Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53679 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Willem, ek verstaan nie mooi… Kampforum & CCSA Suidrand… neef Herman -3 hours ago
Dankie Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -3 hours ago
Willem, ek moet seker eers… WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Voortrekker -7 hours ago
Anton, gaan jy vir ons… WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Willem Brits -7 hours ago
Ek kyk van gister af op die… Kampforum & CCSA Suidrand… Willem Brits -8 hours ago
Ek kla nie maklik nie en pas… Kampforum & CCSA Suidrand… Noel -8 hours ago
Wit leeus Aasvoëlkrans "Predator… Voortrekker -8 hours ago

Ouderdoms opname

Elarduspark
Submitted by GerhardM on Mon, 15/10/2018 - 12:48
Forums

Na aanleiding van die kamp gadget draad met die generasie gaping, het ek gewonder hoekom begin ons nie 'n ouderdoms opname onder die meningspeilings nie, dan kan ons bietjie sien watter ouderdoms groepe is hier die meeste. Dit kan heeltemal anoniem wees sodat niemand se ouderdom verklap word nie.

Kliek hieronder om deel te neem:

** OUDERDOMS OPNAME HIER  **

Centurion

Voortrekker

Mon, 15/10/2018 - 13:00

Goeie voorstel !   Maar ek kan klaar vir jou sê,   90% van lede  is  85 en ouer.   Dan is daar 8%  tussen ouderdeom 65 en 85   en 2%   wat onder die 50's is  laughlaugh

Elarduspark

GerhardM

Mon, 15/10/2018 - 13:11

Voortrekker gelukkig het jy nou dit als gesê so kan onskuldig pleit met die ouer as 85 laugh

Brits

wessels

Mon, 15/10/2018 - 14:00

Hello mede kampers

Nounet ok my ouderdom verklik.

Hierdie kan baie insiggewend raak vir mense wat woonwaens, boswaens, tente ensovoorts moet bemark.

As die ouderdomsverspreiding gekoppel word aan tipe manier van kamp en ouderdom van sleepvoertuig. Met ander woorde hoe lyk die profiel van 'n tipiese kamper, teenoor sy persoonlike voorkeure, soos skuld maak, vergenoegdheid met betaalde voertuie, waens ens.

Groete

Wessel

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 15/10/2018 - 14:07

Ek wonder of Arie al sy knoppie gedruk het op sy ouderdomsgroep. Indien wel, is dit seker hy wat tussen 81 en 125 val. Ek het groot respek vir sulke oumense. Maar hy's darem seker nog nie oor die 100 nie.

As die metertjie by 99 kom dan reset hy mos terug na 0 toe? laugh

 

O ja, een van daai modelle wat nog start as jy hom draai aan die slinger.........werk hulle nie in myle of so iets nie ........

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 15/10/2018 - 15:06

By die Triumph kar forum, wat wereldwyd lede het, is ook so opname gedoen. Daar is baaie lede, en info uitruil wonderlik.

Die 60 tot 70 groep is die grootste entosiaste wat nog restorasie projekte takel, en die word minder soos dit jonger word, die 20 tot 30 groep, stel nie juis belang nie. Maar o wee, die slegte nuus is dat die na 70 groep baie klein raak, en bo 80 was daar wereldwyd niemand nie  sad