Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -8 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -9 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -10 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -11 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -11 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -11 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Dube Krismis Gammon

Centurion
Submitted by Voortrekker on Wed, 26/12/2018 - 05:57
Forums

Ons was lus vir gammon saam met ons kersdag ete tydens ons kamp by Dube, maar aangesien ons geen oond of rotisserie het by ons kampplek nie besluit om hom in die platboom swartpot gaar te maak. 

Eers het ons hom lekker gesout en spice, dit saam met olie ingevryf en hom so laat staan vir 'n uur. 

Gammon

Daarna vol gate gesteek en hom gedoop met 'n koppie rooi wyn.  Vir nog 'n uur laat staan in die wyn en so elke 20 minute omgedraai om elke kant lekker in die wyn te laat lê. 

Gammon

Gammon

...  Toe die hele spulletjie in die warm pot (eers bietjie ge-olie)  gegooi. 

Gammon

Ons het hom vir so 3 ure in die wyn sousie laat prut...  sommer op gas. 

Gammon

Daarna vir so 40minute in olie gebraai, op alle kante beurt gemaak, sommer in dieselfde pot nadat die oorblywende sous uitgegooi is. 

Gammon

'n Bietjie laar afkoel en toe opgesny in skywe reg vir eet  saam met ons kerfees ete, koud bedien die volgende dag saam met mostert sous

Gammon

Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 26/12/2018 - 08:53

Anton, dit lyk heel lekker te wees!!! En ek gebruik ook (het altyd) die gas as 'n maklik beheerbare hittebron, wat lekker werk!

Toe ek die gaatjies sien dag ek dis waar die naeltjies (cloves) moet inkom!

Geniet julle kuier daar!!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 26/12/2018 - 09:58

En die BAAS is ALTYD reg!!!

Ons maak ook normaalweg MILDELIK gebruik van roosmaryn. Ek het so 15 of meer plante in tuin, en dit word GEBRUIK!!

Ou droë takkies word gebruik om vuur te help aansteek, en die nat takkies op vleis, onder vleis op rooster, en oral.

Ek het 'n plastiek houer met die gedroogte "blaartjies" wat normaalweg saam gaan op vakansie!!

Ek meng ook van die gedroogte blaartjies met koljandersade en houtsaagsels, en gebruik dit vir berokingsagent wanneer ons hoender of iets derglik in Weber gaarmaak. 

Snaaks hoe mens soms amper  "verknog" raak aan sulke tipe kruie!!??

Port Elizabeth

Antie

Wed, 26/12/2018 - 09:59

Dit lyk baie lekker, Voories.   Ek moet sê, dit lyk nie vir my na 'n Gammon nie, meer soos 'n lekker stuk beesvleis?    

Frans, ons het gister skaapboud gehad wat oorlaai was met knoffel en roosmaryn.  Koue boud is mos nie altyd so smaakvol soos warm boud nie, maar daai twee geure het so sterk deurgekom, dit was heerlik.

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 27/12/2018 - 20:01

Yvonne het seker die laaste twee maande 30 van hulle gaar gemaak vir kliente en ons.

Ek vrek daaroor. Lekker gerookte een.

Sy self eet nie vark nie, as gevolg van 7 daagse geloof.

Het haar al gevang van dit eet, dan doop sy dit sommer hoender smiley

Johann ek lief n lekker Eishbine, Gammon en crispy bacon saam met avokado.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 27/12/2018 - 21:23

Jammer om jou draad te kaap Anton.

Al hoekom ek nie graag vark eet nie, toe ons nog klein was, het elke kind 'n "boerdery" op die plaas gehad, my broer het met varke geboer, en ek met hoenders. Een dag hardloop een van my kuikens so voor die vark verby, en die pes gee net een hap, en weg is my kuiken.angry

Anton, jy het my nou so honger gehad, ek het vir my broodjues met stukkies gammon en Mayonaise gemaak, lekker verby.