Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

40695 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons maak gebruik van q no… As stupidgeid jou geld kos... StephanS -4 hours ago
In elk gev, ons hoef nerens… Desember 2018 Sarel Marais -5 hours ago
Die Marais' gaan nerens Desember 2018 Sarel Marais -5 hours ago
Ken julle Strandskloof? … Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Voortrekker -5 hours ago
Ja, Strandskloof is so 'n… Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Sarel Marais -6 hours ago
Freda... Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Len Loader -5 hours ago
My kar en sleep waentjie… As stupidgeid jou geld kos... Johann L -5 hours ago

Neem ASB deel aan Kampplek resensies!

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Sun, 04/11/2018 - 19:48
Forums

Neem  ASB  deel aan ons kampplek resensies smiley 

Kampplek resensies Blaai asb deur ons kampplekke en oorde (onafhanklik van forum) deur op die kampplekke skakel te kliek, en as daar plekke is waar jy al bietjie gekamp  het skryf asb vir al ons blad lesers oor jou ondervinding!  Al is dit een sin of pargrawe met foto's!   Ons hoor graag van jou ondervinding!

As jou kampplek nie gelys is nie kliek asb op die   KONTAK ONS  knoppie op die Kampplekke en oorde blad of stuur 'n epos aan anton@kampforum.co.za en noem jou kampplek en enige inligitng daaroor wat sal help om dit te lys!  As jy enige inligitng sien wat verkeerd is laat ons ook asb weet!

Onthou, die resensie inset blokke is slegs vir jou resensie en nie vir gesprekke nie.  Om 'n kampplek te bespreek soek gerus deur ons Kampplekke forum vir huidige besprekings oor die kampplek of begin 'n Nuwe Kampplek onderwerp om 'n kampplek met forum lede te bespreek.

Alternatiewe kampplekke skakel: kampplekke skakel

Port Elizabeth

Antie

Mon, 05/11/2018 - 07:19

Baie geluk, Voortrekker.  Hierdie is 'n baie goeie toevoegsel.   Ek hoop dit gaan goed en baie gebruik word.

Ek wil net 2 vrae vra asb:

Is daar 'n skakel na die Kampplekke behalwe deur die inset van jou hierbo?

Op die Kampplekke sien ek nie 'n Kontak Ons skakel nie.  

Ek wil net voorstel dat die woord Rating  (of caravan parks) ingebring word om die funksie meer duidelik te maak en te onderskei van die kampplekke besprekings op die forum?

Centurion

Voortrekker

Mon, 05/11/2018 - 07:35

Dankie Antie!  Die Kampplekke knoppie was nog altyd bo aan die hoofindeks tussen Voorblad & Forums

screeshot kampforum hoofindeks

Die kontak Ons skakel is tans net onder die kampplekke lys:

 

kontak ons kampforum

Port Elizabeth

Antie

Mon, 05/11/2018 - 08:50

Anton, ek wou nou 'n gradering doen van Van Stadens.   Ek kan niks invul by die blokkies wat eerste opkom nie.  Slegs die kommentaar onder werk.  Ek sien  Spek het Almega gerate en ook net 'n kommentaar ingevul.   Jy het egter by jou ratings die blokkies ingevul?

Centurion

Voortrekker

Mon, 05/11/2018 - 08:56

Hi Freda. Die blokkies bo is vir algemene inligting en nie my rating nie.   Ek moet dit eintlik verander by al die kampplekke.

Kyk onderaan het ek nou 'n 0-10 gradering opsie bygesit en 'n aanbeveel blokkie.

 

Meyerton

Segekok

Mon, 05/11/2018 - 09:23

Hierdie is n baie lekker funksie.  Maar.....

1. Watter standaard gaan gebruik word,  Met ander woorde wat is die goed waarna gekyk moet word

a.  Wat van toegangs roete,  ( grondpad/ teerpad  en kondiesie van die pad)

b.  Bespreekings  ( vinnige, vriendelike, maklike,/ goeie diens) ( deposito betaaling/ 100% ... 50%)/ (staanplek bespreek of staan waar jy wil)

c. Ontvangs ?

d. Staanplek / skadu/ nette/ afdake/ ens.... 

e. Ekstra vooertuig /tente ens

        e1. Hoeveel persone

f. Ablusie / rolstoel toeganklik? ens

g. Aankoms en vertrek tye.

h. Hulp met opslaan en afslaan

vra maar net...

