Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -19 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -38 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -38 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Ysmaker

Vereeniging
Submitted by Harry Du Randt on Wed, 16/01/2019 - 20:29
Ek weet meeste mense wat kamp het 'n ysmaker wat hulle saam neem as hulle gaan kamp. Ek doen ook die ysmasjien ding. Ek gooi gewoonlik die ys in 'n "coolerbox" waar die "koeldrank" dan in yswater lê. So hou ek coolerbox dan heeltyd vol met ys. Ek het n grooter ysmasjien asook n klein stainless steel een, wat in Froggy bly. Die twee wat ek het is die "bullet" soort, wat die ronde ys maak met die gat in. Ek het gevind hulle maak n wit ys, wat dan die gas koeldrank laat skuim en oor kook. Wilsur het gesê mens moet gesuiwerde water gebruik, dan is hy meer solied. Die "bullet" ys is ook meer bros en smelt ook gouer. Ek was opsoek na n ysmasjien wat blokkies ys maak en ook n soliede deur skynende ys blokkie maak. Het een bestel en hom vandag gekry en is tans besig om hom te toets. Dit is n ZERO maak. Sal more foto's van my PC plaas.
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 16/01/2019 - 20:51

Sal graag wil sien, wat is sy koste ?

Ja die  gesuiwerde water maak deur skynende ys.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 16/01/2019 - 21:17

Anton in my geval is dit deur my eie filter sisteem by die huis (kombuis) waarop  jaarlikse filter ruil gedoen word.

Hy haal die babers uit die Vaalrivier water smiley

Wilsur hulle seker bietjie duurder as die "Bullet" soort. Was R 3500.00 as jy self gaan optel. Is redelik groot en swaer. Sien Checkers verkoop ook so soort. "Platinum" reeks, soos hulle ander produkte.

Hy het nie n bakkie water waar ronde "probes" in druk wat dan water om "probe" laat vries nie. Die bakkie met baie bewegende parte.

Hierdie een het so aliminium grid (blokkies) wat regop staan, water loop dan heeltyd oor die grid en so bou hy ys op en as dit reg is, word grid warm en blokkies val in bak. Lyk soos waffel wat maklik in stukke breek.

Die ys is solied en deurskynend. Soos gekoopte ys. Lyk ook of hy nie so vinnig smelt soos "bullet" ys nie.

Smaak verskil, ek verkies die soliede ys.


 

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 16/01/2019 - 21:19

Dit is n "ZERO ICE MAKER ZIM 30 CC"

Jy kan hom oop op n water kraan koppel en ook sy eie filter opsit.

Soos ek kan sien het hy geen bewegende parte, behalwe n water pomp nie.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 16/01/2019 - 21:24

Hulle "claim" is 30kg per 24 uur. Dit is seker as jy heeltyd bakkie leeg maak.

Sal sien hoe waar hulle praat.

Gewoonlik as ek net vir twee nagte staan, koop ek maar ys.

Sal hom hier by die kantoor gebruik. Manne gaan nogal deur die ys in die somer.

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 17/01/2019 - 07:48

1

Die ZERO ysmaker

2

Ou masjien regs "bullet" tiepe ys.

3

Die vertikale grid, waaroor die water loop.

4

Die ys blokkies

Secunda

Sleep nou

Thu, 17/01/2019 - 07:52

Kyk Harry jy is reg vir langggg kamp met daai ysmasjiene my masjien se ys raak al hoe kleiner ek dink hy is oppad uit

Pretoria

Slowstrike

Thu, 17/01/2019 - 08:16

Harry

 

As jy water kook en laat afkoel en dan vries is dit so helder en deurskynend soos glas.

My vrou het op `n tyd sulke klein plastiek vlieë kakkerlakke en wurms gekoop wat sy dan in die ysblikkies gevries het. Moet sê die gesigsuitdrukkings wat `n ding oom te aanskou as iemand `n blokkie ys vat uit die ysbucket en hulle sien dit raak.

Groetnis

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 17/01/2019 - 08:29

......die bedoeling van ys is om jou drankie koud te maak, nie om mooi te lyk nie.  As jou ysblokkies te gou smelt, dan drink jy te stadig.

Ek het weer 'n ou "cheepie" Telefunken ysmasjientjie, redelik lig, klein en was goedkoop  -  tans 5 jaar oud en "going strong".  Ek hou weer van ysblokkies met gaatjies in want dit maak die drankie vinniger van binne en van buite koud !

Ai maar ons lewe darem lekker  -  kyk net die lekker toerusting waarmee ons kan gaan kamp, ons kan werklik nie kla oor die ekonomiese treurmare in die land nie.

Ek doen weer nie die "maak my eie ys nie ding nie" alhoewel ek n ysmasjien het wat ek nie gebruik nie.

Ek het n lekker kamp koelboks wat ons gebruik vir die botteljies en blikkies, noem dit sommer maar net die grootmens en kinder drink goed.

Elke oggend gooi ek die water af en gooi sake ys in vir die dag en dan bly alles heerlik koud. As jy nou biki die growwe geskud uithaal dan het jy sommer ys daarvoor ook.

Die kinders love dit om ys te gaan koop want yskoop tyd is roomys tyd, nooit n gemor nie!

Alberton

Tuinslang

Thu, 17/01/2019 - 08:57

Coolerbox StandHi Frikadel,

Ek doen dieselfde.  Het ook 'n redelike groot Coleman waarin ek die verversings insit.  Sussie gaan koop elke oggend ys, en natuurlik roomys, en dit word in die boks gegooi. 

Ek het 'n Cooler Box Stand gekoop wat die boks op staan.  Die emmer pas netjie onder die cooler in en vergemaklik die water aftap en dien sommer as stoorplek vir onder die cooler vir die stock wat nog gedrink moet word

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 17/01/2019 - 08:57

Yvonne wil nie meer vir my gaan ys koop nie en as sy gaan is dit nie net roomys wat sy koop nie.

As ek self gaan kla sy ek vat lank, want ek kyk seker rond by die swembad. smiley

Sussie gaan koop elke oggend ys, en natuurlik roomys, en dit word in die boks gegooi. 

 

Tuinslang, jy sien, die ding van die kinders stuur om te gaan yskoop is n tweeledige voordelige nuttige ding.....

Met die kinders oppad winkel toe kan jy en ma gou die wa biki regpak en skoonmaak binne ens......voor die kinders terugkom.

Time management van die oefening is uiters belangrik as jy verstaan wat ek se. 

Frikadel,

Dit is van kardinale belang dat jy onthou om nie die wasgoedlyn aan die karavaan vas te maak nie, anders gaan die hele oord weet jy en ma is besig met takies in en om die karavaan wink