Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -35 minutes ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -51 minutes ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -54 minutes ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -1 hour ago

Die bou van 'n karavaan afdak by die nuwe huis

Pretoria
Submitted by leeu on Wed, 05/12/2018 - 13:45
Forums

Goeie middag, hoop die draad is in die regte afdeling, Anton skuif maar soos jy goed dink. Ek hoop nie dit verveel julle te veel nie, maar aangesien Len en Freda ons so vasgevat het, sal ek ook maar so bietjie deelneem.

Ons het plus minus 4 maande terug verhuis en daar was nie 'n staanplek/ stoorplek vir die wa nie, ek het altyd gesê dit is my minimum vereiste. So begin die soektog om 'n geskikte kontrakteur te kry om die afdak te bou. Die plek waar die afdak op die erf moet staan en groote van die afdak moes bepaal word. Ons kry 'n klompie kwotasies en besluit om nie die afdak voor en langs die motorhuis deure op te sit nie. Die afdak sou so hoog moes wees, meer as 2,5m sodat die wa kon ingaan, dit het tot gevolg dat die afdak voor gelig moes word tot op die dak teels en sou nie vir my goed gewerk het nie.

Ons besluit toe maar op die ou einde dat ons die afdak in die hoek van die erf sal opsit en moet dan 'n a-raam afdak wees. Ek soek Chromodeck dak plate, wat duurder is as die gewone, maar het klaar die kleur in die plaat, bo en onder. Die afdak moet 7m x 7m wees en kos my R30 000. Dit is sonder plaveisel, nuwe hek voor die afdak, en bome wat afgesny moet word.

Die naweek wat verby is het ek een boom laat afsny en die wortels is uitgehaal. Dit alleen kos my R1800. Dit was twee dae se werk en baie grondwerke. Ek wag nou vir die staal wat bestel is. Die afdak sal volgende week opgsit word, moes R16k betaal het vir 'n deposito.

Op die foto wys dit die afdak wat agter die wit geverfde muur in die hoek moet staan en die volgende foto waar hulle besig is om die boom af te saag. Dit net sodat ek plek het vir die wa by my huis, tans is die woonwa in stoorplek en kos my R580 per maand.

Groete

Nico

Afdak 1

 

Afdak 2

Port Elizabeth

Antie

Thu, 06/12/2018 - 05:50

Ja, niks is meer goedkoop vandag nie.   Nou se dae kos 'n afdak wat 'n huis gekos het 30 jaar gelede.   Soos die Ingelsman altyd vir my sê "pay and the pain goes away".   As hy eers daar is gaan jy bly wees en 'n netjiese afdak voeg meer waarde by jou huis as wat hy gekos het.

Daai tuin lyk so mooi, lyk of jy sommer daar kan kamp!

Pretoria

leeu

Thu, 06/12/2018 - 06:33

Dankie Shaun en Freda. Dit is waar wat julle sê. Dit is ook ongelukkig so dat mens nie sommer 'n huis kry waar alles reg is, soos bv staanplek vir jou wa wanneer jy koop nie. Die tuin is baie sleg, Antie, maar sal hom nog regkry met die tyd. 

Groete

Nico

Afdak is altyd te klein. Ek het laas n dak van 8 x 8m op gesit en dink ek ek moes dit 10 x 10 gedoen het. Dakke is duur en al doen jy dit self gaan jy nie veel goedkoper weg kom nie

Pretoria

Slowstrike

Thu, 06/12/2018 - 10:42

`n Dak wat goed ontwerp en gebou is is `n aanwins vir `n leeftyd. Ja dit het baie duur geraak en ek het ook `n 6x9 dak laat opsit met polycarbonate plate (wou nie die huis aan die een kant in donkerte hul nie.

Interessant van die plate was dat dit `n regte en verkeerde bokant het. Die regte bokant hou die UV strale uit en laat die lig in. Moet sê die dak is koeler as die ander sink een.

My groot probleem met die kontrakteurs is die deposito wat vereis word voordat enige materiaal of diens gelewer word. Ek weier om dit te betaal en sal dit betaal as die materiaal op my werf afgelaai word en voordat enige steek werk verrig word. So word ek en die kontralteur beskerm.

As `n kontrakteur nie die materiaal kan koop om die dak (Of enige ander werk) te kan doen nie is sy besigheid waarskynlik `n van die hand na die mond besigheid.

Ek is een keer te veel verneuk om mense nog te vertrou met groot depositos. Ek sien deesdae dat Chaimberlains vir jou `n holding account aanbied waarin jy die geld kan inbetaal waar die kontrakteur dan teen voorraad en benodighede kan aankoop. Jy het insae oor die aankope ens.

Sterkte dit sal die moeite werd wees as alles klaar en netjies is

 

Groetnis

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 06/12/2018 - 14:11

Stekte Nico, Leeu, dit bly 'n uitdaging al kyk jy hoe daarna.

Ek het jare terug 'n 6 x 6 m afdak op gesit, toe raak dit te klein, nou sit ek met twee 6 x 6 afdakke langs mekaarsurprise

@ Danie, ek was nie bewus van daai koeler effek van die polycarbonate plate nie, my IBR sinkplate raak erg warm in die somer, en winters sweet dit druppels wat op my voertuie drip.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 06/12/2018 - 16:52

Nico, dit is goed, beteken meer vry vloei van lug, my is grootliks "beskut" deur huis se mure, wat lug vloei belemmer, en blare in die winter op gaar.angry

Centurion

Dusty

Tue, 11/12/2018 - 04:44

Nico, sien jy praat van A-raam afdak. My buurman het iewers ou staatligpale in die hande gekry en toe die twee punte aanmekaar gesweis. (Die uwe moes nogal die punte in posisie aanmekaar sweis). Hy het toe rooi chromadeck plate opgesit. Sal later sodra dit lig is n foto gaan neem en dit hier plaas.

Pretoria

leeu

Tue, 11/12/2018 - 06:57

Dankie Stoffel, dis baie netjies, en 'n oulike idee. Dankie vir die deel van inligting.

Hoe stoor die ander op die forum julle waens as dit nie in die motorhuis staan nie? ek veronderstel mens moet eintlik nie 'n wa stoor nie, mens moet hom gebruik?

Centurion

Dusty

Tue, 11/12/2018 - 07:27

Net jammer ons het nie n foto geneem terwyl ek die sweiswerk moes doen nie. Buurman kon nie sweis nie en ek moes toe maar sweis. Het nie n lang leer gehad nie. Hy het toe sy sleepwa agter sy voertuig gehak, dit in lyn met die pale gestoot en n trapleer binne die sleepwa gesit. Ek moes met eenhand aan die pale vashou en die sweistang in die ander. Die sleepwa het mos vere en wou ook nie stil staan nie.

Wanneer ek nie kamp nie staan die wa in n toesluit motorhuis.