 

 

 

Centurion

Voortrekker

Mon, 05/11/2018 - 09:35

Dankie Deon en almal vir die insette en vrae ens.  Dit gaan help om die sisteem te verbeter.

Ek sal daaraan werk en maak staat op al julle insette en idees!  Baie Dankie yes

Port Elizabeth

Antie

Mon, 05/11/2018 - 09:36

Wat Segekok noem is belangrik.  Ek dink  baie mense sal ook op die oorde se webtuiste meer inligting kry.  Almal vertrou egter nie altyd die webtuiste nie en 'n direkte aanbeveling (of nie) op die forum kan hulle makliker laat besluit.

Anton, kom ons versonderstel iemand wat nie op die forum gesels nie, gaan kyk na 'n gradering van 'n oord en wil 'n vraag vra, om bv. meer inligting te kry oor een van die dinge wat Seeg noem.  Sal sy vraag dan op die graderingsblad verskyn en hoe sal lede dan weet daarvan?  Sal dit opkom by Aktiewe Onderwerpe?

Centurion

Voortrekker

Mon, 05/11/2018 - 09:42

Freda  Jy moet 'n Lid wees en aangeteken wees om deel te neem.  Ek sal 'n nuwe blokkie skep onder aktiewe onderwerpe waar enige nuwe graderings en resensies insette sal verskyn sodat forum deelnemers dit sal sien.

As enigiemand die notas lees sal hulle sien daar word verwys na die kampplekke forum waar besprekings en gesprekke loop.  Ek hoop ek beantwoord darem van jou vrae smiley

Dankie vir jou insette!

Waar my wa staan

Arie

Mon, 05/11/2018 - 10:13

Anton, ek is seker maar weer dwars, maar ek is nie 'n voorstander van gradering nie.

Oorlede Dries het destyds lank aan my getoring om kampeer tereine amptelik te gradeer, hy het dit mos gedoen. ek het nog nooit daarvoor geval nie.

Oordeling is nou maar eenmaal baie subjektief, wat vir my lekker is, is vir jou swak. Grondpad na kamp wat vir my goed is, is vir ander swak??

Redelik naby ons is SanChaLen, karavaan park, ek dink die kamp vertoon rommelrig en  deurmekaar, terein word nie netjies gehou nie, my opinie. Ander is mal oor die plek en weet glad nie waarvan ek praat nie, Petra reken ook die plek is orraait, alhoewel sy nou begin sien wat ek haar uitgewys het.

Vir my is die pad SanChaLen toe heel skaflik, MAAR omtrent almal kla oor die pad???

Selfde met Manzi Maningi, meeste mense reken jy moet wegbly daar met 'n padwa, ons het baie lekker daar gekamp vir drie maande, vir my was die pad glad nie sleg nie, ook geen skade op my padwa gekry nie.

So verskil smaak en idees van goed of swak hopeloos te veel, ek het nog nooit en sal ook nooit na ster gradering kyk nie, dinge verander vinnig, plek wat 4 ster was kan binne drie maande 1 ster wees?

Ek sal dus wegbly van die gradering draad af.

 

Waar my wa staan

Arie

Mon, 05/11/2018 - 10:15

Terloops, in die 48 jaar wat Petra en ek saam kamp, het ek behalwe vir een plek in Zambia, nog nooit erens gestaan waar ons nie gelukig was met die plek nie, alhoewel baie mense ons ten sterkste afgeraai het na van die plekke.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 05/11/2018 - 10:21

Jy praat waar, Arie.  Smake en prioriteite verskil van mens tot mens.  Maar so gradering funksie op die forum is eintlik nodig, want baie mense soek so iets op 'n kampforum.   Wat die forum s'n anders (beter) maak, is dat iemand 'n gradering kan lees en dan verder navraag doen.  Anders, bv as CP s'n waar mens dit nie kan doen nie.    Die persone wat die gradering doen, moet net eerlik wees met hul opinie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/11/2018 - 10:52

Vir my is die gradering ook nie 'n groot issue nie maar wat wel vir my saak maak is wat is daar.  Ja mens kan na hulle web gaan maar as ek vir volgende jaar 'n plek soek wil ek op 'n lys gaan kies wat ek wil hê en dan kry ek die oorde en dan kan ek begin kyk na ander goed soos distansie ens.

