Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

43992 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hi Johann,  dankie.  Ek het… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -10 minutes ago
Hennie......... Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -50 minutes ago
GM ! Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -51 minutes ago
Anton, ek was gou bietjie op… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -1 hour ago
Dit is nou goeie nuus,… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -1 hour ago
Stem met maters dat " C "… Kampforum Saamtrek Plaatjie Noel -1 hour ago
Ai,.................... Die Noorde wink Len Loader -1 hour ago

Sonkragstofie

Millmerran, AUS.
Submitted by Meraai vannie Baai on Wed, 09/01/2019 - 10:21
Forums

My wederhelf aai die sonkragstofies al 'n hele ruk maar ek het soort van my bedenkinge gehad en een aand net voor bedtyd lyk hy baie skuldig, dan weet ek hy het aanlyn aankope gedoen. Ek het maar geswyg oor die nuwe toevoeging tot sy gaarmaaktoerusting. Net tussen ons, die ou het al soveel meghefters wat nooit meer gebruik word vandat hy die weber aangeskaf het. Nou ja. Vandag het hy die nuwelinge (daar was glo once off offer van 2 vir die prys van 1) gaan haal by die poskantoor.

Sonkragstofie

Nuwe meghefter

Wors en uie is in...

Stofie is opgestel en toe begin dit drup hahaha!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 09/01/2019 - 20:16

Hehe Raaitjie, en toe moet jy nou baie verras lyk met die nuwe gedoente.😂 

Ja, kyk, ons Lock's laaik ons "gadgets"  ek het onlangs my karavaan reg gepak, en vier van die agt braai roosters / braaiers gaan nou maar hier tuis moet bly (tussen die ander)

As daai ding pla, pos dit maar hier na toe, hier maak ek plek vir nog 'n gadget😂😂

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 09/01/2019 - 20:59

Ek wonder as ons almal gaan krap in die stoor hoeveel braaiers het ons almal.

Ek weet van n paar wat rondlê by my. Weber (cadac) / klein Stainless opvou een in n tas. Hoort eintlik in Froggy, ens.

My gunsteling bly nog my Pa se ou braaier wat hy 40 jaar terug gebou het. Moes nog net sy staal bak met stainless vervang het. Hy werk nog vir my lekker en die memories sal daar bly.

P.S.

En Daar gaan koop ek weer n braaier wat n Pajella pan vat.

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Wed, 09/01/2019 - 23:07

Ek sien hierdie braaier-geit byt en hap aan die beursies van meeste  Adams wink Neef Herman, hier is meer as genoeg hout in die land van Bloekoms en groot springende hase lol maar die ouvrou en rook sit nie langs een vuur nie - letterlik en figuurlik. Die gedoentetjies is natuurlik nie geskik vir 'n groot familie nie. Ek was verbaas om te sien wat hulle alles gaarmaak in die tonnelgedoentetjie. Tot piepkleine broodjies. Maalvleisbolletjies in 'n spekkerige jas is die een wat ek graag wil probeer. 

Ons het nou twee van die meghefters, so terwyl die weber die steak braai kan ons 'n broodjie en groente gaarmaak in die son vir die twee oues van dae.

Daar is wel groter tipes beskikbaar waar jy byvoorbeeld 'n potjie kan aanslaan maar hulle kom met 'n prys wat 'n gat in jou sak gaan ruk. Neef Johann, ek sal jou onthou aanbod onthou hoor yes

https://www.gosun.co/htt…
https://themodernfoodie…


 

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Thu, 10/01/2019 - 00:54

yes Ek het vergeet die stofie is aan't werke en toe begin die twee worsies aanbrand!  Twee ure later toe lyk die spulletjie so na ek die worsie losgemaak het. Vertrou my om offergawes te maak selfs met die son as kragbron. Die geur het my gelok (dog buurtannie braai wors) en toe onthou ek van die eksperiment wat vervat was vroeg oggend.


Nie te sleg nie

Centurion

Dusty

Thu, 10/01/2019 - 03:33

Dit is n oulike patent. Kan net lekker werk sommer vir by die huis ook.

Dit klink soos my vriend wat ek gehad het ( ongelukkig is hy nie meer met ons nie). Hy het gereeld by n plek gaan kyk waar hulle teruggeneemde items verkoop het. Hy het daar baie gadgets gekoop en wanneer ek hom gevra het wanneer hy dit gaan gebruik het hy gesê dat dit n bargain was en hy kon dit nie los nie.