Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41051 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oom Len... ATKV Eiland 2018 GerhardM -22 minutes ago
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -2 hours ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -2 hours ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -2 hours ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -2 hours ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -2 hours ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -3 hours ago

Noord-Kaap en suid-Namibië

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Tue, 25/09/2018 - 08:47
Forums

Augrabies

Ons vertrek eerskomende Saterdag (29 Sep) op ons kort toertjie na die Noord-Kaap en suide van Namibië. Dit is weliswaar nie 'n kamptoer nie (te kort vir die afstand) - ons bly oral in selfsorg-eenhede. Ons ry Saterdag tot Springbok en vandaar ry ons Sondag tot Augrabies waar ons, ons toermaats vir die res van die "trip" ontmoet. Ons kon nie plek kry in Twee Rivieren nie (skoolvakansie) en slaap die volgende twee aande by Kgalagadi Lodge, sowat 6 km vanaf Twee Rivieren. Ek het 'n dagpermit vir 1 & 2 Oktober bekom om die park te besoek.

Nou my vraag: My vorige ervaring in Kgalagadi was een van horribale paaie - plek-plek sinkplaat soos ek nog nêrens anders ervaar het nie. Wat is die aanbeveling t.o.v. banddruk vir sulke paaie teen lae spoed (maks 50 kph, maar eerder stadiger)? Ek ry met 'n dubbelkajuit Hilux (4 x 2).

Op 3 Oktober gaan ons deur Rietfontein grenspos en ry die hele ent gruispad tot in Keetmanshoop. Dit sal uiteraard teen 'n hoër spoed wees, waarskynlik 80 - 90 kph. Enige aanbeveling t.o.v. banddruk daarvoor?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 25/09/2018 - 09:47

Chris julle moet die trip geniet en fotos hier deel,  al is dit sonder die wa.

Wat die band druk betref, sou ek dink, dat 2 bar reg sou wees vir die grond paaie, en dan weer tetug na 2.8 tot 3 bar vir die teer?

Kom ons hoor wat sê die off road slim manne, ek doen nie off roading nie, maar dink maar terug aan my jong jare op die plaas.

Meyerton

Segekok

Tue, 25/09/2018 - 10:01

Vir sinkplaat sal ek so 1.6- 1.8 bar gaan. Dit gaan ook deur die vrag beinvloed word. 

Daar is nie regtig n vasgestelde druk nie, Elke voertuig sy vrag en bestuurder speel n rol. Maak seker dat daar n compresor beskikbaar is om aanpassings te kan maak indien nodig.

Maar net my 2 sent.

Waar my wa staan

Arie

Tue, 25/09/2018 - 13:46

Stem met Deon, vir die sinkplaat pad so 1,6 bar, afhangende van vrag, maar ek neem aan julle sal nie swaar gepak wees nie?

 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 25/09/2018 - 14:20

Chris, dit is mooi wereld daai, jy maak ons jaloers!

Ons wil net so lekker saamtoer as met jou laaste trippie na jou kinders toe, jy vertel so mooi en verduidelik mooi met prentjies.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 25/09/2018 - 14:22

1,6 bar, afhangende van vrag, .......

 

Vir sinkplaat sal ek so 1.6- 1.8 bar gaan. Dit gaan ook deur die vrag beinvloed word. 

 

Ek reken vir die dagbesoek in die park sal ons, behalwe vir 4 volwassenes, bykans geen vrag in die bakkie hê nie. Ek het intussen ook op SANParks se forumblad vir Kgalagadi gaan loer vir moontlike aanbevelings. Dit blyk dat Segekok en Arie se aanbeveling van 1.6 Bar in die kol is. Daar word melding gemaak van 1.5 - 1.6 Bar.

Dankie vir elkeen se wense dat ons dit moet geniet. Ralie sukkel nog om opgewonde te raak oor die toertjie só kort nadat ons teruggekeer het van Roemenië af - maar veral die afstand wat ons oor 10 dae gaan aflê (knap by die 4 000 km). Ek moet erken, dit gaan amper meer ryery as kuier behels, maar ongelukkig is ons toermaats gebonde aan die kort Sep/Okt skoolvakansie. Nietemin, ek sien uit daarna. Ons was laas in 2007 in Kgalagadi (en hulle nog nooit). En dan gaan ons ook vir die eerste keer Lüderitz besoek - met Kolmanskop en die wilde-perde van Aus as groot trekpleisters.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 25/09/2018 - 14:30

Chris, dit is mooi wereld daai, jy maak ons jaloers!

Ons wil net so lekker saamtoer as met jou laaste trippie na jou kinders toe, jy vertel so mooi en verduidelik mooi met prentjies.

