Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

43996 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Jolli!    Welkom op… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -20 minutes ago
Dankie vir die verwelkoming… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Jolli Trolli -22 minutes ago
Jolli Trolli baie welkom op… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -26 minutes ago
Jurgens Ci - die waarheid Jurgens Ci- DIE WAARHEID Jolli Trolli -32 minutes ago
Hi Johann,  dankie.  Ek het… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago
Hennie......... Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -1 hour ago
GM ! Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -1 hour ago

Gewig VS Windweerstand

Bethulie
Submitted by 227rev on Fri, 11/01/2019 - 09:59
Forums

Ek het diè vraag al vroeër jare op ander forums gevra en orals rond gevra maar niemand kon my 'n soliede antwoord gee nie. Is daar 'n formule om uit te werk op watter punt gaan 'n ligter hoër sleepwa met windweerstand "swaarder" sleep as 'n swaarder opslaan woonwa wat basies geen windweerstand het nie? Op watter spoed maak dit 'n wesinlike verskil.

Groete.

Stefan.

Brits

wessels

Fri, 11/01/2019 - 11:55

Middag 227rev

Jou vraag kan in uiterse moeilike somme ontaard. Byvoorbeeld, die antwoorde wat jy soek, gaan ook bepaal word deur die hoogte en frontale area van jou sleepvoertuig. Sleep jy met 'n plat kar, of 'n baksteen vorm soos 'n minibus. Hoe definieer jy "swaar"? Soos in moeilik om in pad te hou, of swaar/lig op brandstof.

Wat ek wel weet, wil amper sê, windweerstand van jou gekombineerde sleepkombinasie is die bepalende faktor . Dit is waarom ons "pop up" karavane het. 'n Penta agter 'n Mikrobus sleep baie makliker[brandstof gesproke] as dieselfde Penta agter bv 'n Porche.

As jy oud genoeg is, sal jy die windreflektors onthou wat die ouens op hulle platkarre monteer het om die wind bo oor die woonwa te kaats. Dit was veral gewild in die vroee 70 jare toe petrol begin duur/skaars word het.

Ek het byvoorbeeld 'n leë Ventertjie met hoë tralies agter my Astra gesleep, en kon amper nie wegkom nie. Jy voel sommer die sleur teen 'n bult op.Dieselfde waentjie gelaai agter 'n dubbelkajuit[met kappie], en jy weet nie daarvan nie.

'n Padwoonwa is ook wyer as die gemiddelde sleepvoertuig, wat ook bydra tot frontale windweerstand.

Ingenieurs sal kan verduidelik dat jy effe meer energie gaan benodig om "swaarder" wa aan die beweeg te kry, maar om dit aan die beweeg te hou, verg omtrent net soveel energie[brandstof] as 'n ligte wa. Ons leef  nie in 'n ideale wereld, ons het altyd weerstand, hetsy wind van voor of van kant en rolweerstand op pad met ons.

Jou vraag in 'n neutedop, hoe platter en smaller tov jou sleepvoertuig hoe beter, ongeag spoed.

Hoop dit help

Wessel

Brits

wessels

Fri, 11/01/2019 - 12:01

Middag nuweling

Nou net na jou profiel inskrywing gekyk. Ek lei af , dat jy oorweeg om van sleepwa/tent kamp oor te slaan na iets anders. Hou geduld, hier gaan jy baie raad kry, soms van die wal in die sloot.

Waar kamp julle graag in Oos Kaap??

groete

Wessel 

Brits

wessels

Fri, 11/01/2019 - 14:23

As die begrippe geskei word, kan ons rekkom;

tonnels is maklik bekombaar, leen by boere wat tonnels gebruik, maar wie se wind gaan ons leen??

Wessel

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 11/01/2019 - 14:55

Ek dink op n gelykpad gaan gewig nie so groot rol speel as windweerstand nie, as jy n kontante spoed wil handhaaf met momentum.

Gewig begin werklik eers n groot rol speel teen n opdraende.

Formule weet en nie van nie.

Dalk praat ek nou net bollie, net my siening en ondervinding

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/01/2019 - 15:06

So verstaan ek waar die 227rev vandaan kom

 Nee ek verstaan nog glad nie wat dit beteken nie - maar ek is ook nou nie een van die slimste peanuts in die pakkie nie 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 11/01/2019 - 18:55

Neef weet nie veel van ingewikkelde somme nie, maar gaan die een so vir verduidelik. Laai een ton sement op en ry huistoe, die ou Landrover stap heel rustig teen 100km/h , voel die opdraendes so effe. Anderdag was daar n 5000l watertenk op die bak vasgebind, weeg maar min, dalk 200kg? maar magties dit het amper 2 meter bo die dak uitgesteek en nog weerskante ook n stuk. Die spesifieke dag was daar n fris windjie van voor af. Daai dag was die 50 km plaas toe n ewigheid.

