Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

43998 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek sal so 6 van hulle vat. Nuwe Ford Bakkie Willem Brits -2 minutes ago
Voorie, ek wens ek kon.  Was… Januarie 2019 Koffiekroeg! Willem Brits -4 minutes ago
Hallo Jolli!    Welkom op… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -25 minutes ago
Dankie vir die verwelkoming… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Jolli Trolli -27 minutes ago
Jolli Trolli baie welkom op… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -31 minutes ago
Jurgens Ci - die waarheid Jurgens Ci- DIE WAARHEID Jolli Trolli -37 minutes ago
Hi Johann,  dankie.  Ek het… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago

Net vir ouens wat by voertuigagente laat diens

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Thu, 18/10/2018 - 06:07
Forums

Ek weet die diens van voertuie by die voertuig-agente, of by die ou om die draai wat "regte, goed gekwalifiseerde werktuigkundige" is of by die algemene werkswinkel is al holrug gery.  En dis nie die punt in hierdie draad nie.

Ek is 'n knaap wat my voertuie by die amptelike agente laat diens en ek stel belang om die volgende by mede-forumgebruikers te verneem as jou voertuig nie meer onder waarborg is nie en ook nie meer gedek word deur 'n diensplan nie  :-

Terwyl jy jou geskeduleerde dienste by die agente laat diens, laat jy die agente ook sekere spesialis-probleme herstel ? Soos byvoorbeeld :-

  • Bande, batterye, uitlaatpype, skokbrekers
  • Turbo-aanjaer probleme
  • Remme

Met my vorige Pathfinder het ek en my Nissan-agent vermoed ek het 'n turbo-probleem (wat toe nooit die geval was nie) en die agent het my aanbeveel om direk met Bosch Diesel te onderhandel want as Nissan die werk doen verwyder hulle die komponente en stuur dit buitendien na Bosch Diesel vir toets en reparasies.  By Bosch Diesel het ek met een van die direkteure gepraat wat aan my bevestig het dat hulle optree namens verskeie amptelike voertuig-agente as dit kom by diesel-verwante probleme.

My 2010 Mercedes het begin lek by die linker "steering rack" en dan en wan het ek kragstuur begin verloor.  Die kar is op die oomblik by Power Steering Solutions vir herstelwerk en daar het ek agtergekom hulle is ook die herstellers van groot trokke se kragsture, ook Mercedes se trokafdeling stuur trokke daarheen.

As jy in hierdie kategorie val, hoe maak jy met sulke spesialis-onderdele se herstel, gebruik jy maar eerder altyd die voertuig-agent ?

Goeiedag Maters,

In 'n vorige lewe het ek 'n Tdi90 Landrovertjie gehad.

Ratkas by Centurion Gearbox Exchange laat regmaak.

Al die Landrover agente in en om Pretoria en andere van sover as Tanzanië stuur Landrover ratkaste na die manne toe.

Ek is van mening dat ware spesialiste die oplossing is, aangesien die agente meestal ''Jacks of all trade and Maste of none'' is.

My straaltjie.yes

Jare terug toe Ford nog ordentlike trokkies gebou het sonder die kersfees versieringe het my Ford se "glow plugs" gegroet en die kwotasie wat ek by die Ford Stealership gekry het was ongeveer R 400 per glow plug!

Ry toe Ember Diesels Electric toe in Springs en koop al 4 vir R 120.00 per glow plug en hulle sit dit boonop verniet in.

Daai trokkie ry vandag nog met daai selfde glow plugs.

Brits

wessels

Thu, 18/10/2018 - 09:35

Hello Willem

Ek het myne [AWD] sommer by Autohouse in Brits laat diens. 

Ek het eenkeer glips gekry, en hulle het vir my 'n kompleet enjin gesoek, gevind, gaan haal en ingesit. Die glips was om die oloeliggie te ignoreer nadat 'n deel van voorste suspensie/aandrywing 'n gaatjie in die oliefilter geslaan het.

Moontlik sal hulle jou ook kan help.