Ek maak geen klinkklare beloftes nie, maar ek sal poog om bietjie verslag te doen - maar eers as ons terug is, want ons sal waarskynlik die meeste van die tyd swak of geen sein hê (en in Namibië sal ek nou nie moeite doen om 'n datakaart vir slegs 4 dae aan te skaf nie. En hopelik is daar 'n foto'tjie of twee.

Die wapad.

Koos Mol

Tue, 25/09/2018 - 15:10

Chris, ek gaan jou draad met belangstelling dophou. Ek is besig met groot beplanning vir 'n twee maande karavaantoer deur Namibie (40 nagte) en Botswana (10 nagte) vir 2019.  Jy moet aub vertel van die mooi plekke waar julle uitkom. Ons sal ook vanaf 26 Oktober hierdie jaar vir 7 nagte in Twee Rivieren wees. Ons eerste keer in Kgalagadi, sien nogal baie daarna uit.

Geniet julle toer al is dit 'n kort enetjie.

Centurion

Voortrekker

Tue, 25/09/2018 - 15:27

Koos ek maar so 'n bietjie oordryf met die 2019 storie.  Ook intussen by Arie geleer om my foute te aanvaar en nie so hardkoppig te wees nie. smiley

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 25/09/2018 - 16:14

Jy moet aub vertel van die mooi plekke waar julle uitkom. 

Met só 'n kort toertjie kom 'n mens nie by veel uit nie. Maar dÍt wat ons wel gaan sien wat mooi is, sal ek probeer deel.

Ek glo die blomme oppad Springbok se kant toe is op 'n einde. Augrabies se watervlak sal waarskynlik maar laag wees, maar die omgewing het sy eie mooi. Ons het vir 2 dae (1 & 2 Okt) 'n dagpermit vir Kgalagadi gereël. As die tyd ons toelaat, sal ons Maandagmiddag net so 'n entjie in die park inry, maar ons beplan 'n voldag ekskursie vir Dinsdag - op met die Auob, brunch by Auchterlonie (as die leeus nie weer daar lê nie), kort duinepad tot Nossob-bedding , 'n stop by Melkvlei (waar die leeus ook al gepla het in die verlede) en terug na Twee Rivieren, oftewel Kgalagadi Lodge.

Woensdag ry ons via Aroab na Keetmanshoop. My ou vriend wil graag vir sy vrou gaan wys waar hy in die Aroab-distrik gejag het. Donderdag na Lüderitz en hopelik oppad daarheen sien ons die wilde perde by Aus. Vrydag beplan ons vir Kolmanskop en ander besienswaardighede. En volgende Saterdag begin ons terugkeer. Ek en Ralie beplan om te gaan loer by die Visrivier Canyon uitkykpunt (waar ons laas in 1986 was) en slaap die aand in Grünau terwyl ons vriende mik vir Red Sands aangesien hulle die Sondag moet terug wees in Tzaneen. Ons slaap nog een aand oor in Vanrhynsdorp voordat ons Maandag 8 Okt by die huis arriveer. In Springbok, Keetmans en Lüderitz slaap ons by Lekkeslaap akkommodasie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 13/10/2018 - 12:32

Ons is tuis by die huis na 'n kort (maar kragtige) toertjie na een van die wonderlikste dele van ons land en aangrensende buurland. Ek sal verderaan enkele foto's plaas van sommige van ons blyplekke en sommige van die mooi goed wat ons gesien het.

Ons eerste skof het ons tot Springbok geneem waar ons in 'n Lekkeslaap selfsorg plekkie gebly het. Vanaf Malmesbury het ons al die pad N7-langs gehou. Die blomtyd was weliswaar verby, maar plek-plek het ons nog mooi plate vygies gesien (ongelukkig te ver van die grootpad af om aanvaarbare foto's te kon neem met 'n selfoon). Ralie, wat baie lanklaas in Namakwaland was, het soos in die verlede, van vooraf verlief geraak op dié omgewing. As 'n boorling van die Karoo (grootgeword in Prins Albert) is enige plek wat haar laat dink aan haar grootword-wêreld, iets besonders. Dieselfde het gegeld vir die suide van Namibië wat 'n paar dae later sou volg.

Ek het al enkele kere in die verlede gebruik gemaak van Lekkeslaap. Watter uitstekende webblad om te gebruik vir jou verblyfbehoeftes (dit is nou as jy nie kamp nie). Hierdie 9-nagte toertjie was darem te kort en te ver om te kamp. Verblyf kos jou op die ou end nogal 'n klompie, maar na my mening was elke plek waar ons gebly het elke sent werd.

Op Springbok het ons in Chef's @ 6, 'n selfsorg-woonstel aangrensend aan 'n huis oorgebly. Ons verblyf het ons R900 vir die nag gekos. Ons het absolute privaatheid geniet en alles het getuig van netheid en gerief. Ek heg 'n paar foto's aan.

Springbok

Springbok

Springbok

Springbok