My kar het elektroniese stabiliseerder programmering (ESP) standaard, maar nog altyd het ek geglo addisionele stabiliseerders is, vir my, noodsaaklik.
Nou ja, Vrydag haak ons by Buffelspoort op, alles na gegaan, en daar trek ek. Sonder enige probleme, gevoel op stuur of swaai van wa, op die pad nie trokke verby gesteek, geen probleme nie.
By die huis stop ek en begin af haak, toe kom ek agter, ek het nooit die Yellow Blade se skuif rem "gelock" nie. Dink toe, dit is nou snaaks, ek het dan so lekker gesleep, tot ek my Penta se deur oop maak, alles wat kon rond vlieg, het rond gevlieg. Stoele het van die bed af geval, dit was chaos binne my wa.
Okay, ek oordryf dalk effens, maar dit was beslis nie soos ons dit gepak het nie.
Nou het ek nog 'n "check" punt op die lysie by gevoeg, "maak seker die Yellow Blade se is vas!!! (ek sal moet leer om weer die lysie te gebruik, mens raak gewoond aan die roetine, en los die lysie)
Die punt, wat my betref, is…
Die punt, wat my betref, is dat elektroniese stabiliseerders wel werk, maar eers wanneer swaai reeds begin het, waar addisionele stabiliseerders, dit voorkom.
Ek sal nooit weer sonder so iets sleep nie.
Kan die.....
...................kundiges onder ons asseblief vir my verduidelik hoe kan 'n voertuig se ESP (elektroniese stabiliseerder) voorkom dat 'n karavaan swaai - dit kan tog nie wees nie. Ons weet presies hoe het Jurgens se ou "ophang-gewigsverdeler" ook sommer swaai verminder, ook hoe Yellow Blade en Tando se teen-skywe swaai voorkom en dan ook hoe Trapesium se bewegende sleephak swaai neutraliseer. Maar hoe op dees aarde kan 'n die voertuig se ESP die swaai van 'n sleepwa of woonwa verhoed ?
Ek glo weer 'n wa wat reggepak is met die korrekte banddruk en nie oorlaai is nie, behoort geensins te swaai nie.
Johann ek glo
Johann ek koop weer n karavaan volgende jaar en ek glo in die yellow blade stabiliseerder gee my gemoed rus en ja ek probeer ook wa reg pak
Soos Len sou ek ook graag by…
Soos Len sou ek ook graag by die tegniese fundis wou hoor hoe 'n voertuig se ESP die swaai van 'n sleepding, soos 'n karavaan, kan stabiliseer.. Ek sleep al sedert 1984 en ek stem ook met Len saam dat die korrekte pak van 'n karavaan deurslaggewend is om swaai te verhoed, tensy die ontwerp van die sleeptuig inherent onstabiel is. My indruk is dat die Jurgens Penta en Palma in laasgenoemde kategorie kan val.
Andries jy was nou lank stil…
Andries jy was nou lank stil. Goed om weer van jou te hoor.
Ek stem met die regpak van 'n karavaan. ESP, weet ook nie hoe dit werk nie. Stabiliseerder werk net in 'n nood geval sover ek dit het. Normaalweg gaan jy nie die verskil agter kom nie
Het hierdie op die web…
Het hierdie op die web gevind
ESP, wat my betref, en ek is…
ESP, wat my betref, en ek is onder korreksie, werk slegs op die voertuig wat die sleep werk doen?
Sodra die gesleepte wa / karavaan reeds begin swaai, dan reageer die sleep voertuig daar volgens.
Let maar op as jy agter 'n karavaan ry, daar is heelwat swaai bewegings, veral 'n ding wat net twee wiele het (enkel as).
In my geval, glo ek dit is as gevolg van swak pak (die kinders, onervare het net hul goed in gepak) en ook die stabiliseerder wat nutteloos was. Ek kon niks aan die kar voel nie.
Andries raak ook 'n punt aan, my Penta is 'n lang karavaan met een as, ek glo dus dit swaai meer / makliker as die Exlusive met die dubbel as.
Palma swaai--aikona
More alle kampers
Ek sal ook graag wil weet hoe 'n ESP op 'n woonwa inwerk.
Tweedens, ek het jare 'n Palma gesleep, sonder enige stabiliseerders of foefies. Later opgehou sukkel om neusgewig laag te hou , myne was seker altyd ongeveer 140kg. Ek het nooit geswaai nie, nie met Isuzu of Territiry nie. My swaer kon egter nie met sy Pathfinder 'n Penta bo 100km/h gesleep kry sonder om te swaai nie. Hy het egter sy Path finder se suspensie gelig vir veldry.
alles gaan om die totale kombinasie.
Groete
Wessel
extrasensory perception …
extrasensory perception
noun
Definition of extrasensory perception
: perception (as in telepathy, clairvoyance, and precognition) that involves awareness of information about events external to the self not gained through the senses and not deducible from previous experience
— called also ESP
Johann...............
