Forums
As Froggy nou weer reg is en hom gedra. gaan ek hom bietjie bederf met nuwe skuif ruite vir die agter deure.
Aan die agterkant is daar niks ruite wat kan oop maak nie (behalwe die agter deure, deur die dag)
Nuutste Forum Insette | onderwerp | deur: |
---|---|---|
Neef ek lees maar gereeld… | Grotte en dinge | Voortrekker -30 minutes ago |
Johann, die "payslip" laat… | Lag 'n slag | Dusty -1 hour ago |
Arie, hoe gaan dit daar by… | Geduld. | Dusty -1 hour ago |
Goeie môre almal. … |
Desember 2019 - Koffiekroeg | Dusty -1 hour ago |
Vat hom | Kamp met.....reen.. | Sleep nou -1 hour ago |
Warren gaan groot | Silly season again... I'… | Sleep nou -1 hour ago |
Petrol dorp | Reën.............. | Sleep nou -1 hour ago |
As Froggy nou weer reg is en hom gedra. gaan ek hom bietjie bederf met nuwe skuif ruite vir die agter deure.
Aan die agterkant is daar niks ruite wat kan oop maak nie (behalwe die agter deure, deur die dag)
Kan nogal werk.
Kan nogal werk.
Adviseer asseblief waar jy…
Adviseer asseblief waar jy jou "awning" geinstalleer het?
Hallo Gudi - baie welkom by…
Hallo Gudi - baie welkom by kampforum!

Nuwe Lid Gudi sê dankie vir aanvaarding
Dankie voortrekker... my droom waar geword... kan ook nou soos Harry Kamp...ek rook nie en drink nie (net coke zero) maar beslis verslaaf aan kamp en tent koop
Gudi
Ek het hom self opgesit.
Het aluminium "extrusion" gekoop per meter by Sunseeker, toe hulle nog n tak in Vereeniging gehad het. Het dit vas ge poprivet deur die staal van die dak. 100mm uitmekaar 4.8mm rivets. Het net stoppers op punte gesit, sodat hy nie uit gly as jy ry nie. Het n Awning aan albei kante.
Het ook dieselfde gedoen vir die kante wat vertikaal is. Het net tou laat insit in die seile op die kante wat daar kon in gly. Ook met skirts dit gedoen
Froggy se begin
So het Froggy reg aan die begin gelyk
Nog Froggy ...
Kliek Hier: FROGGY ARTIKEL
Lekke Harry
Daai skuif ruite gaan n wenner wees Harry welkom Gudi genet jou ry wa ook
Jong... ek het met heimwee…
Jong... ek het met heimwee verlang na die plesier van rustig my karavaan afsleep na die suid kaap nou in desember... ...vir 19 jaar het ek die pad kaap toe aangedurf met Kampioen A, Gypsey Regal en Exclusive ..maar die "motorhome" gee beslis 'n ander ervaring
Pryse.
Ek het orals gesoek vir die agterdeur ruite wat kan oop skuif. Het gegoogle en al waar ek van hulle kon kry, was in Amerika.
Hulle kom in n linkerhand en regterhand. Het geskrik toe ek die prys sien. As ek die dollers om sit in Rand was dit R 8460.00 per stel. Dan moet invoer belasting, asook courier koste bykom. Weet nie wat dit sou kos nie.
Ek het standaard ruite gekoop so 2 jaar terug by Panoramic Windows. Het gedink ek sal hulle vra wat hulle my sal vra om so stel plaaslik te maak. Hulle het vir my n prys gestuur, R 3000.00 vir n stel. Aflewering is 10 tot 15 dae.
Wys jou net, hier in SA kan ons alles maak. Dink hulle kan dalk dink aan uitvoer.
Lekke Froggy
Met daai skuif ruite in ou Froggy gaan julle n hond uit n bos kamp Harry
Harry, ek hoop nie dit is 'n…
Harry, ek hoop nie dit is 'n groter sekuriteits risiko vir jou nie. Destyds het die skelms so ingekom by my Land Cruiser 80, een van die agterste skuif ruite uitgelig, maar ek veronderstel as hulle wil in sal hulle inkom.
Harry hulle het ook my…
Harry hulle het ook my vensters gemaak vir my wa en is baie gelukkig met die werk.
Hi Leeu
Al my kant ruite is ook dieselfde soort skuifruite (dit is nou die wat kan oopmaak)
Dit is maar die standaard ruite wat hulle op die grooter taxi bussie gebruik. Die wat ek in het, lyk nie of jy hulle maklik gaan kan uitlig nie. Maar jy weet wat n skelm kan doen. alles lyk mos veilig.
Soos jy sê, as hulle wil in sal hulle in. Dink die deure slote gaan dalk makliker wees vir hulle.
Froggy is nou al n week in…
Froggy is nou al n week in die hospitaal. Dit neem darem nou te lank. Sal moet gaan kyk of hy nog daar is.
Dalk is die toetsrit van mechanic tot by Hartenbos.
Harry, die long oorplanting…
Harry, die long oorplanting benodig 'n trip Hartenbos toe, jy sal moet daar gaan begin😂
Froggy roep
Harry hoe ver is ou Froggy ek hoor hy roep hy wil pad se kant toe gaan
Shawn.
Het nog niks gehoor nie.
Sal Maandag gaan hoor hoekom vat dit so lank, hoop nie hulle het in die proses iets anders gebreek nie.
hoop nie hulle het in die…
Miskien het hulle gaan kamp met Froggy.
Vra maar afslag
Harry jy moet maar vir hulle se kom maters ek soek afslag julle vat darem lank ja die gewag gaan op ou einde die moeite werd wees