Kliek Hier vir die opvolg artikels - April 2019 - Jurgens Ci - DIE PLOT VERDIK
Mei 2019- Jurgens is Terug!!!
Met al die onlangse gerugte en publikasies wat rondgaan aangaande Jurgens Ci, het kampforum besluit om self ondersoek in te stel, en die hoorsê en sensasie soekende sosiale media se vele opinies en eise te toets!
Ons hoor gerugte van die Jurgens fabrieke wat toemaak, parte wat onverkrygbaar is en die ondergang van die grootste karavaan en tent vervaardiger in die geskiedenis van Suid Afrika.
Ek persoonlik volg die storie al vandat dit begin vlam vat het en die eerste van vele forum onderwerpe en insette op facebook asook artikels in bekende buitelewe tydskrifte verskyn het.
So wat is die waarheid? Wie kan 'n mens glo?
Ek het die vraag gevra totdat 'n stemmetjie vir my gefluister het een oggend toe ek my oë oop maak - "klim in jou voertuig, ry na hulle fabriek toe en gaan kyk vir jouself..."
Ek het so 'n uur voor ek by die fabriek opgedaag het kontak gemaak met die fabrieks bestuurder, Tian Muller, en hy het my vriendelik uitgenooi en aangedui dat hy my persoonlik vir 'n toer deur die fabriek sal neem.
WOW
Hierdie lyk nie vir my soos 'n fabriek wat toegemaak het nie. Ek het ook nie gedink dat dit so 'n groot fabriek is nie! Die teenwoordigheid van personeel op die vloer wat besig is met vervaardiging en kantore met bestuur - en admin personeel getuig van 'n fabriek wat sterk in besigheid is!
Op my vraag oor hoeveel waens tans geproduseer word, is ek vertel dat hulle 14 per week vervaardig vir die plaaslike mark en dan ook 14 per week wat verpak en uitgevoer word. Produksie is nog nie volspoed nie, want daar word eers gefokus om seker te maak dat kwaliteit van produkte gewaarborg word en die nodige kwaliteit kontroles in plek gesit word voordat bestuur die volstoom knoppie druk.
Die uitvoer waens word Australië toe gestuur , maar ek het ook gehoor dat die kantoor en verspreidings fasiliteit in Duitsland nou gevestig is en dat die een in England in finale proses is. Kwalitiet van toekomstige produkte is dus nie net van belang om die plaaslike verbruiker gerus te stel nie, maar ook belangrik vir die buitelandse markte.
'n Paar splinternuwe CNC masjiene om produksie en kwaliteit te verbeter getuig van 'n fabriek wat groot planne het vir die toekoms!
NUWE ONTWERPE
In hierdie afdeling kon ek ongelukkig nie foto's neem nie, maar ek het die nuwe Penta gesien en was ook op 'n vinnige virtuele toer geneem om die finale produk op rekenaar te besigtig - BAIE NICE!! Ek dink dit is defnitief iets om na uit te sien
JURGENS STEELWORX FABRIEK
Reg langsaan is nog 'n groot fabriek waar al die staalwerk gedoen word.
Hierdie gedeelte is ook lekker bedrywig met vele modelle se onderstelle wat onder produksie is. Ek is baie beindruk!
HERSTEL AFDELING
Herstelwerk op vorige modelle ...
DIE STAND VAN SAKE
Na my toer deur die fabriek het ek 'n kansie gekry om rustig te sit met 'n paar vrae en kan ek namens die eineaar van Jurgens die volgende deel:
Deur die vorige eienaars sedert 2006, het die kwaliteit van Jurgens produkte agteruit gegaan en het vele uitdagings die maatskappy betree. Die probleme met personeel stakings, laer kwalitiet van produkte en onrealisitese produk ontwerpe was iets wat die nuwe huidige eienaar van Jurgens Ci oorgeneem het. Hierdie uitdagings word deur nuwe eienaarskap en huidige herstrukturering van Jurgens Ci aangespreek.
Die tent fabriek in Pinetown ook meer bekend as Howling moon is nog in vol produksie en voorsien tente aan die woonwa fabriek en die kampeer Industrie.
Die veselglas fabriek in Rosslyn bestaan nog en produseer, maar 'n keuse is gemaak om die fabriek oor te skuif na die hoof fabriek in Ga-Rankuwa. Die bykomstighede afdeling (accessories) skuif na Tulisia Park Alberton vir logistieke redes en om die middelpunt daarvan meer sentraal te kan maak.
Wat handelaars aanbetref is die gerugte dat Jurgens Ci net aan hulle eie handelaars voorsien onakuraat en voorsien die fabriek tans produkte aan enige handelaar wat belangstel om 'n verspreider te wees.