Seker maar omdat ek baie van Excel hou.

.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/11/2018 - 11:29

Ek verskil weer met Arie. Ek gaan my nie verlaat op een of twee graderings deur verskillende individue t.o.v. 'n oord nie. Die een ou kan reken iets is aanvaarbaar, of selfs goed. Die volgende ou is nie daarmee tevrede nie. Maar as jy 'n klompie mense se insette het, kan jy darem 'n afleiding by maak. Kyk maar na my bydrae onder "Kampplekke" wat ek vanoggend oor Bass Lake Lodge gesê het. Dit is 'n enkele opinie. Ek spreek my uit oor die laaste stukkie toegangspad. Vir my is dit 'n probleem. Vir Arie en andere gaan dit beslis nie 'n probleem wees nie. Ek is beïndruk met die res van die oord. Andere mag dalk verskil. Maar as 'n klompie mense hulle menings gegee het, kan jy darem 'n afleiding begin maak.

CP se "ratings" is vir my waardevol. Ek het vir my 'n lys opgestel van oorde wat daar ge-"rate" is. Ek het slegs oorde wat minstens 5 x "ratings" ontvang het in berekening gebring. Vir myself is sekuriteit baie belangrik - en kort daarop volg "ratings" vir ablusies. As 'n oord dus 5 sterre ontvang vir sekuriteit, oorweeg ek dit beslis. Maar as dieselfde oord minder as 4 sterre ontvang vir die gehalte van sy ablusies, begin ek bietjie twyfel.

Na my mening sal dit wonderlik wees as ons 'n "rating" stelsel op hierdie forum het, tesame met volledige insette en terugvoering oor 'n oord. Anton is besig (wat my aanbetref) om in die regte rigting te beweeg. Ek hou van die idee dat daar oorweging gegee word dat om onder "Aktiewe Onderwerpe" 'n afdeling vir hierdie onderwerp gegee gaan word.

Doen so voort Anton - jy't my "support".

Jozie

It'l Dodat

Mon, 05/11/2018 - 11:31

Arrie I agree with you, but for two different reasons

ONE.

What  I consider to be a nice place may well be completely different to what somebody else....

Fact is, that the case.

I don’t give two hoots if there are ablutions / kiddies entertainment / restaurants / paved sites ETC or not. So long as there are trees, sites are reasonably flat & cleared and the place is empty, I’m happy.

TWO.

Grading of parks just gives momentum to price increasing, and actually means nothing.

Gradings are based on how many people post in. So a large caravan park has plenty visitors and a small one has only few.

Therefore a small resort may well be much nicer than a big one and never get rated.

Do yourself a favour. Throw gradings into the rubbish bin, pick a place, go there and have an adventure.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/11/2018 - 11:55

As ek gaan kyk na my lys wat ek net gister weer opdateer het vanaf CP se "ratings", dan blyk dit dat daar 11 oorde is wat 5 of meer "ratings" ontvang het en wat vir beide Sekuriteit en "Ablusies" 'n gemiddeld van 5 sterre ontvang het. Ek het nog net by een van die 11 gekamp, naamlik Bass Lake Lodge (wat 59 "ratings"gehad het). Dalk kan ander kommentaar gee of die volgende 10 nie hulle sterre verdien nie. Die syfer in hakies verteenwoordig die aantal "ratings"":

Almega (34)

Villa Spa (29)

Queensburgh (26)

Strandskloof (20)

Dibiki (19)

Vloedbos (16)

Green Fountain (8)

Bonamanzi (5)

Flat Cat (5)

Bosveld Oase (91)

Dan is daar 'n addisionele 24 oorde wat 5 sterre gekry het vir Sekuriteit en 4 sterre vir Ablusies. En nog 10 wat 4 vir Sekuriteit en 5 vir Ablusies gekry het. Dan is daar 'n verdere 126 wat 4 sterre vir beide onder-afdelings gekry het.

Ek bly by my standpunt dat individue se kommentaar en "graderings" wel iets beteken. Dit kan nie sonder meer afgeskryf word nie.