Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

Spoed en sleep

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on Wed, 26/12/2018 - 08:57
Forums

Ek het met ons trippie kus toe, soos gewoonlik, my sleep spoed toe 110km/h beperk.

Op pad terug was dit dieselfde geval met spoedvermindering naby Warden met rukwinde.

My probleem is die spoed waarmee party mede slepers gery het. Een ou met 'n blou Jeep en 'n Sprite het 3 maal by my verby gekom teen nils minder as 'n 130km/h. Dit met 'n gesin in die voertuig. Ja, ek kan ook teen daai spoed ry maar dit is nie veilig vir my gesin nie en ek dink eerste aan hulle.

My 2c opmerking

 

Port Elizabeth

Antie

Wed, 26/12/2018 - 10:04

Ek stem saam, Stephan.  Dit is baie onverantwoordelik en selfsugtig van daai ou om teen so spoed sy familie se lewe in gevaar te stel.  Hy kort 'n paar lekker klappe teen die kop!

Secunda

Sleep nou

Wed, 26/12/2018 - 10:38

Did n lekke onderwerp waar ouens al gese het sleep jy maar jou 100kmh ek sleep teen 140kmh want by voertuig kan dit handteer en did waar ek altyd verskil in kort spoed maak dood

Middelburg

Noel

Wed, 26/12/2018 - 11:35

Ek het gesien daar is nie baie groot verskil in tyd van sleepers wat vinniger as 100kmh spoed sleep as die 100kmh spoed sleep maar is baie on verantwoordelikheid om vinniger as 100kmh spoed te sleep. Ek bly streng op my spoed van 100kmh met die karavaan en die boswa. 

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 26/12/2018 - 13:15

Spoed gaan nie net oor jou en jou gesin se veiliheid nie, wat van ander pad gebruikers se veiligheid.

Met Froggy ry ek ook so 110km/h (as hy ry smiley)

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 26/12/2018 - 14:00

Stem saam met julle. Ek glo ook 100-110 kmh is 'n goeie sleepspoed. Enigiets bokant dit is potensieel gevaarlik. Die Skipper is so lig en padvas dat 'n mens baie maklik vinniger as dit kan sleep maar ek glo dis onverantwoordelik. Ek het eendag op Brandvlei met 'n persoon wat net so 'n Skipper Oyster soos ons sin sleep gepraat. Hy het vertel dat hy altyd teen 130 - 140 sleep. So halfpad Calvinia toe is hulle ook met 'n hengse spoed by ons verby.

Nee wat, die ry is vir ons deel van die vakansie. As ons op die oop pad kom stel ek die spoedkontrole op 110 en geniet die reis.

Dis natuurlik 'n ander onderwerp om oor te bespiegel - spoedkontrole of nie...

Sarel ek ry met die spoedkontrole aan, in die sport modus in die automatiese ratkas.

 

Nie net is die bakkie se brandstof verbruik beter teen die konstante spoed nie, maar hy het ook oorgenoeg krag om te kompenseer vir opdraandes. Teen skerp op en afdraantes, bv Van Rheenenspas, sal ek met "die voet" ry

Centurion

Dusty

Thu, 27/12/2018 - 04:24

Sommige mense verstaan nie hoedat vakansie werk nie. Ek glo dat wanneer my hek toeskuif dan begin my vakansie. Stel ook my spoedkontrole op 95 km/u en ry dan rustig. Omdat my voertuig n "addaptive cruise control" het kan ek meer rustig ry. Kan ook die volgafstand stel en dit maak dit dat ek meer rustig kan ry. Wanner oppad en Alta vra of ons kan stop dan sê ek dat sy maar moet kyk vir n plek om te stop. Verkieslik by n "eenstop". Die vakansieplek gaan nie wegloop nie

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 27/12/2018 - 16:48

Wat altyd vir my lag wekkend is, is dat daai selfde jaag duiwel jou verskeie kere verby steek, en dit sê vir my, my spoed is reg. Ek kom in elk geval nog steeds by my bestemming uit, net meer ontspanne. Ons stop ook maar gereeld vir bene rek en ablusie ens.