Comet in Boksburg is tans onder besigheidsredding. Ander handelaars ooreenskomste is besig om onderhandel te word en sal voorlopig binne die volgende maand of twee bekend gemaak word d.m.v verskeie publikasie kanale. Prestige Safari Centre / Sunseeker handelaars is almal nog in orde en verkoop Jurgens Ci produkte soos normaalweg.
Wat die hofsaak om voorlopige likwidasie aanbetref. Die hofsaak geskied die 6de Febraurie en Jurgens sal dit verdedig om 'n meerderheid ten gunste te verklaar.
DIE TOEKOMS
Die toekoms van Jurgens lyk vir my baie belowend en ek sien 'n maatskappy wat beslis luister na sy verbruikers om 'n produk te kan lewer wat saak maak en gesog is.
Die visie is om 'n groot verskeideneid produkte op die mark te kan plaas d.m.v die Jurgens, Sprite en Gypsey handelsmerke . Ja, Gypsey is weer op die kaarte!
Woonwaens beloof om groter en gemaklike eiland beddens te voorsien saam met groter yskaste en baie pakplek!
Dankie Jurgens dat julle my toegelaat het om julle fasiliteit te besoek en om vir myself te kon vasstel wat die waarheid is agter julle huidige situasie asook julle vooruitsigte.
Alles van die beste vir julle en ek hoop om binnekort weer 'n besoek af te lê om julle vordering waar te neem.
Groete - Anton Louw anton@kampforum.co.za
Dankie vir die pragtige…
Dankie vir die pragtige terugvoer Anton!
Ek hoop dat almal wat hulle verlustig in die "ondergang" nou hulle trots in die sak steek.
Ek hoop dat die JCI bestuur 'n goeie les in Bemarking & Publisiteit 101 geleer het en gouer eerder as later informasie deurgee.
Groete,
Jacques
Ja, BAIE dankie Anton vir…
Ja, BAIE dankie Anton vir die verslag (hoekom het jy my nie saam gevat nie ?)
Ek self was al twee keer deur die fabriek en het ook destyds die Elegance eers op CAD gesien en toe die eerste een wat van die vloer afgekom het.
Ek is regtig bly hulle vorder so goed !!!
Dankie Anton PS - met so 'n…
Dankie Anton
PS - met so 'n rubriek onder die belt gaan Beeld jou beslis 'n offer maak
Jurgens
Interessant. Dit sal goeie nuus wees as dit waar is, maar alles is nie so klopdisselboom nie. Ek was vanoggend by 'n Safari Centre wat probeer het om pryse van parte en seile te kry vir 'n versekeringseis se kwotasie. Tydens die ongeveer 30 minute wat ek daar was het nie Jurgens of Howling Moon hulle telefone geantwoord nie. Volgens die verkoopspersoneel gaan dit al vir maande so.
Ek glo die skrywer van die artikel se weergawe, maar dit strook nie met wat ek self gehoor het vandag nie. Daar is definitief nog probleme.
Welkom hier op ons Kampforum…
Welkom hier op ons Kampforum Paul Muller.
Ek glo wat Anton (die eienaar van dié Kampforum) geskryf het is soos hy dit by die senior personeel "fabrieks bestuurder, Tian Muller" gekry het.
Hoop jy het aangesluit om ook julle ervarings en geselsies met ons te deel.
Hallo Paul ! Baie welkom by…
Hallo Paul ! Baie welkom by kampforum en baie dankie vir jou inset. Ek gaan beslis opvolg met Jurgens oor dit wat jy hier genoem het en sal terugvoering gee. In my skrywe wil ek nie voorgee dat dinge weer 100% is by Jurgens nie, maar d.m.v herstrukturering en die bevestiging van nuwe verspreider en handels ooreenkomste glo ek hulle is hard besig om dinge weer in plek te sit ? Ek glo hierdie is maar een van die eerstes en dat ons weer sal gaan pruk , vrae vra en sien hoe dinge vorder.
Weereens dankie dat jy jou ervaring hier met ons kom deel het, en soos Willem genoem het hoop ons om nog baie van jou te hoor
Anton, dankie dat jy die…
Anton, dankie dat jy die moeite gedoen het. Ek kan net glo dat Jurgens weer goed bedrywig gaan word. Dit is nie goed wanneer enige besigheid vou nie.
Nog foto's
dankie dat jy die moeite…
Ek moes na die stemmetjie geluister het
Dankie vir die kompliment JaquesR
Ek lees nou al die…
Ek lees nou al die kommentare op FB en iets wat vir my opvallend is, is die verwarring wat daar is asgevolg van wat ek hierbo geskryf het. Die vraag wat baie by my opgekom het vandag was hoekom daar mense en handelaars is wat gerugte versprei dat die fabriek toegemaak is ens? Ek het ook die gerugte gehoor en juis daarom besluit om self te gaan kyk wat aangaan.
