Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -7 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -9 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -10 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -11 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -11 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -11 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Skaappootjies

Johannesburg
Submitted by WilleWillemien on Sun, 21/10/2018 - 07:50
Forums

Ek soek 'n resep vir 'n lekker skaappootjie-dis. Nie kerrie nie.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 22/10/2018 - 14:28

WW, braai die pootjies so bietjie saam met uie, knoffel,  naeltjies, swartpeperkorrels en braaisout.  Voeg hoenderaftreksel en water by en kook tot die pootjies sag is.  Meng 'n lekker sousie van jou keuse, voeg  by en kook tot die sous dikkerig is.   Party pootjies kook vinniger sag as ander.  Dit kan dalk nodig wees dat jy hulle op 'n stadium uithaal en weer byvoeg wanneer almal sag is.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 22/10/2018 - 14:47

Nou wat maak mens dan met die ding se pote as dit sag is, lym????

Surely eet mens nie 'n dier of wat ook al se pote nie!!!!??!!!!??

Nee sies man, hier lees kinders ook!

Centurion

Voortrekker

Mon, 22/10/2018 - 15:38

Ek voel ook so Arie.  Laat my dink aan 'n trippie China toe en die mense wil my toe beindruk rondom een van daai groot ronde / draai tafels met baie drank en waar jy jou kos nog lewendig kies terwyl hy vir jou loer,  toe hulle vir my die "main treat " bring   -  Sulke lekker groot vark pote !   Eish!

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/10/2018 - 15:49

Ek sal ook 'n rilling ervaar vir varkpote. Maar snaaks genoeg - ek het nie 'n "issue" met skaappootjies nie. Dit is maar deel van skaapafval - waarvoor ek baie lief is. Ek is per slot van sake met 'n Karooboer se dogter getroud. Ek't ook aanvanklik maar langtand aan afval geëet, maar my oorle ou skoonma kón dit lekker voorberei. Ek verkies dit gekerrie terwyl WW spesifiek 'n resep sonder kerrie soek.

Moet sê dat die Antie se voorstel klink nie sleg nie. 

Anton sou waarskynlik soetrissies bygooi.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 22/10/2018 - 18:06

Noddy eet brand rissies, soet rissies (geel, groen of rooi) brand glad nie, ek is weer baie lief daarvoor, veral in noodle slaai.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/10/2018 - 19:17

Ek sal maar eerder nie herhaal wat ek op 'n ander draad gesê het van diegene wat reken dat soetrissies is lekker. Ek kan 'n matige brandrissie hanteer. Maar 'n soetrissie?? Hulle lieg as hulle sê dit is lekker. Hulle sal oor ander goed ook lieg. Aag jissie, daar sê ek dit alweer. Ekskuus.

Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 23/10/2018 - 10:22

Dankie Antie.

Het toe so gemaak nes jy verduidelik het.

Dink eks genees van pote-kook.

Die goe d stink verskriklik,

Port Elizabeth

Antie

Tue, 23/10/2018 - 12:36

Ag nee, julle, skaappootjies is heerlik!  Ek het dit nog nooit op sy eie gekook nie, altyd as afval saam met die pens.   Natuurlik moet dit baie goed skoongemaak wees en tussen die twee tone is daar 'n kliertjie wat jy moet uitsny.   (As jy die by 'n goeie slagter koop, is dit gewoonlik reeds uitgesny en die pootjies mooi skoon)    Dan kan jy dit vir 'n uur of so in asynwater laat lê.  Dit help vir die reuk.   Genoeg naeltjies help ook vir die reuk.

WW, dit is maar so, die reuk van afval is een van die hoofredes hoekom mense dit nie eet nie.  Nou na jy die reuk oorwin het, hoe het dit gesmaak en kon jy dit darem eet? laugh

Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 23/10/2018 - 13:15

Dit het heerlik gesmaak, Arie. Stink net twee keer erger as gewone afval.

Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 23/10/2018 - 13:22

Ons gaan die eerste naweek van elke derde maand Parys toe vir a jol.

Die Sondagoggend voor ons huiswaarts keer eet ek my Pofadder of Skilpadjies op krummelpap met bruin sous oor. Heerlik.