Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

superbru lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

46171 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal.

Nuwe week…
Februarie 2019 Koffiekroeg Dusty -46 minutes ago
Lekker man, sien nou so uit… SionBergh Saamtrek Feb. 2019 Johann L -3 hours ago
Ek geniet hierdie draad, wil… Die mooiste staanplek Johann L -4 hours ago
Dankie oom Chris Nou reën dit lekker! GeesWatWandel -4 hours ago
Letabarivier .... Nou reën dit lekker! Chris Boucher -4 hours ago
Hehehehe oom Sarel, sal… Lennie in die Kruger Wildtuin… GeesWatWandel -4 hours ago
En onthou, hierdie is Lennie… Lennie in die Kruger Wildtuin… Sarel Marais -6 hours ago

Brag, skoonste enjin

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on Mon, 03/12/2018 - 11:19
Forums

Soos op ander draad genoem het, het ek die naweek die Navara gediens.

Nog nie plastiek cover terug gesit op enjin. Wil voertuig na Bosch toe vat om na die alternator se clutch pulley te kyk / vervang ?

Maar laat die gees brag! Wie se enjin lyk nog so goed na vyf jaar / 173 000 kilos. Hy lyk nog nat nuut.

Hierdie draad word opgedra aan oom Len (Mags skoonmaak) en alle ander wat OCD het.

Ook word enige iemand hier uitgedaag om `n skoner enjin te wys as myne! Dink nie julle sal kan nie! smiley

Groete

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 03/12/2018 - 11:28

Myne blink sodanig dat ek dit om die dood nie afgeneem kry nie. Selfs sonder die 'flash' kry ek net 'n onherkenbare blink, amper soos wanneer jy 'n spieël afneem.😉

Gesie - ek sien nog 'n vaalkol raak op daai foto's.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 03/12/2018 - 11:41

Nee wat ou Gesie, vir my is dit al klaar 'n stryd net om die Hilux te was. Jissie, dit is absolute sleurwerk. En die enjin word maar elke 10 000 km slegs (op versoek) deur die agente skoongemaak. En wiele word net met 'n hoë-drukspuit skoongemaak. Met al die gruispaaie wat ek moet ry, en die moeilik buk (a.g.v. my groot pens) sien ek nie kans om my wiele te "Len Loader" nie.

Brits

wessels

Mon, 03/12/2018 - 11:42

Middag kampers

As ek so kyk na die gesprekslyn en fotos, is ek darem dankbaar om gelukkig getroud te wees, en iets beters het om te doen

 

Groete

Wessel

 

Brits

wessels

Mon, 03/12/2018 - 11:56

Middag kampers en Voortrekker

Wil net noem aan Voortrekker dat hy moet let op die gebruik van werkwoorde;

ek het die woorde gebruik " beter dinge om te doen"

Ry-ding is effe buite kontekslaugh

Onthou die woord "huwelik", oftewel--- "hier wil ek" rakke hê, 'n blombedding hê , die skottelgoed gewas hê ensovoorts.

Groete

Wessel 

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 03/12/2018 - 12:00

Ai ou Voorie, ek stem saam. Selfs 'n vuil Hilux lyk beter as 'n silwerskoon Nissan.😉

 

Lyk netjies Gees, man wat mooi na sy koets omsien.

BTW, het die Hilux n enjin, hom nog nooit gesien nie!!

Weet nie eers waar maak jy die bonnet oop nie.