Secunda

Sleep nou

Fri, 28/12/2018 - 02:37

Julle almal se presies soos ek se sodra jy daai hek agter jou toenaak meneer begin die vakansie dink nie net aan jou gesin se veiligheid nie maar dink aan jou mede pat gebruiker in kort jy sleep combo kan hoe goed wees jy kan n boffin wees met sleep meneer spoed maak doodfrown

Middag julle lot stadige slepers

Ek verstom my oor julle gekla en regverdigings om nie vinnig te sleep nie. 

Ek bedoel, as 'n man dit kan bekostig om duur goeie sleepvoertuie te ry, toegerus met goeie duur bande, die brandstof kan bekostig, dan kan mens mos maar vinnig sleep. Daar is 'n verskil in definisie van vinnig--- soos tussen Ferrari en '58 Beetle.

Ek dink julle klomp klakouse is sommer net jaloers op die ouens wat kan. Voor julle ouens ons manne wat vinnig sleep weer kritiseer, probeer 'n slag my raad;

skaf goeie sleepvoertuie aan

dan raak roekeloos, rat af om toere hoog op te jaag, en stoot jou Hilux tot sy maksimum wringkrag,

sodra dit kortasem raak, rondom 90km/h, haal voet van petrol af en vra mammie om bier oop te maak.laugh

Groetnis en veilig sleep in 2019 in.

Wessel  

 

PRETORIA

Leeutemmer

Tue, 01/01/2019 - 20:39

Het ek nou vandag vanaf Veekraal anderkant Brits rustig teen 80kmu gesleep Pretoria toe. Paaie was stil en ek het so lekker rustig gery. Miskien 10 min later by die huis gekom sou ek 120 gesleep het.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 01/01/2019 - 21:38

...............dieselfde storie as om nie vas te gordel nie, veral kinders of om roekeloos by sperstrepe verby te ry.  Daar sal altyd hierdie slimkoppe in ons midde op die paaie wees en ons gehuil op mekaar se skouers sal dit nie verander nie.

Bestuur jou sleepkombinasie verantwoordelik en aanvaar die onverantwoordelikes sal ons altyd by ons hê.

Centurion

Dusty

Wed, 02/01/2019 - 05:11

Kry gistemiddag op die N1 'n woonwasleper. My spoedbeheer gestel op 110km/u en kan nie naby hom kom nie. Hy het by my verby gekom en hy het seker net so oor die 120km/u gery.

Ek weet wat my sleepspoed is. Ek hou daarby. Indien iemand anders vinniger wil sleep moet hy dit maar doen. Ek gee om vir my gesin. Glo dat hy dieselfde doen.

Roodepoort

HennieBo

Wed, 02/01/2019 - 06:51

Saterdag die 22ste toe vat ek die pad Danabaai toe, sonder karavaan. Ek sit my voertuig op spoedbeheer van 120 km/u. Voor Kroonstad kom daar 'n man verby my met 'n D/C Hilux en Swing agterna. Hy het  niks minder as 130 km/u gesleep met sy hele gesin ook in die bakkie. Ons het hom weer gekry op Colesberg waar ek net gestop het vir diesel.

Gisteroggend weer vroeg uit Danabaai en hier net na Bloemfontein kom 'n man met 'n D/C Ford en 'n groterige boot ook verby my teen 130 km/u plus. die Ford ook vol gelaai met mense.

Dit is vir my so onverskillig.

Secunda

Sleep nou

Thu, 03/01/2019 - 06:25

Hennie sulke ouens wat so sleep glo nou maar net niks op daai spoed sal verkeert gaan nie sou iets wel verkeert loop kry onskuldige mense ook seer maar dan sal hy se dis nie my skuld nie