Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

40695 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons maak gebruik van q no… As stupidgeid jou geld kos... StephanS -4 hours ago
In elk gev, ons hoef nerens… Desember 2018 Sarel Marais -4 hours ago
Die Marais' gaan nerens Desember 2018 Sarel Marais -5 hours ago
Ken julle Strandskloof? … Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Voortrekker -5 hours ago
Ja, Strandskloof is so 'n… Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Sarel Marais -5 hours ago
Freda... Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Len Loader -4 hours ago
My kar en sleep waentjie… As stupidgeid jou geld kos... Johann L -5 hours ago

Brand en kampvure

Brits
Submitted by wessels on Thu, 11/10/2018 - 15:08
Forums

Hello vriende

Lyk my ons kan paar gedagtes wissel oor die onderwerp van;

brandgevaar en doodgooi van braaivure, Wie maak sy eie vuur dood voor slaaptyd??

met die nuwe onderwerp bly Voortrekker se Galago gespreklyn ongekontamineerd.

Wessel

Ek maak as n reel seker dat die vuur nie hoog brand as ons gaan inkruip nie.

As die kole lag le en daar is geen wind nie sal ek die rooster bo-op die kole laat le om seker te maak hulle bly waar hulle is.

As die wind waai sal ek die kole blus en die rooster op hulle laat le.

Port Elizabeth

Antie

Thu, 11/10/2018 - 16:37

Ek stem saam met Wessel dat brand inderdaad 'n groot gevaar is in 'n karavaanpark.  Behalwe vir die vure wat mense maak, nie blus nie, wind wat vonke wegwaai, ens., kan ander mense, uit nalatigheid 'n vuur begin wat jou ook tref.  Jy sorg dat jou gasbottels in goeie toestand is en reg werk maar 'n ander ou kan daar aankom met 'n ou bottel waaruit gas ontsnap of nie versigtig met gas werk nie.   

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 11/10/2018 - 17:06

Ek doen ook soos oom balletjies.

As die kole laag lê en daar is geen wind nie sal ek die rooster bo-op die kole laat lê om seker te maak hulle bly waar hulle is.

As die wind waai sal ek die kole blus en die rooster op hulle laat lê.

Secunda

Sleep nou

Thu, 11/10/2018 - 18:11

As ons kamp maak ek kole dood as hulle reeds nie  dood  is  voor ons gaan slaap 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 11/10/2018 - 20:58

Nog nooit daaroor gedink nie, maar dit is 'n baie goeie punt wat jy hier aan raak Wessel.

Ek gaan as 'n reel nie slaap voor my vuur aan die einde van sy lewe gekom het nie, (ook soos Willem en Frik, sit ek die rooster plat  op die kole - ek beskou dit as dood as die as die gloed verbloem?) ek het nog min gesien dat vure nog vlamme maak as ouens gaan slaap? 

Het wel al (een keer) gehoor van 'n karavasn wat gebrand het,  kan nie onthou of dit gas of hout vuur was nie.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 11/10/2018 - 21:21

Gasbottels : Freda se baie geldige punt.  Gasbottels met roesmerke op word wetlik verbied om hervul te word, maar min gashandelaars steur hulle hieraan. Riskante gasbottels in 'n kampeerterrein word ook 'n groot risiko vir mede-kampeerders.

Elektrisiteit : Die gebruik om verlengkoorde een of tweekeer te las en met 'n plastieksak te probeer "verseël" is ook hoogs riskant.  Selfs talle verlengkoorde en dubbel/trippel proppe in 'n tent is ook 'n groot brandgevaar vir almal in die oord.

Terrein : Sekere kampeerstaanplekke is ook 'n brandgevaar veral wanneer die eienaars 'n "bosgevoel" probeer daarstel.  'n Goeie voorbeeld is Tsendze in die kruger Wildtuin.  Tussen jou en jou buurman is dit lekker dig bebos, maar die ingeboude braaiers staan 'n hane-tree daarvandaan ! Op die foto hieronder is die ingeplante staalbraai agter my karavaan se A-raam sigbaar, op die grens van my staanplek, teenaan grasbosse.  Ek het het eerder my eie braaier gebruik wat op 'n veiliger plek geplaas kon word.

.

Centurion

Dusty

Fri, 12/10/2018 - 04:32

My vuur moet ook dood wees wanneer ek gaan slaap. Geen rooi kooltjie nie

Het een Desember by buffelspoort gaan kamp en die drie vroue wat langs my broer gekamp het het 'n groot vuur gemaak op die braaier met die vlamme hoog die lug in en al drie is toe saam die badkamer in (koeksisters). Die vuur on beman gelos. My broer het toe die vuur met water gaan doodgooi. Met die wind wat die vlamme na sy karavaan se rigting gewaai het was hy bang dat van die vonke na sy wa sou oorwaai en 'n brand veroorsaak

Jozie

It'l Dodat

Fri, 12/10/2018 - 06:44

Dit is vir my altyd so mooi…

Dit is vir my altyd so mooi as die vonke so deur die wind vêr die veld ingewaai word cheeky

Stem...... Of so mooi oppi nylon tent......

