Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago

Slange

Brits
Submitted by wessels on Fri, 19/10/2018 - 12:57
Forums

Hello kampers

Ek merk die afgelope week so paar skuins verwysings in die insette na slange naby woonwaens. Laaste ene noem toe "Jeyes Fluid" vir die slange.

Kan julle verduidelik hoe dit werk, as dit werk. hou slange nie van die reuk nie, en watter tipe werk die beste.

Klink my mens moet dit vêr van badwater hou.

Groete

Wessel  

Waar my wa staan

Arie

Fri, 19/10/2018 - 13:08

O, en hier het ek gedink Leeu voer die slange Jeyes Fluid??

Ja daar is so paar slange en skerpioene by Drie Berge maar niks om oor op loop te gaan nie.

Nog nooit gehoor van iemand wat al gepik was of probleme gehad het nie, net een ou wat in sy oge gespoeg was, maar sy eie skuld hy het probeer om die slang dood te maak.

Ons het ook al 'n Likewaan in ons tent gekry daar.

Hello kampers

Ek probeer net vasstel of die Jeyes fluid raad weliswaar feit, fiksie of aangename voorvader oorgedraagde fabel is.

Soms kry mens mos die teenoorgestelde van "bygeloof", nou is ek ok die kluts kwyt.

Bygeloof is juis per definisie die onsinnige  fabels deur oorlewing oorgedra wat evangelie word in volksmond.

Groete

Wessel

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/10/2018 - 15:36

Ek wonder of ek nie maar soms eerder 'n slang sal verdra as om heeldag herinner te word aan die dae toe my ouma-hulle nog 'n emmer-toilet gehad het. Ek weet dat Jeys Fluid werk vir kruipmolle. Dit is al wat gehelp het toe ek (destyds as "green keeper" van Grabouw/Elgin se rolbalbaan) probleme met kruipmolle gehad het.

Port Elizabeth

Antie

Fri, 19/10/2018 - 19:33

Een van my grootste vrese is dat ek op 'n slang sal afkom terwyl ons kamp.  Ek kyk gereerld of daar nie 'n slang in die ablusieblok is nie.   Weet nie wat ek sal doen as daar is nie.surprise  Het nog nie 'n plan van aksie uitgewerk nie.  DK het op Despatch grootgeword en ken Van Stadens van kindsdae af.  Hy het vir my vertel op CP forum dat kobras redelik algemeen hier is.   Colin het eendag een in 'n boom sien opseil.  Ek gaan nooit naby daai boom nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 19/10/2018 - 19:56

Slange is banger vir mense as anders om, moet net nie slang se kind die skrik op die lyf jaag nie, maar ek soek ook maar liewer nie slange naby my nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/10/2018 - 20:31

Ek het die Jeyes Fluid raad gekry om die bure se katte met hul toilet-gewoontes uit my tuin te hou omdat 'n kat kwansuis nie die reuk kan verdra nie.  Twee blikke gemors, die reuk hang na 'n maand nog steeds in my tuin en die katte gaan ongestoord voort.  Dus, grootste twak-raad onder die son.

Ek twyfel dus sterk of hierdie raad vir slange sal werk.  Wanneer 'n mens in die buitelewe kamp is daar maar seker altyd die moontlikheid dat jy iewers 'n slang gaan raakloop.  Ons kamp al vir jare gereeld in wildtuine en het hierdie jaar vir 'n tweede keer by 'n piekniekplek in die Kruger Wildtuin 'n slang raakgeloop  -  foto hieronder. So vyf jaar gelede ook 'n slang buite by Skukuza se ablusieblok teëgekom.  Toevallig ook hierdie jaar by Die Eiland 'n slang in ons bure se tent gehad wat naderhand in 'n boom langs ons karavaan gevlug het en ons het dit nooit weer gesien nie.

