Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57240 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -7 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -28 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -31 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -42 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -53 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -1 hour ago

Spek en Bone Stampmielies

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Sat, 27/10/2018 - 21:08
Forums

Spek en Bone Stampmielies

Spek en Bone Stampmielies

Dankie Noddy  & RWW

Port Elizabeth

Antie

Sun, 28/10/2018 - 06:54

Baie lekker resep.   Chris, ek dink daai is skoon, wit varkspek wat van gepraat word, nie bacon nie.  Ek sal net een ding anders doen.  Na die eerste afkook, moet jy jou sout by die samp sit.  Samp is soos rys, dit moet in soutwater kook.  As jy dit daarna byvoeg, proe dit nooit sout genoeg nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/10/2018 - 07:42

Wat van Soet Rissies?

Waar val jy nou weer uit?

Freda - ek sal maar eerder gaan vir die 'bacon'. Daai wit varkvet klink nie heeltemal soos 'my cup of tea' nie. In elk geval - ek wens Noddy kan bevestig of dit varkvet of 'bacon' is. Laasgenoemde se korrekte Afrikaanse vertaling is mos 'varkspek' (en dit kom hoeka in 200g pakkies).

Jy kan my in 'n wip vang met 'n droë bone/stampmielie-mengsel. En voeg nog 'n klompie 'chick peas' en lensies ook by. Maar ai - die invloed op my bloedsuikertelling is gewoonlik nie baie goed nie. Dus vir 'n Tipe 2 diabeet is dit maar selde op my spyskaart. 

Port Elizabeth

Antie

Sun, 28/10/2018 - 09:15

Jy kan dalk reg wees, Chris.   Ek gebruik klein blokkies wit varkspek saam met wild en dit maak mos ook 'n lekker spekwors.   Samp & bone is natuurlik net so lekker as jy stukkies vleis, soos skinkel, saam met dit kook.   En sommer aartappel en uie ook bysit.  'n Maaltyd op sy eie.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 28/10/2018 - 10:56

Ag nee man, mens mors nie so met kos nie, samp, stampmielies en sulke snaakse goed. Is dit nie wat hul die bandiete in die tronk voer nie/

Volgende ding gaan julle my vertel julle eet Marog, sies man, onthou hier lees kinders ook.

Centurion

Voortrekker

Sun, 28/10/2018 - 11:14

Kyk al hierdie gepraat van stampmielies en koring laat my darem nou terug dink aan 'n ondervinding wat ek gehad het baie jare terug. (dit maak my honger ook)

Dit was in my jonger jare toe ek nog min rigting gehad het (of dalk het ek juis toe rigting gehad?) inelkgeval ek onthou met die soektog na 'n dagga plantasie in die Transkei om daardie herb te vind waarvan almal altyd praat -   julle weet, daardie een wat die konings gerook het?

Dit was by Port st Johns toe ek die man ontmoet en hy vertel toe vir my dat hy daardie ding plant, maar ek sal 'n dag lank moet reis, stap en taxi om by die plantasie te kom.  Dit was so 15 km noord van Hluleka (dorpie suid van Port st Johns).   'n Hoogs geheime plek waar die amper onbekombare plantjie verkry kan word - daai een.

Nou ja, lang storie kort, want ons praat hier eintlik van stampmielies en koring en die zol is nie nou belangrik nie.  Ek het die pad aangedurf saam met die man, ons het vêr gestap en teen sononder by sy stukkie grond aangekom.   

Daar op die heuwel het sy 5 hutte gestaan.  1 Hut vir hom, een vir elkeen van sy 3 vrouens en dan die een vir die kinders.   Ek was die ere gas en het hy toe vir my sy hut beskikbaar gemaak vir die aand om in te slaap.  Daai goed is baie groot en netjies binne.

Nou voor die plante geoes kon word, slegs laat nag met genoeg maanlik wat op dit skyn, het hulle toe vir my die koningsmaal aangebied.  Dit was 'n belewenis en ek het vreeslik lekker geëet.  Daardie groot bord met Stampmielies en koring ook so in 'n lekker bokvet gaargemaak.  Mense maat dit was heeerlik!  Ek sal dit nooit vergeet nie en het ook nog nooit weer iets soos dit kon eet nie.   Ek het al baie kere daarna die dis geëet, maar nog nooit weer so lekker soos daardie aand nie!

Ai hoe veralng ek nou na my en my broer se Transkei avonture smiley