Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57138 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -15 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -15 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago
Paar nuwe lede - welkom en… Welkom Groot G -1 hour ago
Slowstrike---Lucky strike Julie 2019 - Koffiekroeg wessels -1 hour ago
Mirrrag!!

Danie, geniet die…
Julie 2019 - Koffiekroeg Groot G -1 hour ago
oom Wessel, moet nou nie vir… Waar is almal Groot G -1 hour ago
Ski verskoning Waar is almal wessels -1 hour ago

Waeco Vries/yskas

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Mon, 10/12/2018 - 08:45

Waeco CF50 vries/yskas te koop - R1000.00

47 lit 12 volt vrieskas, kan ook op 220 volt loop met behulp van 'n transformer, nie ingesluit.

Goeie werkende toestand, behalwe vir die geisoleerde beskermende sak, die is erg verweer as gevolg van in en uitpak in sleepvoertuig.

Besigtig te Shamma Bosveld kamp Bela Bela.

Bel Arie 0829211613

Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/12/2018 - 10:30

Die ding het ophou werk, toe koop ek 'n nuwe een.

Agterna vind ek toe uit maar die ding werk nog op 12v. Blykbaar het die ingeboude transformer geblaas as gevolg van load shedding? 

Ek het 'n los 220 - 12 volt transformertjie,  plug toe die dingetjie in en nou werk sy weer soos 'n droom?

Ongelukig reeds 'n nuwe vrieskas gekoop, so sit ek nou met twee wat altwee werk!

As ek nie verkoop voor ek hier skuif sal ek maar die ou een aan die "wit plakkers" kamp by Krugersdorp skenk.

Intussen kan dit dalk net vir iemand hier op die forum 'n paar R spaar, sou iemand so iets nodig het?

Vir my beteken sy niks meer nie, ek het beslis nie plek vir twee vrieskaste nie, alhoewel Petra graag die ding sou wou hou, dan kan sy nog meer vleis koop.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 11/12/2018 - 05:25

Daar is seker baie mense wat dit graag sou wou hê.  Hopelik kan een van hulle by jou uitkom.   Indien nie, sal die plakkerskamp se mense bly wees, hulle gaan dalk vuisslaan daaroor.

Centurion

Dusty

Tue, 11/12/2018 - 05:31

Waeco vrieskas is nogal n goeie maak. My 40 liter vrieskas is noual so 11 jaar oud en werk nog baie goed. Het een oorstroming by Scotties oorleef toe ons 125mm reen binne 2 ure gehad het. Die water het deur die tent gestroom en die vriekas het plat op die grond gestaan. Wanneer dit aangeskakel word neem dit ongeveer n halfuur om tot -5 af te gaan.

Jozie

It'l Dodat

Tue, 11/12/2018 - 06:39

Very nice fridge & freezer, never a moment's trouble.... First time I used mine I put my tomatoes in... They froze solid... went klink-klink-klink in their plastic bag.... I swear I could have used them for bowling-balls.

Needless to say when the de-frosted they where just mush...

Best decision I ever made regards refridgeration, moving away from the nonsense of absorbtion units to a compressor freezer, battery & solar panel.

Mine still has the Grinfoss pump, and I can still get spares... some 10 years down the line...

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 11/12/2018 - 06:57

More oom Arie, jislaaik, ek hoop hy is nog beskikbaar, sal hom graag by oom wil oorkoop.

Wanneer vertrek oom hulle vanaf Shamma ? As hy nog beskikbaar is laat weet, dan sms ek oom om te vra vir bank besonderhede.

Waar my wa staan

Arie

Tue, 11/12/2018 - 07:23

Iemand van Pta het my vroeg gister geskakel en gese hy wil graag die ding koop. 

Ek het hom belowe ek sal dit vir hom hou tot ons Pta toe gaan, die week van Kersfees, dan sal ek dit saam neem.

Wou dit ook op Gumtree adverteer, maar hom ook belowe ek sal daarmee wag tot hy hom gesien en/of gekoop het.

Sou hy dalk nie belangstel sal ek julle laat weet na die Kersweek.