Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57143 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Karoo heel balm is net die… Stof tot nadenke neef Herman -3 minutes ago
Beslis moeite werd en is nie… WilSur se 2011 Exclusive Krag… Noel -7 minutes ago
Ek het nie veel hoop nie,… Kampforum SuperBru Mona -10 minutes ago
Ingrams Kamfer Room Stof tot nadenke Johan K -11 minutes ago
As ek n week lank plakkies… Stof tot nadenke Noel -12 minutes ago
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -31 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -31 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago

TO Strand Desember 2018

Brits
Submitted by Hakaf on Sun, 13/01/2019 - 17:24
Forums

Desember kamp by TO Strand naby Port Edward was een van ons gesin vakansies wat met goeie herrineringe onthou sal word.

Die immer groen gras staanplekke van die prag oord met netjiese ablusie geriewe en lekker vakansie program wat die kinders ook help moeg maak was vir my nog die naaste wat Ek aan ‘n Atkv oord beleef het.

Die park is lekker privaat en publiek kan nie toegang tot oord verkry sonder bespreking of reelings van gas indien hulle by jou kom kuier.

Ons was daar vanaf 22 Desember tot 5 Januarie die weer was maar onweer meeste van die tyd maar tog nie so onaangenaam omdat temprature hier tussen 18-28C gedraai het eintlik heel lekker siende Natal jou kan seer maak oor ‘n Desember as die son dooierus vat.

Kinders is elke dag met Bussie by die karavaan opgetel vir poppekas en weer afgelaai. Hulle het ook zipline gery so elke 2de dag.

Alle vermaak op die oord was ingesluit by die akkomodasie tarief en daar was selfs ‘n aand vertooning van Elizma Theron en Nicolas Louw.

Oord loop uit op lekker Lang swem strand daar is ongelukig nie see uitsig vanaf park maar met die taai Natal het dit my eintlik gepas.

Tariewe vir nie lede het ons op R855.00 per nag uitgewerk.

TO Strand B23

TO swemstrand

Staanplek was B23 en in hierdie blok is die staanplekke lekker groot en nie op mekaar.

Vir die lede wat nog gewonder het julle kan die oord gerus probeer.

 

 

 

google kaart
Centurion

Voortrekker

Sun, 13/01/2019 - 18:46

Vir die lede wat nog gewonder het julle kan die oord gerus probeer.

 Ek dink ons gaan so maak!  Dankie Hakaf vir die deel en mooi foto's smileyyes

Alberton

Tuinslang

Tue, 15/01/2019 - 03:32

Stem 100% saam jou.  Ons het net so bokant jou gestaaan, terras reguit voor jou.  Ek moet bieg, ek nie mal oor die bloktye nie, maar verstaan hoekom dit so gedoen word en dit sal my nie verhoed om terug te gaan nie.  Sal like van ‘n ablusie aanndie bokant ook want daai laaste stukkie opdraende is maar rof in die aand 😂😂😂

Brits

Hakaf

Tue, 15/01/2019 - 07:01

In reply to by Tuinslang

Tuinslang julle was die manne wat so lekker gebraai het elkeen met ‘n stoel weerskant van die braaier.

Ek het nogal van julle staanplek gehou maar ek hoor jou met die opdraende is nogal ‘n ent se loop.

Secunda

Sleep nou

Tue, 15/01/2019 - 07:38

Welkom tuinslang val in en gesels lekke saam hier op n bakgat forum en kamp n hond uit n bos

Die einste wink Aan ons lyfies kon jy seker sien dat oefening nie hoog op die prioriteits lys is nie, so daai stappie af badkamer toe en terug was maar rof gewees!!

Die staanplek was lekke, maar net baie ongelyk.  Ek moes eintlik so meter vorentoe, jou rigting, opgeslaan het, maar dan moes ek die add-a-room skuif asook my braai.wink

Hoe laat het julle weggekom Saterdag?  Daai Vrydag aand se reen het dinge seker maar bietjie moeilik gemaak vir jul?

Tuinslang ek wou ‘n paar keer by julle kom draai want ek kon sien daar word lekker kos gemaak maar wou nie inbraak maak op julle geseligheid.

Nou kan jy nou meer klein wereld nê.

Ons het eers 11:00 die oggend daar weg.

Ek het gelukkig meeste van my goed opgepak was net my rally wat die oggend moes op en die son het darem mooi saam gewerk Hy was uit gebak en droog teen 09:00.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 15/01/2019 - 15:32

Ek sien nou hulle het 'n promosie aan 18-30 April 2019, 13 Dae Kampering vir R3,500.

Jammer dit is nie oor die Skoolvakansie nie, sluit wel die Paasnaweek in.

.

Tuinslang as ons weer sien gaan ons saam Braai ek hou ook van lekker kos maak verseker.

Dalk doen ons nog iewers saam ‘n Kampforum kamp.

Ja ek moes aansoek doen om te speel my vrou altyd bang dit is nie vir almal lekker maar ek het julle cheer gehoor die ander buurman op B24 het ook my aangemoedig Hy self het paar lekker liedjies gespeel.

 

Willem dit is ‘n goeie aanbod daai.

Dit is jammer dat dit nie in die Skool vakansie is.

Dalk moet ek en jy gaan die vrouens kan mos kinders oppas😄