Daar kan natuurlik verskeie redes wees hiervoor. Maar dit voel vir my so al asof mense nogal daarvan hou om die ou wat onder lê nog verder ondertoe te skop? Dit het my nogal laat dink aan die storie wat Arie vir ons vertel het oor lewenslesse -
Lees dit gerus hier op kampforum: LEWENSLESSE
Dit kan ook wees dat daar van die handelaars en ander partye is wat graag wil hé dat Jurgens moet ondergaan sodat hulle dalk iemand anders se produkte en besighede kan laat floreer?
Dan nog iets wat sekerlik kan bydrae lewer tot misverstande en verwarring is die gebrek aan kommunikasie of die afbreek daarvan asgevolg van die geskiedenis en situasie van waaruit Jurgens nou moet opstaan. Dit is moontlik dat die kommunikasie kanale tussen verskeie handelaars en Jurgens Ci glad nie meer bestaan nie, watookal die redes daarvoor kan wees?
Wat ek wel verstaan, en dit word duidelik gemaak in my berig hierbo, is dat Jurgens Ci besig is om weer verspreider en handelaar ooreenkomste te vestig!
Ek is.................
...............verheug om hierdie "ondersoekende joernalis" van Kampforum se verslag te lees. Baie dankie Anton !
Soos ek al vantevore gespog het, dis nou die 50ste jaar wat ek nog elke dag 'n Ci- of Jurgens-produk op my werf gehad het en dit sou vir my baie tragies gewees het as so 'n onderneming in my 50ste jaar van eienaarskap moes ondergaan.
Anton, jy het nou jou voet by JurgensCi in die deur en my raad aan JurgensCi sal wees (en ek sien jy raak reeds daaraan hierbo) :- Knap julle kommunikasie met die kamperingbedryf drasties op. Kry 'n amptelike woordvoerder (en/of Kommunikasiebestuurder) vir die maatskappy en PRAAT met die media, handelaars, verskaffers en kliënte. 'n Beginpunt kan wees 'n interaktiewe webwerf wat opdatum gehou word met daagliks beantwoording van navrae.
Anton, baie dankie vir jou…
Anton, baie dankie vir jou moeite en ook hierdie uiters goeie nuus artikel.
Ek is nie in die mark nie, maar dit was 'n bitter pil om te sluk dat ons gunsteling karavaan aan die einde van die pad gekom het,. En... dat dit alles net 'n tipiese romour was, iets wat besig is om ook ons pragtige land te probeer af takel.
Ek is verheug dat Jurgens aan gaan, en is vol moed dat Jurgens die hof saak ook gaan wen👍
en is vol moed dat Jurgens…
Johann ek sien defnitief nie 'n maatskappy wat tou ingegooi het nie, maar een wat beplan vir die toekoms en planne maak om vooruit te gaan. Ek wens hulle ook sterkte toe met die hofsake wat voorlê.
Ek stem Anton. Ek wonder…
Ek stem Anton.
Ek wonder wat se genot mense daaruit put om sulke twak rumours te versprei, ek het juis oor sulke politieke twak my ou fb toe genaak, 'n nuwe een begin, maar is amper te bang om gereeld in te gaan.
Jurgens gaan pak slae uit deel (figuurlik gesproke)
Wys jou net, Dankie vir die…
Wys jou net,
Dankie vir die speur werk.
Ek hoop nie dat hulle,…
Ek hoop nie dat hulle, Jurgens Ci fabriek skoon gemaak het soos die fabrieke kort voor 'n Nosa besoek nie.
Ek hoop nie dat hulle,…
Hehe - nee ek glo darem nie. Ek het geskakel en in die kar geklim en dadelik gery - so 50 km van my huis af en was binne 'n uur daar
Hierdie is regtig `n…
Hierdie is regtig `n uitstekende artikel en ek wens Jurgens alle voorspoed toe. Ek kyk die bou proses fotos so en dink by myself:
Iets wat dit regtig radikaal anders vir my sal maak in `n Jurgens wa is nie `n nuwe shape of so iets nie maar meer die intern, as die hout in die bouproses van die dop met iets anders vervang word met byvoorbeeld `n tipe platiek, carbon fibre of so iets.
Anton thanks
Anton dankie vir jou moeite en nou sal ek wag vir my Sprite Swing dis goeie nuus vir die bedryf hoop Howling moon vang ook spoed en versprei weer sy produkte
`n tipe platiek, carbon…
Asseblief Tian (jurgens fabrieks bestuurder) moet my nie skiet nie!
Gees, ek het moontlik gister so iets gesien, maar mag nie foto's geneem het of te veel sê nie. Dit was wel nie carbon fibre nie - dink dit sal dalk te duur wees?