Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -33 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -53 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -52 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Alle onderwerpe

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Mon, 29/10/2018 - 08:48
Forums

Anton, voorheen was die items in datum en tyd volgorde geplaas, maar dis nou nie meer die geval nie.

Is hier nie iets fout nie of kyk ek verkeerd ?

Centurion

Voortrekker

Mon, 29/10/2018 - 14:16

Hi Len, ek neem aan jy praat van die feit dat dit nou oorspronlik wys in orde van datum wat die onderwerp geplaas is en nie die datum / tyd van die laaste inset nie.  Ek het bietjie veranderinge aangebring en het die 2 omgeruil.  Ek sal dit weer maak soos dit oorspronlik was.

Daar is ook nou 'n soek opsie waar jy deur die onderwerpe kan soek. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 29/10/2018 - 19:48

Dankie Anton  -  perfek.

Ek vind dit 'n baie vinnige metode om alle jongste gesprekke (ook van ou drade) maklik op te vang  -  dan lees 'n ou ook net daardie gesprekke wat jy interessant vind en die ander slaan jy oor.

Middelburg. Mphumala

Pieter Kotze

Fri, 07/06/2019 - 13:18

Goeie dag, 

Wie het al ñ probleem gehad ń kraak wat ontstaan in die paneel bokant karavaan deur?Dit gebeur gewoonlik op die Jurgens Penta of die Palma karavane.

Wat het julle gedoen om dit reg te maak, deur wie of waar het julle dit laat reg maak?

Hoe het hulle dit reg gemaak en indien iemand so ñ probleem het of gehad het, kan julle asseblief ń foto plaas?

Ek sal baie bly wees om te hoor, want ek sit nou met so ń probleem en dit pla my geweldig. 

Kamp groete.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/06/2019 - 14:00

Pieter my wa het ook maar daai kenmerklike krakie bo die deur.

As mens mooi kyk na die wa se konstruksie is dit nie krities nie, bedoelende die kraak het geen invloed op die struktuur integriteit nie.

Ek het die kraak so 5 jaar terug opgevul met Sikaflex en toe afgewerk met wit silikoon.

Nog nooit weer enige probleem gehad nie die kraak het ook  nog nie weer oipgemaak of groter geword nie.

Goeie môre Vrystaat,

Baie dankie vir jou terug voer en die foto. Ek neem aan die kraak op jou Penta was of is reguit na op, my Palma se kraak loop skuins na links en as ek iets soorts gelyk gaan doen sal die aluminium strips skuins geplaas moet word om die kraak toe te maak. Was dit net die aluminium plaat wat gekraak het by jou of het die hout ook gekraak, by my lyk dit net na die aluminium plaat.

Baie dankie.

Middelburg

Noel

Sat, 08/06/2019 - 09:18

Hallo Middelburger. Ek het die Penta gesien by Aerorand  wat ook  strips skuins albei kante gesit is en het nie mooi vertoon soos Johann sin nie. Gaan vra raad vir At Botha by Middelburg karavane of daar nie ander opsies sonder om duur koste te bestee. Sulke krake sal my ook irriteer. Hoop ons sal mekaar ontmoet by die saamtrek, dalk by Wilsur saamtrek in Sept.

Waar my wa staan

Arie

Sat, 08/06/2019 - 15:49

Pieter myne is nie baie opsigtelik nie min mense kom dit agter.

Jy kan dalk dink om ń dun aliminium plaat te sny wat tussen die tent rail en die bokant van die deur raam te pas.

Jy kan dit netjies sny om mooi om die rondings te pas. Lym die plaat vas met Pratly lym dit kan dalk ń mooi afronding bo die deur maak en die kraak wegsteek?

Ek sou nie die plaat verf nie dan pas dit mooi aan by die aliminium deur raam?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 08/06/2019 - 19:05

Pieter, skuus, ek sien nou eers jou vraag, dit was net die plaat wat gekraak was, 'n kwaal van al die "pop-ups" met dir deur wat voor sit.

Ek stem saam met die skuins strips, dit gaan nie mooi vertoon nie.