Groete

Wessel 

 

 

 

Magaliesburg

GerhardtN

Thu, 18/10/2018 - 10:12

Ek glo net in agente. Ek het n goeie werkswinkel gesoek, Goeie verhouding met die werkswinkel bestuurder opgebou en hulle vervang niks sonder dat ek daaroor gesels nie. Huidige Isuzu is pas uit diensplan uit maar sal nog steeds by agent diens.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 18/10/2018 - 12:23

Met my Kia, het ek geen opsies nie, die kar is nog onder waarborg, en diens plan, so, alles is gratis en verniet. My verhouding met die Kia handellaar in Vereeniging is op so goeie voet,  dat ek steeds my kar na 2021 na hulle sal vat.

Die ander voertuie het ek by een spesifieke sentrum gedoen, die mense het vir baie jare al my voertuie gediens en herstel werk gedoen. Ongelukkig  is die eienaar oorlede,  en die knape wat oor gevat het, het my een keer in gedoen, nooit weer nie.

Die agente moet nou maar vra wat hulle goed dink,  ek sal maar moet betaal.

Vir spesialis dinge sal ek wel Diesel Electric gebruik.

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 18/10/2018 - 20:21

Ek was veras met die diens koste by Vaal Toyota agente in V-Town vir my D4D 3L HiLux  dc.

80,000 km was net oor die R 1400.00 saam VAT

90,000 km was net oor die R 1300.00 saam VAT

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 18/10/2018 - 20:40

Ek is maar (seker) 'n "sucker" om my voertuie ook by die agente te laat diens. Ek het egter oor die jare sodanige verhouding (wil ek glo en hoop) met my Toyota-agentskap op Hermanus opgebou dat ek verwag dat hulle my na die aangewese diensverskaffer sal verwys as hulle dit in elk geval ook sal gebruik. Ek is ongelukkig geensins meganies ingestel (of aangelê) nie en moet noodgedwonge maar op my agentskap staatmaak.

Centurion

Dusty

Fri, 19/10/2018 - 04:20

Sodra my voertuig uit waarborg is doen ek self my dienste.

Het so 'n paar jaar gelede teo ek nog die Jetta 5 gery het dit gereeld by agente gediens. Het egter ratkas probleme op getel en moes dit 10 keer terugvat om te herstel (fabrieks fout). Die 10 de keer het hulle 'n nuwe ratkas in gesit wat van Duitsland af verkry was. Hulle kon dit nie reg kry nie

Waar my wa staan

Arie

Fri, 19/10/2018 - 07:42

Ek mag eintlik nie hier antwoord nie, ek diens self.

Maar vir spesialis werk so nou onlangs die dryf aste laat balanseer neem ek dit na 'n spesialis. die agente sou dit in elk geval soontoe geneem het, hulle het nie die masjienerie om dit te doen.

Selfde met injectors, pompe, alternators ens, dit is seker hoekom daar spesialis plekke is vir daai tipe werk?

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/01/2019 - 15:01

My  eerste cambelt diens van my volksie buite sy diensplan .....   Het nou net die kwotasie van VW Centurion gekry en dit is R14 000 vir my 2009 model tdi karretjie  -   dit is seker min in vergyking met ander duurder voertuie, maar eish  ....  surprise

Brits

wessels

Fri, 11/01/2019 - 15:05

Hello Voortrekker

Bel asb Autohouse in Brits, 012 2525205

Ek het nog altyd al my voertuie daar laat herstel/diens. Dit sluit 6 Jettas in, hulle werk aan alles, maar hou van VW's.

kR14 is roof, ek is seker jy gaan goedkoper wegkom 

Wessel

Empangeni

Johan Coetsee

Fri, 11/01/2019 - 15:24

My idee is dat as jou voertuig uit die diensplan is, moet jy vir jou 'n goeie betroubare alternatiewe diensstasie soek. Die probleem is nie net die arbeid nie. As jy dinge by die handelaar laat herstel gebruik hulle die handelaars onderdele. Dikwels teen dubbel die prys of meer as wat 'n ou met jare ondervinding buite die handelaars netwerk die parte kan kry. Ek het so 'n ou in Empangeni ontdek en hy spaar my baie geld. Die parte kom dikwels van dieselfde vervaardiger, net in ander verpakking.