pretoria na die Grens: 61 MEG

5 dae van Pretoria na die "Grens"

So het ek my kode 14 (ou) lisensie gekry vir privaat gebruik