..................jammer ek kaap 'n bietjie die draad, maar dis noodsaaklik !
Hallo Andries, mis jou interessante geselsies baie. Vir die ouens wat nie weet nie, Andries is 'n elektronika-kenner en veral kamp-TV-probleme is sy kos - hy het my gehelp om al my TV-probleme in die karavaan op te los.
(Ns. Moet asb nou net nie weer met die storie begin hoekom kamp ek saam met 'n TV nie).
Len, nou wat doen die tv in…
Len, nou wat doen die tv in jou wa😂 grap net, elkeen soen sy vrou soos hy wil.
Geen probleem met die kaping nie, ek was self bly om weer van Andries te verneem👍
My vorige wa.............
..................... was ook 'n Penta wat ek met 'n Nissan Sani en later met 'n Pathfinder gesleep het, selfs vir 7 jaar lank tussen Harare en Suid-Afrika en het nooit stabilisering probleme ervaar nie - selfs tydens gereelde bande wat gebars het as gevolg van wipperige paaie in Zim. Sleephak-gewig was altyd kwaai omdat die Penta se as redelik meer na agter geplaas is. Na my mening was dit juis dít wat goeie stabiliteit tot gevolg gehad het.
As jy wil TV kyk bly maar…
As jy wil TV kyk bly maar eerder by die huis en kamp uit in die sitkamer
Len self nog nooit gehoor…
Len self nog nooit gehoor dat die Penta onstabiel is nie?
Ek sleep baie lekker met die Penta, ek glo mens moet net sorg dat die neus swaarder as die stert is, en dan moet die wa effens "afdraende loop na die hak.
Self ook geen idee hoe die elektroniese goed op die voertuie werk nie, weet dit het wel iets te doen met die remme, die komper laat een wiel outomatiese rem om dan sodoende die swaai teen te werk.
My Focus ST het "anti Skid" beheer gehad, kan nie die regte term onthou nie, maar it het ook met die remme gewerk as die stert wil uitswaai of die neus wil wegbreek het die komper self die remme individuel op die wiele laat en los.
Weet wel daai ST het soos dinges aan 'n wolkombers aan die pad geklou?
elektronies stabiliseer versus ervaring?
More kampers
Hoe wil dit voorkom of ons nog nie 'n goeie verduideliking het vir die vraag;
hoe voorkom 'n sleepvoertuig se elektroniese swaai beheer dat 'n woonwa se swaai handuitruk nie.
Dit lyk my ons moet bly wat ervaring ons geleer het;
pak reg---gewig op neuswiel
bande styf genoeg gepomp, dis nou die wa en die agterbande van sleepvoertuig
moenie probeer om op afdraendes by trokke verby te gaan nie, 'n vryloop sleepkombinasie is geneig om te begin swaai
sorg dat sleepvoertuig plus inhoud baie swaarder is as sleepwa
Pas spoed aan by pad- en weers omstandighede, dwarswind en trokke is doodsteek.
Vul asb aan, ek weet daar is baie ervare slepers op die forum
Wessel
Wessel, ek vermoed dat Arie…
Wessel, ek vermoed dat Arie se bespiegeling naby reg of dalk in die kol is. Ek vermoed dat die rekenaar verskillende wiele laat rem om die swaai te beheer. My siening.
Wessel is in die kol, maar,…
Wessel is in die kol, maar, ESP's reageer op 'n "fout" op die sleep voertuig, (na 'n swaai reeds begin het -geweldig vinnig natuurlik) en 'n "after market" stabiliseerder tree voorkomend op, op gesleepte voertuig. Dit moet tog 'n uitweriing op die hele kombinasie hê.
My rede is basies soos volg;
1. Wat gaan ESP doen as jy skielik vir iets moet uit swaai, die wa gaan 'n groot impak hê.
2. ESP, is 'n rekenaar program, ons weet dat elektroniese apparaat maklik kan faal, ek wil nie in 'n situasie kom waar my wa my rond druk nie. (Been there, done that, got the T-shirt)
3. Enige stabiliseerder is 'n ekstra hulp middel, en moet nie gebruik word om 'n fout te onder druk nie.
Volgens spesifikasies, is die Yellow Blade te lig vir die Penta, yellow blade se maks is 1100Kg, en my Penta se regte BVM is 1600Kg, maar, dit help tog wanneer trokke verby kom, of verby gesteek word, of dwars winde jou tref ens.
Ek argumenteer nie, en wil ook nie my siening afdwing nie, maar ek glo vas die ekstra voorsorg is nie 'n "over kill" nie, maar net gemoedsrus.
Wat Vrydag mrt my gebeur het, was 'n kombinasie van dom foute.
1. My kinders het hul goed net in "gegooi "
2. My wa was oorlaai
3. Ek het nooit die Yellow Blade gesluit nie en
4. Die pad was kronkelend en 'n groot deel was hobbelrig.
Jy gaan nie normale swaai van jou wa in die spieëls sien nie, ry agter 'n ander sleper en let op, daar is swaai.