Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57209 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek gebruik heel balm. Dit… Stof tot nadenke Dusty -20 minutes ago
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago

Kinderrympies & liedjies

Centurion
Submitted by Voortrekker on Sun, 30/09/2018 - 07:28

Trippe, trappe, trone
Die varkies in die bone,
Koeitjies in die klawer,
Perdjies in die hawer,
Die gansies in die groene gras,
Die eendjies op die waterplas.
Ek wens dat kindjie groter was
Om al die diertjies op te pas.

Daar's 'n apie op 'n stokkie voor my ma se agterdeur
Daar's 'n gaatjie in sy broekie en sy stertjie steek daardeur.

Hompie Kedompie sit op die wal,
Hompie Kedompie het afgeval,
Die koning se soldate
Probeer al wat hul kan,
Maar Hompie Kedompie bly plat soos 'n pan.

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 30/09/2018 - 08:04

Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan?
Bo uit die berge, onder die maan.
Bobbejaan, bobbejaan wat maak julle daar?
Ons grawe vir uintjies en stoei met mekaar.

Meyerton

Segekok

Sun, 30/09/2018 - 08:36

Dalk net dalk is hier iemand wat my kan help.

My ma het toe ek veel jonger was. seker so oud soos die kabouters  of dalk net so n bietjie ouer altyd n gedig vir ons voorgedra...  Ek kan die eerste gedeelte onthou maar dit is waar dit eindig.  Het geen iedee wie dit geskryf het nie of selfs uit watter bundel dit kom nie.  Kry ook nie inligting by anti Google nie...  

Hier is die eerste paar reels....

"In onse laning staan 'n boom
wat lekker groot amandels dra,
maar langs ons woon 'n kwaai ou oom
wat ons altyd daar weg kom ja!

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 30/09/2018 - 08:42

Klippertjie kappertjie
kap, kap, kap.
Mondjie 
happertjie
hap, hap, hap.
Voetjie skoppertjie
handjie klappertjie.
Happertjie
skoppertjie
klap, klap, klap.

Meyerton

Segekok

Sun, 30/09/2018 - 08:44

My peetouers was Hollanders. (Oom Karel en tannie Lettie Bontekoning.) Ek was seker so om en by 4 jaar oud toe ek hulle die laaste keer gesien het.  Hy het vir my die volgende rympie  geleer…

“SLAAP KINDJIE SLAAP

 JOU VADER IS ’n BOBBEJAAN

 JOU MOEDER IS ’n AAP

SLAAP KINDJIE SLAAP”

Centurion

Dusty

Sun, 30/09/2018 - 10:03

Anton, nou vat jy my jare terug. Het die een van die bobbejaan in gr 2 geleer. Wanneer ons dit op gesê het en jy kom by die stoei gedeelte het ons in die klas met mekaar gestoei.

Centurion

Voortrekker

Sun, 30/09/2018 - 10:11

Duimpie het in die water geval,
Lekkepot het hom uitgehaal,
Langeraad het hom huis toe gedra,
Fielafooi het hom neergelê,
en Pinkie het vir Ma gaan sê. 

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 30/09/2018 - 14:07

Nee o vrek, nou weet ek darem nie so lekker nie - smaak my daar is mense wat wragtag niks het om te doen nie!!!! Jinne, ek beter hardloop!!! (maar ek ken darem van die goete!)

Centurion

Voortrekker

Sun, 30/09/2018 - 14:13

Hop, hop, hop! 
Hop my perdjie, hop!
Oor die klippe, oor die slote,
trap versigtig met jou pote!
Altyd op galop! 
Hop my perdjie, hop!
Draf, draf, draf! 
Draf my perdjie, draf!
As jy my wil afgooi, perdjie,
gryp ek gou-gou aan jou stertjie,
dan val ek nie af!
Draf my perdjie, draf!
Ho, ho, ho! 
Ho my perdjie, ho!
Kom ons eet eers gou ’n stukkie
en dan rus ons net ’n rukkie.
Hokaai, hokaai, ho!
Ho my perdjie, ho!