Ek sou sê 'n mens moet net versigtig wees en nie 'n slang iewers probeer vaskeer nie. Moet ook nie onnodige goed (veral seile en tentsakke) op die vloer van die tent/rally of onder die karavaan laat rondstaan nie.   Dis maar alles deel van die kamplewe.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/10/2018 - 21:07

Ons het al verskeie slang-episodes tydens kampeervakansies beleef. By Eiland Spa 'n groot luislang agter ons karavaan gehad (1994) en 'n gespikkelde bosslang in die boom voor ons tent (dieselfde vakansie). In Karoo Nasionale Park al by drie geleenthede pofadders by ons karavaan gehad asook 'n Kaapse kobra onder ons kampvrieskas. Verlede jaar 'n mamba in die Krugerwildtuin (Tsendze) in die appelblaarboom langs ons karavaan gehad. Al die voorvalle laat jou maar ongemaklik voel, maar ek verdra hulle eerder as om Jeyes Fluid se reuk te moet trotseer.

Centurion

Dusty

Sat, 20/10/2018 - 04:59

n Vriend van my bel my een oggend 01h00 en skree benoud: "Kom help asb. Daar is n slang in my motorhuis."

Dit was toe n bruin huisslang. Toe ek daar kom het hy reeds n slangvanger gebel. Ek het toe maar die slang in n kartonhouer in gesit.

Op die plaas het n meterlange rinkals tussen ons groep mense beland en nogal onder my stoel deur geseil. Daar was toe baie kinders wat daar rond gespeel het en bome geklim. Een van die bome het juis blomme om sy stam gehad en hy was oppad soontoe. Halfpad in die blomme gryp ek hom aan die stert en trek hom toe terug. Dit was toe n keuse van of die slang of die kinders. Die kinders het gewen. Hulle lewe was vir my baie meer belangrik.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/10/2018 - 06:20

Hier in ons buurt het ons die afgelope paar somers kort-kort las met boomslange. Ek probeer hulle maar verwilder, maar soms is jy maar genoodsaak om een dood te maak. Ek het bome wat tot teen die houtdek groei - en om een of ander rede is dié kalante baie lief om in die betrokke bome te kom 'lê'. My kleinkinders speel graag op die dek en daarom waag ek maar nie 'n kans nie. Klaarblyklik is 'n boomslang uiters traag om te pik. Die Engelse beskryf sy geaardheid as "docile". Maar tog is dit per milligram gif die giftigste slang in ons land.

Verlede somer wou ek met my seun se hond (wat hier gekuier het) gaan stap. Toe ek die voordeur oopmaak, sien ek 'n stuk "swart plastiekpyp" op die tuinpaadjie lê. Terwyl ek nog wonder waarvandaan dit nou kom, begin die pyp skielik seil. Dit was 'n yslike mannetjie-boomslang. Ek los toe die hond binne en probeer om ta uit die erf te verwilder na twee oop erwe oorkant ons. Maar toe mik hy vir die struike en bome tussen my en die buurman. Toe moes hy ook maar "gaan". Ek sal die foto op my rekenaar soek en hier plaas. Maar dit was 'n 'meneer' - die grootste boomslang wat ek nog gesien het.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/10/2018 - 06:57

Die beloofde foto. My Roemeense kleindogter (in die agergrond) was glad nie beïndruk met oupa se "heldedaad" nie. Oupa ook nie, want ek glo slange het 'n bepaalde rol in die ekologie te vertolk, maar nie by my huis waar jy 'n gevaar kan wees nie.

Booms

Verskoon die lelike ou voet, maar net om 'n idee te gee van die grootte van die slang. Nogal 'n meneergrootte vir 'n boomslang.

Boomslang

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/10/2018 - 07:07

n Vriend van my bel my een oggend 01h00 en skree benoud: "Kom help asb. Daar is n slang in my motorhuis."

Ek is ook by verskeie geleenthede deur omliggende bure gevra om te kom help met slange. Met die uitsondering van enkele boomslange (veral in my buurman se wilde-voëlhok), was die ander deur die bank onskadelike slange. Groot molslange, eiervreters, gevlekte skaapstekers en bruin huisslange is meer aan die orde van die dag. My buurman lhet al 'n Kaapse kobra in sy motorhuis gekry en verskeie ander inwoners het al pofadders raakgeloop. Maar wat kan jy anders verwag as jy binne-in die fynbos woon. My erf grens aan 'n proteaplaas agter my en reg teen my erf is dit nog ongerepte veld.

Centurion

Lolla

Sun, 21/10/2018 - 19:26

Uhm.... Anton.... Slange, skerpioene en likewane.. . 3 berge.... Jyt so +- 2 maande om n plan te maak om al die gediertes weg te hou van ons tent area af voor ons gaan kamp my skattie....