Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48775 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
nou koop ek R400.00 se krag… Huiskrag tydens beurtkrag Wildehont -6 minutes ago
Dankie Len, jy kan dalk net… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -30 minutes ago
Johann, ek glo jy is veilig… Maart 2019 Koffiekroeg HennieBo -34 minutes ago
Baie welkom by kampforum… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -37 minutes ago
Dankie Anton Jurgens Ci- DIE WAARHEID NeelsM -42 minutes ago
Welkom terug Willem.  En so… Maart 2019 Koffiekroeg Voortrekker -3 hours ago
Ek het net 1 uit 7  Kampforum SuperBru Willem Brits -4 hours ago

Fairhills

Bethulie
Submitted by 227rev on Thu, 10/01/2019 - 07:33
Forums

Goeie môre

Enige ervarings van Fairhills oord, Ramsgate? Veiligheid is my grootste vereiste.

Groete.

Stefan.

Secunda

Sleep nou

Thu, 10/01/2019 - 07:36

Stefan ek ken nie die oord hopelik sal iemand jou kan help welkom op die forum gesels lekke saam en vertel meer van jou

Bethulie

227rev

Thu, 10/01/2019 - 07:40

Dankie vir die verwelkoming. Ons woon in die Suid Vrystaat. Ons is tent kampeerders. Met Oos London nie te ver van ons nie, gaan kamp ons in daardie omgewing wanneer ons tydjie kry.

Port Elizabeth

Antie

Thu, 10/01/2019 - 07:56

Ek weet Fairhills word bestuur deur Flip & Tilla.   Hulle is al vir jare voltydse kampeerders en het so jaar of twee gelede die bestuur oorgeneem.  Aanvanklik sou dit net vir 'n paar maande gewees het maar ek glo hulle is nog steeds daar.   Omdat hulle tonne ervaring van kamp en oorde het, het hulle Fairhills verander om aan al die behoeftes van kampeerders te voldoen.  Ek glo sekuriteit sal een daarvan wees.  Hul het ook hul eie webtuiste (Flip & Tilla) waar hul inligting oor honderde oorde regoor SA deel.   Ek stel voor jy bel Fairhills en praat met hulle, jy sal beslis betroubare informasie kry.   Fairhills is 'n bekostigbare oord op die Natalse kus.

Centurion

Dusty

Thu, 10/01/2019 - 12:46

Ek weet Fairhills word bestuur deur Flip & Tilla.

 Freda, blykbaar nie meer nie. Ek praat nou van hoorsê.

Ek het al daat verby geloop en wou nog gaan kyk het. Ongelukkig het ek probleme tuis gekry met oorstroming en moer toe vroeer huiswaarts. Van die straat af lyk die plek interessant.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 10/01/2019 - 13:18

Flip hulle het nog hul huis in Brits, was Desember daar om bietjie onderhoud te doen.

Nog nie die jaar met hul gepraat nie, maar ek dink hulle is nog daar by hul huis.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 10/01/2019 - 21:37

Stefan, baie welkom op kampforum.co.za, hoop jy gesêls lekker saam.

Fairhills word nou weer deur die eienaar bestuur, maar jy kan maar gaan, dit is 'n puik veilige oord. Ek praat nou uit Flip en Tilla se monde uit, maar jy kan staat maak dat, as hulle 'n oord hoog aanskryf, is dit so.