Sou die sement of tenk op n waentjie gelaai was, sou seker dieselfde resultaat gee, of hoe.

Streamline klink n beter ene, en jou vraag op watter spoed die verskil gaan wees gaan ek waag om te se teen spoed waarmee ons beweeg  deesdae, 100 of 120. As jy ossewa ry teen 5km/h, kan jy maar hoog opstapel soos n hooimied, oppv gaan nie pla nie.

Dankie. Dit is die beste antwoord wat ek gekry het en is tevrede daarmee. Ek het vermoed dit is die geval maar wou graag feite (wat ondervinding insluit) gehad het. My pa het baie jare gelede met 'n 1.6 Cortina bakkie sy Camp Pride opslaan woonwa van ongeveer 1800 pond af Natat toe gesleep en terug met nie teveel moeite nie. Ek ry nou 'n 1.6 sedan en my voertuig sukkel nogal met 'n Venter gelaai tot so 550kg. Maar die Venter het 'n "extention" op, wat dit hoog maag en net 'n groot plat stuk blok wat in die wind druk. 

Neef se insetsel bevestig dit dan. Ek sukkel net nog om my brein daarom te kry dat iets ligter mens se voertuig so kan terughou.

Groete.

Stefan.

Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 12/01/2019 - 07:57

Jy sal nie glo, hoe groot verskil maak n "canopy" op n bakkie nie. Veral kleiner bakkies soos n Bantam 1.3 en veral as dit die hoë tiepe is.

Selfs die brandstof vebruik verswak erg. Ek het een op gehad en toe ek die "canopy" afhaal, het dit gevoel asof hy nou n Turbo in het.

Het selfs 1.5 km/L meer gekry met hom.

Middelburg

Noel

Sat, 12/01/2019 - 08:04

Baie waar wat Neef se. Bv my bakkie sleep met boswa en is geen windteenstand as my bakkie sleep met boswa en daktent op. Daktent weeg 60 kg maar die dieselverbruik meer 

Millmerran, AUS.

Meraai vannie Baai

Mon, 14/01/2019 - 05:30

Van gewig weet ek nie veel nie maar kan getuig dat ons nou met die soliede wieletjieshuis baie meer windweerstand ervaar as met die opslaandak ene. Hier in ons geweste is daar road train monsters op die paaie en as so reus met sy 40 wiele verby jou kom ruk jou sleepvoertuig nogals scary.  Meghefter-verslaafde wederhelp spoor toe iets op en nie lank nie toe is die ding op ons motor se dak staangemaak. Nou hoef jy nie meer te klou as die padmonsters aangedreun kom nie. Werk soos 'n bom! 
Ons kon nog nie agterkom dat daar enige brandstofverbetering is nie maar sommige ouens sweer daarby. Vir my wederhelf was die veiligheid en stabiliteit hoofrede vir die toevoeging.
 

Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 14/01/2019 - 08:00

Meraai, daardie meghefter was/word genoem 'n DragFoiler.

Ek het in die vroeë tagtigs begin sleep, en dit was toe vrylik beskikbaar in SA, asook redelik gewild.

Ek het my eerste een saam met een woonwa gesmous toe ek 'n motorwoonwa gekoop het. Die motorwoonwa het toe maar weer 'n karavaanmaatjie gekry onder my afdak, en ek moes weer 'n DragFoiler koop. Gelukkig een raakgeloop wat nie te duur was nie. Ek het dit tot vandag nog, hang in motorhuis - sal dit seker maar eendag moet wegsmyt en die staal gedeeltes herwin vir ander werk!!!!

Wat die voordele is, kan ek net bevestig dat ek, met sekere voertuig en karavaan kombinasies wel brandstofbesparing gehad het, asook daardie beter stabiliteit - PRESIES soos jy beskrywe.

Ek het egter deur die afgelope 8 jaar of so op van die forums agtergekom dat dit is MOEILIK om iets soos dit - wat ONBEKEND is aan die meeste mense - te probeer verduidelik!!!!!

Brits

wessels

Mon, 14/01/2019 - 09:18

more alle kampeerders

daardie winddeflektor op die voertuig in foto van "Merraai van die baai", is presies die ding wat ek na verwys het. Dit gooi die lug in groot mate bo-oor die woonwa, en sorg dat daar minder druk teen voorkant is.

Die rede vir beter stabiliteit is bloot dat soos die wind teen dit vaswaai[druk], daar in praktyk in verhoogde afwaartse druk op sleepvoertuig se agterkant is, wat dit meer stabiel maak.

Willem: Jy is mos oud genoeg om die goete te onthou, of nie.smiley

Wessel