Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -37 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Potbrood - met foto's

Centurion
Submitted by Voortrekker on Tue, 18/12/2018 - 09:56
Forums

Potbrood

Vanoggend was die laaste winkel brood opgeeët en toe besluit ek dit is tyd om vir ons 'n kamp potbrood te bak en om dit sommer met foto' s hier te plaas. Dit is dieselfde basiese resep wat ek altyd gebruik en al op die forun geplaas het, maar hierdie keer met foto's smiley

Begin deur 2 koppies meel, 2 eetepels kook olie, 1 eetlepel suiker, 1/2 teelepel sout en 'n pakkie 10 gram instant yeast  in' n bak te gooi.  Gooi dan 1 koppie lou warm water by en meng dit met 'n grootlepel soos hierbo gesien.

Potbrood

Nou moet daar omtrent nog 1/2 koppie meel bygegooi word soos verder gemeng word met die hand.  Die 2de koppie meel word bietjies bygegooi totdat die deeg nie meer "sticky" is nie.

Potbrood

Knie vir 15 minute.  Ek stop gewoonlik halfpad en smeer dan die pot en deksel lekker met olie.  Knie dan klaar en plaas dan die bol deeg in die gesmeerde pot om te reis. 

Potbrood

Terwyl die brood reis maak ek gewoonlik die vuurtjie met briquette. 

Potbrood

Wanneer die vuur reg is behoort die deeg klaar gereis te wees en reg om te begin bak!

Potbrood

Bak die brood vir 35 minute met kole bo op die deksel. 

Potbrood

Na 30 tot 35 minut behoort hy soos hieronder te lyk en kan jy hom dan afhaal en onmiddelik uithaal deur die pot onderstebo te hou en die brood maklik uitskud. Toets hom maar eers met 'n stokkie om seker te maak geen deeg sit vas nie. 

Potbrood

Lekker! Ons gaan hom vir middagete proe! Maar eers' n bietjie swem by Drie Berge se nuwe swembaddens smiley

Potbrood

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/12/2018 - 11:35

................Anton  -  met so 'n foto-handleiding sal selfs ek potbrood kan bak !

Ek wens meer van ons vrinne wat so kos-makerig is wil hulle metode en foto-bewyse op die forum plaas, dan kan ek ook iets van kosmaak leer.

Ns. Ek wil nou nie op jou mooi broodjie piepie nie, maar kan dit nie weerstaan om gou 'n taallessie in te sluip nie : 'n brood in wording rys en nie "reis" nie. "Rys" beteken om orent te kom  -  ander goed kom ook soms orent maar ons bespreek nie nou tentopslaan nie.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 18/12/2018 - 12:30

Dit is nou regtig 'n wafferse brood wat jy daar gebak het, Voories!!   Ek dink jy kry volpunte daarvoor en kyk net die "pragtige tekstuur".yes   Ek stem saam met Len, jy laat dit maklik lyk.

Mooi Len, Voories sal nie weer die verskil tussen reis en rys vergeet nie.laugh    Dink aan rys wat jy eet saam met kerrie, Voories.   Daai rys, rys mos en word meer.   

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 18/12/2018 - 13:20

Nee, kyk, nou raak julle te slim vir my, ek rys jou uit my stoel uit op, en reis deur die Vrystaat na Drie Berge om saam brood te eet.wink

My mond water nou so, ek lyk soos 'n bull dog wat moeg is😂

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 18/12/2018 - 13:46

Pragtige brood!! Ek het al moed verloor met die hitte reg te kry, meestal is hy onder pikswart en te bleek bo, maar het nou met my eie oge gesien dit kan gedoen word. 

Secunda

Sleep nou

Wed, 19/12/2018 - 07:24

Daai brood saam plaas botter en moer koffie sal loop soos stroop jullewink

Centurion

Voortrekker

Wed, 19/12/2018 - 07:54

Ek het gisteraand so 7:30 aan die slaap geraak, maar 8:30 was ek weer op en het toe koffie gemaak en die laaste paar duk snye sit en opeet, toe gaan slaap ek lekkerrr smiley

Term