But jokes aside, ever think about where do you keep your fire extinguisher? in the tent? In the van? Has anyone ever actually seen how quickly a van / tent burns out? it's flippin frightening, and with caravan parks jam-packed during the holiday season (which is just around the corner) it's a very serious topic.

Me? If I use a boma, I keep the fire down to 1 or 2 logs... When I camp off grid, I dig a hole and don't advertise where I'm at at night by having flames above ground, and this really stops burning embers and sparks from flying around.

When I close down for the night I half close over the top with a flame plate, so that I can get thing going in the morning without having to start from scratch...

I've had winds, so vicious, it picked up my double panal solar panel and smashed it against my towball... (so tiepe van n mini dwarrel-wind)... As daaai bliksem deur n vuur gegaan, so dit letterlik oorals of enige plek lont onsteek.... En ek kamp aleen.. Daaar's net ek om reg te kom.

Net soos Len vat ek altyd my eie braai saam want ek hou nie daarvan om n braai te gebruik wat nie lekker gelee is nie en ek weet my rooster is silverskoon en wat voorheen daarop gebraai is.

Hy lyk ook soos n beeskrip sodoende kan die kole nie uitwaai nie.

Secunda

Sleep nou

Sun, 04/11/2018 - 07:24

Berdien het vir ons so opvou stainless steel braai gekoop wat net genoeg vleis vat vir die twee van ons hy gaan oral saam soos Frik en Len doen hou ek nie van hulle braai waar hy staan nie gebruik ek my braai. Ag nou is ek lus vir kamp

Middelburg

Noel

Sun, 04/11/2018 - 08:31

Karavaan en boswa het ook sy eie braaier. Kan jy glo ek bly ek bly in Stainless steel dorp maar die stainless steel braaier by die kus is goedkoper as by ons. Vir die Weskus winde bring ek ook my elektriese braaier saam incase vir baie winderige dae. Ek gebruik ook amper nooit die kamp se braaier nie en ek maak die braaier self skoon wanneer kamp klaar is.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 04/11/2018 - 08:40

Ek het net gister weer gejuk,  toe maak ek die bunkers almal leeg, skoon, en pak netjies terug. Terwyl ek daarmee besig was,  sommer al die roosters ook net weer skoon af gevee met nat lappie.

My branblusser (8 maande terug laat diens) is alweer op "empty", ek gaan maar 'n nuwe kry, die ding kos my elke jaar R90.00 vir 'n  diens, ek kon al paar nuut gekoop het. 

Magaliesburg

GerhardtN

Mon, 05/11/2018 - 08:48

As n verantwoordelike kamper is dit jou plig om toe te sien dat jou vuur dood is voor jy hom alleen los. Ons sien nou die dag by Dube hoe kampers reg teen die heining staan, vlamme n meter hoog en sonder toesig. Die veld is so droog en dit vat een vonk om n ramp te veroorsaak. As n brandweerman van 33 jaar het ek gesien wat kan gebeur en wat se skade n oop vuur kan veroorsaak. Ek het hulle maar gaan aanspreek en gelukkig het hul saam gewerk. Wanneer ons boskamp is daar op sekere staan plekke die reel dat daar nie vanaand n vuur gemaak word nie en almal op gas kos maak. Wanneer ons wel n kampvuur maak word dit op n veilige gedeelte gedoen en hy is dood wanneer die laaste persoon sy kampstoel opslaan.  Jy kry ook die kampers wat maklik op die grond vuur maak en dan sommer die kole so los of net grond oorgooi. n Vriend se kind het haar voete lelik verbrand deur op so n gedeelte te trap. 

Brits

wessels

Mon, 05/11/2018 - 11:07

More kampers

Ek is so bly dat ek nie die enigste is wat bekommerd is oor veldbrande en skade veroorsaak deur kamp/vleisbraai- vure nie.

Ek wonder skielik of woonwapark- eienaars en/of bestuurders hierdie kampforum besoek en kennisneem van wat hier aangaande voor-en afkeure en bekommerisse aangaande kampterreine geplaas word.

Dink julle die ouens lees ons inskrywings, veral nou in die lig van wat hier geplaas gaan word onder "graderings"

Groete

Wessel  

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/11/2018 - 13:05

As ek nie voor slaaptyd die vuur doodgegooi het met water nie, laat Ralie my nie toe om te gaan slaap nie - of sy gaan doen dit self. Dít is 'n vaste reël as ons kamp. Maar ek braai meestal in my mini-Weber (Smokey Joe) en maak alle gate toe onmiddelik as ek klaar gebraai het. Maar 'n regte-egte vuur se kole moét dood wees teen slaaptyd.