TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

64080 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daar is seker nog een ryding… Diesel vs petrol neef Herman -4 minutes ago
Johann sodra daar vasgemaak… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -7 minutes ago
maar ander datums sal… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -8 minutes ago
Len, dit is nou 'n jamerte.
Wes kaap saamtrek. Johann L -10 minutes ago
Oom Lennie, maak 'n plan en… Wes kaap saamtrek. Gryswater -10 minutes ago
Ons stel ook belang Wes kaap saamtrek. OckertL -15 minutes ago
all the info.... Another tent....... TWTFAWC -2 hours ago

Kruger - gee raad asb

Boesmans- riviermond
Submitted by Sarel Marais on Sat, 01/12/2018 - 14:09
Forums

Ons was al heelwat in Kruger maar nog nooit in die noorde nie. As gevolg van onlangse artikels in reistydskrifte het ons besluit dis tyd om te gaan. Ons het gedurende einde Maart/begin April 6 dae op Punda en 6 dae op Shingwedzi bespreek. 'n Ou vriend van ons wat daardie gebiede al heelwat besoek het reken egter ons maak 'n fout om op Punda te gaan staan en beveel aan dat ons liewer die hele tyd op Shingwedzi moet gaan staan en dan dagritte Punda se kant toe moet doen. Gee raad asb.

'n Verdere vraag: is dit 'n goeie tyd van die jaar om daardie gebiede te besoek?. Ons wou aanvanklik in Mei gaan om van die oumens-afslagtariewe gebruik te maak maar toe besluit dis darem te blerrie lank om te wag.

Groete uit 'n winderige Boesmansriviermond (sjoe, dis darem 'n vreeslike lang naam. Ek dink ek sal in die vervolg maar net verwys na "Boesmans")

Die wapad.

Koos Mol

Sat, 01/12/2018 - 15:14

Sarel.   Jy gaan 'n fout maak as jy NIE na Punda gaan nie. Dis 'n lekker rustige kamp met sy eie atmosfeer. Die paaie daarbo is so stil soms wonder jy of daar nog mense in die park is as jy so alleen op die pad is. Afhangende van die reën is dit mooi wêreld. Diere is daar genoeg, stilte en rustigheid is daar baie. Maart April is net so goed soos enige ander tyd. 

Pak net jou wa en ry, die noorde van die park is waar jy wil wees. Geniet dit, jy sal nie spyt wees nie.

Gaan na die geel "Kampe en Gradering" tab bo in die middel van die blad en lees die resensies oor Punda.

Hou jou draad dop........ daar gaan nog manne kom wat jou gaan oortuig.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/12/2018 - 16:08

Ek sluit aan by Koos Mol. Jy gaan jou eie agterent wil skop as jy nie Punda toe gaan nie. Dit is een van die lekkerste kampe in die wildtuin - nog te meer as jy gelukkig is om 'n staanplek naby die draad en watergat te kry. Die kamp en omgewing is die rustigheid vanself. Die S99 (Mahonie-ompad) is een van die lekkerste roetes om in die wildtuin te ry. Die S58, by Dzundwini verby, asook die S98 na Thulamila is goeie roetes. Pafuri (een van die mooiste dele in Kruger) is maklik vanaf Punda bereikbaar (vir my persoonlik is Shingwedzi té ver van Pafuri af).

As die skaarser wildspesies op jou prioriteitslys is, is Punda 'n puik bestemming. Ek hou op 'n beskeie amateuragtige wyse rekord van my besigtigings in die wildtuin sedert 1987. My persoonlike rekords wys dat Punda die beste omgewing is vir duikers, Tropiese grysbokkies, koedoes en njalas. Dan is dit ook goeie "wêreld" vir bosbokke, buffels, klipspringers, luiperds en olifante. En dan praat ek nie eers van die kuifkop-tarentale wat sommer in die kamp rondloop nie.

Punda Maria

Maar kom ek gee ook 'n waarskuwing. Jy kry soms die indruk daar is meer blou-ape in die kamp as mense. Tref dus maar die nodige voorsorg om hulle uit te oorlê. Maar daar is weinig kampe wat hulle nie van tyd tot tyd probleme gee nie (met die uitsondering van Tsendze en Mopani waar daar glad nie aap- of bobbejaanprobleme is nie).

Punda Maria

Die ge-ykte uitdrukking is dat enige tyd in die wildtuin is 'n goeie tyd. Maart/April is wat my aanbetref 'n uitstekende tyd.

Ja - dit voel beslis soms of jy die enigste toeris op sekere van die paaie is. En die lieflike ou kremetarte span die kroon. My suster-hulle is Kgalagadi-mense en was die afgelope wintervakansie vir die eerste keer in jare in die wildtuin. Ek het hulle oortuig om Punda en Tsendze toe te gaan. Hulle't heeltemal verlief geraak op Punda.

Punda Maria

Onsself is vanaf 1 Mei vir 9 nagte in Punda alvorens ons vir 10 nagte Shingwedzi toe gaan.

Gaan geniet Punda - jy't beslis nie 'n fout gemaak met jou bespreking nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/12/2018 - 20:46

..............gaan julle dus in Shingwedzi sien  ons is ook daar van 14/5 tot 19/5.

Sarel, ek onderskryf Koos en Chris se kommentare hierbo.

Hier is die drinkgat teenaan die heining by Punda se kampeerterrein.

.

En by Klopperfontein, oppad Pafuri toe in die verre noorde, Ollie wat ons verras het en reg langs ons kom water drink het :-

.

En die lekkerste Mopani braaihout spotgoedkoop gekoop net buite Pafuri-hek :-

.

Soos Chris hierbo sê, die mooiste bome in die omrit rondom Punda :-

.

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 01/12/2018 - 20:55

Sarel, die voël lewe in die noorde is van die beste, soos reeds genoem, jy sal baie mis as jy nie noord  gaan nie. 

Dit is ook die deel waar ek die meeste (maklikste) cheetahs in die wildtuin gesien het.

Daai rustigheid van die noorde is ongeewenaar.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 01/12/2018 - 21:46

Dankie,  julle het my oortuig - Punda toe sal ons gaan. Ons is eintlik groot Kgalagadi mense. Was Feb vir die 9de keer daar vir so 12 dae maar het besluit volgende jaar moet ons ander koers kies, vandaar my navrae oor noord Kruger. Ons is baie lief vir die Nasparke gaan gereeld vir korter tye na ander parke (Bontebok, Bergkwagga, Karoo, Addo op ons voorstoep, Augrabies, Mokala ens). 

Secunda

Sleep nou

Sun, 02/12/2018 - 06:27

Lekke warm in die noorde net soos almal se haak daai wa sleep hom en kamp n hond uit n bos Sarel