Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -35 minutes ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -51 minutes ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -54 minutes ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -1 hour ago

Brood bak op vuur

Secunda
Submitted by Sleep nou on Fri, 07/12/2018 - 09:17
Forums

More julle almal ek wil brood bak in n swart platbodem pot vir die kersdag en ook as ek kamp volgende jaar as jy n maklike resep het wat loop soos stroop deel hom met my en almal asb byvoorbaat dankie vir daai geheime resepwink 

Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 10:28

Vat die meel en gis en 'n knippie sout en eetlepel suiker en meng dit lekker saam met so 2 eetlepels olie. 1 pakkie gis.   Ek sal se 2 koppies meel en 1 koppie water.   Sorg dat die koppie water lekker lou is en gooi dit by.   Roer hom lekker en gooi nog bietjies meel by totdat hy lekker deegerig is.   Dan moet jy die outjie knie!  Knie hom vir ten minste 15 minute - werk hom lekker.   

Smeer jou pot me olie en sit dan die bol deeg in die pot sommer lekker in die son en laat hom staan vir 'n uur om te reis met die deksel op!

In tussen begin jy jou vuurtjie maak om kole te kry.  Maak jou vuur eenkant en skep kole uit.  Moenie dat jou pot bo op die kole staan nie want anders gaan die brood brand.   Lig die pot verkieslik bo op 'n staander.  Pak lekker kole onder hom en sommer kole bo op die deksel ook.  Laat hom loop vir 40 minute?   Mens moet maar die proses leer  -   net nie te warm nie!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 07/12/2018 - 11:11

As jy bruismeel gebruik het jy nie nodig om dit te knie nie (onthou dit is nie met jou knië nie maar met jou vuiste).  Meestal is die deeg dan ook baie slapper as die ander.

Kaas en Uie Potbrood - Toks 'n Tjops Afrikaanse Resepte - Pick n Pay
picknpay.co.za › kaas-en-uie-potbrood
 

Kampkos - Brood ens - Peterjasie
https://peterjasie.co.za › kamp-brood
 

Wenke vir Potbrood | Boerekos – Kook met Nostalgie
https://www.boerekos.com › recipe › we...
 

Pretoria

Slowstrike

Fri, 07/12/2018 - 13:42

Die maklikste btoodjie

500g Selfraising flour

1 Blikkie Black Label (kamertemperatuur)

Knippie sout

Koppie gerasperde kaas 

Blikkie heelpit mielies

Metode

Gooi alles saam meng en sit in platboom pot of broodpan wat met botter gesmeer is. Laat staan vir so 20 min. Bak op die kole met `n paar kole op die deksel of in `n broodoontjie

Die hitte moet nie te veel wees nie anders is die binnekant nog rou.

Groetnis

Pretoria

Slowstrike

Fri, 07/12/2018 - 13:42

Die maklikste btoodjie

250g Selfraising flour

1 Blikkie Black Label (kamertemperatuur)

Knippie sout

Koppie gerasperde kaas 

Blikkie heelpit mielies

Metode

Gooi alles saam meng en sit in platboom pot of broodpan wat met botter gesmeer is. Laat staan vir so 20 min. Bak op die kole met `n paar kole op die deksel of in `n broodoontjie

Die hitte moet nie te veel wees nie anders is die binnekant nog rou.

Groetnis

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/12/2018 - 03:33

Dankie julle waardeur sal hulle almal doen dis regtig eindlik maklik nou is ek honger vir n vars brood