TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

64085 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Baie welkom aan die nuwe… Welkom Johann L -1 minute ago
Augrabies My spaarwiel is daar gesteel. Johann Fouche -8 minutes ago
Welkom Barry!  Welkom Voortrekker -15 minutes ago
Frik, ken net van oom… Shocks! Johann L -34 minutes ago
Dankie Anton, die… Wes kaap saamtrek. Johann L -47 minutes ago
Daar is seker nog een ryding… Diesel vs petrol neef Herman -1 hour ago
Johann sodra daar vasgemaak… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -1 hour ago

Bygelowe

Centurion
Submitted by Voortrekker on Wed, 17/10/2018 - 05:48

As jy van valstande droom gaan iemand dood in die familie. 
As jy 'n sambreel in die huis oopmaak gaan iemand sterf.
'n Uil wat op die dak sit en skreeu bring ook 'n doodstyding.
'n Swart kat is ook ’n voorbode dat iets slegs gaan gebeur.

As jou vadoek val gaan jy kuiermense kry.
As jou mes val gaan dit 'n honger man wees wat kom kuier en 'n vurk wat val beteken dit gaan 'n vroulike gas wees.
Moet nooit vir iemand 'n mes of 'n of ’n skêr persent gee nie, dit gaan die vriendskap 'afsny'. Die persoon moet jou eerder 'n paar sent betaal daarvoor.
 
As jy jou klere verkeerdom aantrek gaan jy 'n geskenk ontvang. (Ek wil die ene probeer - sal laat weet of ek 'n persent gekry het!)
As jou linkeroog spring is die verloop van die res van jou dag 'flinker' en as jou regteroog spring gaan dit slegter gaan. 
As jy 'n spieel breek gaan sewe swaar jare jou inwag. 
Spieëls in die huis moet toegegooi word wanneer die weer begin opsteek. 
As jy iets breek moet jy gou nog twee dinge breek want die onhandigheid geskied skynbaar in 'n kringloop van 3.

Vrydag is gewoonlik 'n dag waarna ek erg uitsien maar in die bygeloofkultuur is dit glo glad nie so wonderlike dag nie!
:icon_biggrin:

Vrydag, die dertiende, moet jy glo nie onder ’n leer deurloop nie (ek weet nie hoekom nie).
Moet ook nie 'n groot taak op 'n Vrydag aanpak nie, want dan gaan jy nooit klaar maak nie.
Moet ook nie met 'n nuwe werk op 'n Vrydag nie begin nie, dit kan beteken dat jy binnekort afgedank gaan word.

Sout het 'n hele bygeloof kultuur op sy eie:
As jy sout gemors het, moet jy 'n knippie oor jou skouer gooi.
Moenie aan tafel vir gaste die sout aangee nie, dit kan ontaard in 'n rusie, sit dit so neer dat die gas dit self kan neem.
Sout wat gemors was het trane voorspel.
Indien die soutpot breek het beteken dat daar sewe ongelukkige jare voorgelê het vir die persoon wat die soutpot laat val het.

Oorkruisgroetery met die hand het beteken dat daar binnekort ’n bruilof gehou sou word. 
As jou linkerhand jeuk, is daar ’n brief van iemand besonders op pad na jou. 
As jou regterhand jeuk, beteken dit dat jy iewers uit ’n onverwagte oord geld gaan kry.

'n Jong meisie wat op die tafel sit, gaan sy nooit 'n man kry nie.
Haar skoene op die tafel neersit of 'n deuntjie fluit, gaan haar ook op die rak laat beland.
’n Baba wat gebukkend staan en deur sy beentjies loer het beteken dat hy ’n nuwe boetie of sussie roep.

Dankie Meraai vannie Baai op  afrikaanseforum.co.za
*Van die bygelowe was aangevul uit my eie kinderjare en die res is geleen.
https://klipindiebos.wordpress.com/2011/05/05/bygelowe/

 

Port Elizabeth

Antie

Wed, 17/10/2018 - 06:07

Daai tyd se oumense het vas geglo in die bygelowe.   Ek onthou almal van hulle.   Veral oor 'n spieel wat breek en 7 jaar se ongeluk bring, het dit self op 'n stadium geglo.   Ek onthou dat my ma spieels toegegooi het tydens donderweer.  Vandag nog sien mens iemand sout oor die skouer gooi.  Ek self dink aan geld wat ek dalk gaan kry as my regterhand jeuk.laugh   Maar, nee, ek is nie bygelowig nie.

Secunda

Sleep nou

Wed, 17/10/2018 - 07:35

My ma was ook so oor die weer Antie as dit nie gereen het nie swem jy nie daar was n paar van hulle ek hoor jou ou gesiecheeky

Hierdie bygeloof is regtig egtig!

As jy op n Sondag gaan kamp in Limpopo en jy het jou dop vergeet gaan jy moet water drink tot Maandag toe want die bottelstore in Limpopo is toe op Sondae!

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 17/10/2018 - 09:12

Die ergste bygeloof was daai een wat jou sal "blind" maak as jy te veel alleen speel, ek het nie eers bysiende geraak nie?

Oom Arie, daai is nie waar nie, die volgende is waar en moet asseblief nou nie na oom se hande kyk nie. smiley

Daar groei hare op die hande van te veel. 

Gees ek het nou na my hande gekyk en daai ene is nie waar nie  cool

 

Voorie, jy het my nou diep bekommerd, daai is n ouerige man aktiwiteit en jy is neffens n tjind!!surprise 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 17/10/2018 - 14:43

Oom Vleisballetjies, jy het dit heel verkeerd dit is 'n getroude man aktiwiteit!

Waneer hou 'n man op daar mee, waneer hy skei!

Voorie nou weet jy hoekom ry ek Pajero!

Oom Vleisballetjies, jy het dit heel verkeerd dit is 'n getroude man aktiwiteit!

 

Ek weet Arie, wou die arme Voorie nie die verdoemende nuus gee nie, toe vat ek maar die pak vir die oues van dae.