Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48775 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
nou koop ek R400.00 se krag… Huiskrag tydens beurtkrag Wildehont -1 hour ago
Dankie Len, jy kan dalk net… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -1 hour ago
Johann, ek glo jy is veilig… Maart 2019 Koffiekroeg HennieBo -1 hour ago
Baie welkom by kampforum… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago
Dankie Anton Jurgens Ci- DIE WAARHEID NeelsM -1 hour ago
Welkom terug Willem.  En so… Maart 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Ek het net 1 uit 7  Kampforum SuperBru Willem Brits -5 hours ago

Dinokeng Resort

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Tue, 08/01/2019 - 19:49
Forums

Was daar nog nie een van die Kampforum lede by Dinokeng Resort nie ?

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Tue, 08/01/2019 - 20:26

Willem, ek het ook al die vraag gevra maar dit lyk nie enige of enige van die KF lede al daar was nie. Ons gaan 22 en 23 Maart in die Kyleu Wilderniskamp (in Dinokeng) bly op pad Kruger toe en weer 2 dae op pad terug huis toe. Sien baie uit daarna en sal terugvoer gee. Hoop dis nie te laat nie. Sien Kyleu se web. 

Secunda

Sleep nou

Wed, 09/01/2019 - 09:34

Sarel ek glo jy sal Kyleu ook geniet het ook soos met Willemsrus self van die ouens gesels wat op Kyleu se facebook blad terug voer gegee het en die mense se jy kry siel rus daar innie bos ek gaan staan by rivier se kant hopelik nog die jaar

Ek het nou Desember by Almega gekamp en eendag met Dinokeng Resort gereel om gou deur die kamp te ry om te kyk hoe lyk die dinge daar.

Ek het nie uitgeklim en badkamers ens bekyk nie maar eending wat my dadelik opgeval het is die meeste staanplekke is te klein en op mekaar vir my.  Dalk is hulle reg vir die meeste mense maar ek gaan sukkel om my wa (Splash) daar in te kry en gemaklik te kamp. 

Van die staanplekke, soos ek vermoed is die private staanplekke, lyk lekker groot.  Hulle sou nou ook hulle water slides oopgemaak in Desember het wat ek vermoed 'n groot aantrekingspleister gaan wees vir die kampeerders met kinders.

So Willem, maak seker hulle gee vir jou 'n staanplek wat jou groot wa sal kan akkommodeer.

 

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 10/01/2019 - 15:18

GG, as jy op die onderste foto kyk, daar is 'n klompie wat so 140m² is.

Camp 32 = 182m²
Camp 33 = 196m²
Camp 26 = 200m²

.

Camp 40 = 152m²
Camp 35 = 153m²
Camp 39 = 153m²
Camp 36 = 148m²
Camp 38 = 160m²
Camp 37 = 150m²
Camp 41 = 143m²
Camp 42 = 143m²
Camp 43 = 145m²
Camp Paved P7 = 155m²

.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 10/01/2019 - 15:57

Ek vind ook Denokeng oord se staanplekke klein en opmekaar. Hulle laat ook langstaaners toe, 3 maande maks en as ek reg onthou is dit R2,700 per maand. Mooi baie netjiese kamp en geriewe is tops.

Nie my tipe kamp nie, wildsrite is baie duur as mens dit so een of twee keer per week wil doen gaan my vakansie hopeloos te duur raak, sal dan van my Rum geldtjies moet inboet!!!

Onthou as ek praat van my tipe kamp praat ek uit langstaaner se oogpunt. Dit is ook redelik ver van winkels af en moet ongelukig gereeld ry vir groceries en so.

Vir normale vakansie dink ek dit is puik, maar net te opmekaar?

Dinokeng Resort

 

Baie netjiese oord van die staanplekke is bietjie op mekaar.

Ons was daar voor die nuwe waterpark voltooi is.

Ons was ‘n groep van 2 karavane en een boswa staanplekke was 26;28 en 33.

Jy kan vir “fluffy”saam vat en wat my opgeval het wat nie gewerk het by Dinokeng is dat die Nyala’s in die kamp in kom en dan verjaag die honde hulle.

Onderste staanplek 35-40 mag dalk beter wees vir grooter woonwaens.

Die pypsteel ingang by 33 was ‘n uitdaging om by in te kom veral as jy laat daar kom en die oord is vol.

Laaste was dit nogal ‘n redelike lang stuk grondpad vanaf teerpad tot by oord nou nie seker maar skat so 1-2 km.

Ek noem nou maar wat nie vir my gewerk het maar ek het wel ‘n baie lekker kamp naweek geniet by Dinokeng.

Geniet julle kamp daar Willem

Secunda

Sleep nou

Sun, 13/01/2019 - 18:33

Dankie vir jou deel van Dinokeng val in en gesels weer saam soos innie verlede

Pretoria

leeu

Mon, 14/01/2019 - 15:15

Ons het ook in Desember soontoe gery en stem saam met andere, staanplekke is baie opmekaar. Die oord se swembaddens is baie groot en skep 'n lekker vakansie gevoel. Ongelukkig het dit gereën die dag en kon ons nie regtig rondloop nie. Sal beslis daar gaan kamp.

Kempton Park

Solly

Tue, 15/01/2019 - 15:44

Hier is 'n paar foto's van Dinokeng in Maart 2018.

Daar is heelwat spasie tussen die staan plekke.

Ons het dit baie geniet en gaan 21 Maart weer daar kamp.

Groete

Solly