TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingsarrowarrow

66810 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek glo die AA is  ietjie… Rommelstatus Arie -25 minutes ago
My jongste dogter se 31ste… Lag 'n slag Johann L -29 minutes ago
Wie nie wil hoor nie Lag 'n slag Johann L -33 minutes ago
Branstof verlaging 1 April, … Rommelstatus Johann L -53 minutes ago
So staan sake tans.




Rommelstatus Johann L -57 minutes ago
My vrou sê, sy wil vir my 'n… Tydens die "Lock down… Johann L -1 hour ago
Ons volk weet van " 'n boer… Maart 2020 Koffie Kroeg Johann L -1 hour ago

Kiewiet

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Mon, 08/10/2018 - 10:54
Forums

Mens raak ook nooit te oud om te leer nie?

Vroeg oggend die bos ingestap om op my stomp te gaan sit en rustig te raak, pypie te stop en die son te sien opkom.

Toe ek terug stap is daar 'n Kiewiet paartjie wat erg tekere gaan, sien toe so entjie voor my hardloop toe 'n kuiken kiewiet so paar tree toe gaan le die dingetjie. Lyk of sy morsdood is. Ek kyk en sy le net daar, tel haar op maar dit roer nie, staan nog so en wonder hoe die ding dan nou so skielik gevrek het. 

Volgende ding bevlieg die ouer paar Kiewiet my met 'n helse geskreeu, lyk kompleet soos WW2 se kamakazi pilots, peil op my af vlieg rakelings by my kop verby. Sit toe maar weer die kuiken neer en stap so ent weg om te kyk wat gebeur, die volgende oomblik spring die kuiken op en hardloop.

Toe ek hier kom gaan kyk ek op Antie Google, en sien toe die kuikens speel dood as daar gevaar is?

Wel die ding het my goed geflous, daai koppie hang sommer so slap, ek was oortuig sy is dood.

Centurion

Voortrekker

Mon, 08/10/2018 - 11:06

Shame, die arme kuiken moes seker homself  amper dood geskrik het vir die oom wat op die stomp sit.

Ek onthou hulle van my larskool jare baie goed.  Het altyd nes gemaak op die rugbyvelde en dan het die kuikentjies ook so gemaak en dan val daai ouers mens aan.  Dit voel of hulle jou oë wil uit puklaugh 

Port Elizabeth

Antie

Mon, 08/10/2018 - 11:11

Dis wonderlik hoe die Kiewiet ouers hul kuikens en nes met eiers beskerm.   Ek gaan stap soggens hier in ons kompleks.    Vir 'n hele rukkie was daar Kiewiete wat verskriklik met my raas as ek by 'n sekere plek verbyloop.    Ek weet hulle staan nie waar die nes is nie, om jou sodoende te probeer flous.   Partykeer lus gekry om aspris te soek vir die nes, net om te sien wat hulle doen maar wil die arme goedjies nou ook nie tart nie.  En ook maar bang hulle pik dalk my oë uit.smiley

Een van die lekkerste dinge vir my, as ons kamp, is om die voëls dop te hou.   Veral om te sien hoe hulle nes bou of kleintjies voer in die nes.

 pypie te stop en die son te sien opkom.

 

Ek dink daai arme baba kiewiet het uitgepas van die Rum en Mypel twak  walm toe Arie oorgaan na mond tot mond behandeling toe hy sien die Heinlich manouver werk nie!

Centurion

Voortrekker

Mon, 08/10/2018 - 12:23

Laat dit my nou hier so sit en dink, met al die gepraat van Forumname en skuilname en byname en noemname en geboortename.    Ek dink as Arie in die bos moet rond harddloop sal hy nogal soos 'n kiewiet kan lyk? cheeky

Fochville

Lapskag

Mon, 08/10/2018 - 12:49

As daai raasgat kiewiet links gaan kyk dan meer regs, hulle probeer altyd om jou weg te lei van waar die nes of kleintjies is. Daai vlerke slaan baie seer so met die af duikslag, wees maar versigtig.

laughlaugh lag ek nou lekker wat Voories sê en dit laat my toe dink aan eendag toe ons saam pelle gaan kamp het en die eienaar van die plek loop so ent voor ons verby en my pel haak toe af en sê; "Kyk, daai ou het kuite soos 'n Strand Kiewiet"

Ek konnie verder loop nie soos ek gelag het.  

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 08/10/2018 - 21:31

Kiewiete sal jou met die vlerk klap as hulle op die aanval is, en dit kan erg seer wees. Soos genoem, hulle flous jou deur weg van die nes te beweeg.

Heelwat diere, veral voëls, het baie "tricks" wat hulle uit haal as gevaar dreig, bv sommige voëls sal maak of hulle ernstig beseer is, en verder van die nes af "spartel" asof hulle sterwend is. Dit flous meeste roof diere, en die ma sal so "sukkel" tot die gevaar verby is.

Arie, jy kan bly wees daai ouers het jou nie raak gekap nie.😀 

Dit is ook nie maklik om 'n kiewiet met 'n windbuks geweer raak te skiet nie, hul is besonders vinnig, en koes vir die koeëltjie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 08/10/2018 - 21:35

Wonder hoeveel mense weet, daar is 22 soorte kiewiete waarvan ongeveer 18 spesies in SA binneland voorkom, dan die wat net langs die kus gebiede voorkom?

 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 09/10/2018 - 18:01

"Dit is ook nie maklik om 'n kiewiet met 'n windbuks geweer raak te skiet nie, hul is besonders vinnig, en koes vir die koeëltjie." Vertel Johann.

Johann, daai windbuks het n pap veer gehad, wragtig dink n Kiewiet nie so vinnig soos n Gecado 35 nie, neef was maar onkundig omtrent bewaring in sy kleintyd. Maar dat hulle ougat is om die aandag weg te ly van kuikens is oulik.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 19:27

Neef Herman, dalk was dit die seuntjie wat gekorrel het, weet nie, maar dit was 'n Valk 80 windbukswink

Kiewiet nie so vinnig soos n Gecado 35 nie,

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 22/03/2020 - 21:16

Johann, waar val jy nou uit ?  Valk 80 windbuks ? Het jou bledie lank gepla, en bietjie baie tyd geneem om die antwoord te kry.  Maar dan is dit so, en eintlik weet neef nie wat om te antwoord nie. Sien, maar net oordentlik, en antwoord waar my naam verskyn.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 23/03/2020 - 08:10

Terwyl ons nou oor 'n voorval van amper twee jaar gelede praat, wonder ek of Arie lig op die saak kan werp hoe het hy geweet daardie kuiken was 'n vroulike kuiken ! Het jy dit vergelyk met die optrede van vroulike mense in sekere situasies ?