Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53679 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Willem, ek verstaan nie mooi… Kampforum & CCSA Suidrand… neef Herman -4 hours ago
Dankie Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -3 hours ago
Willem, ek moet seker eers… WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Voortrekker -7 hours ago
Anton, gaan jy vir ons… WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Willem Brits -7 hours ago
Ek kyk van gister af op die… Kampforum & CCSA Suidrand… Willem Brits -8 hours ago
Ek kla nie maklik nie en pas… Kampforum & CCSA Suidrand… Noel -8 hours ago
Wit leeus Aasvoëlkrans "Predator… Voortrekker -8 hours ago

Elektriese "movers"

Brits
Submitted by wessels on Mon, 21/01/2019 - 08:26
Forums

More Kampeerders

Na aanleiding van Hennie se draad oor sy woonwa-aandryf masjien.

Ek het soos genoem 'n gemotoriseerde neuswiel saam met my woonwa gekry. Ongelukkig is die naamplaatjie al af, maar internet is vrygewig met info 

Volgens die fotos op die internet is dit iets met die name Trojan, Biltek of Stark. Ek het die vorige eienaar gekontak om te hoor waar en by wie hy dit gekoop het.

Word vanaf die wa se battery van krag voorsien, en mens stuur dit met 'n handvatsel. Dit werk baie lekker met sy bree wiel, selfs teen redelike skuinstes, as dit geplavei is.

Groete

Wessel

 

Brits

wessels

Mon, 21/01/2019 - 09:14

More Hennie??

Ek sal probeer onthou om vanaand 'n foto te neem, maar dit lyk 99% soos die Biltek mover op die internet. Vorige eienaar het nounet laat weet, hy het dit via iemand op Middelbrg gekoop wat dit uit VSA ingevoer het.

Groete

Wessel

Roodepoort

HennieBo

Mon, 21/01/2019 - 09:27

Biltek mover op die internet.

Wessel, daai Biltek is nogal 'n stywe bedraggie. Daar is 'n man in PTA wat vir my vriend 'n soortgelyke een gebou het met 'n winch en dit het maar R5500 gekos. Gebruik ook die karavaan se battery.

Groete Hennie

Brits

wessels

Mon, 21/01/2019 - 12:20

Middag Leeu

Nee, ek het gou weer op internet gaan kyk. 

as jy Biltek mini mover google, gaan jy 'n webblad vind "wantitall" Daar adverteer hulle die ene wat soos myne lyk.

Groete

Wessel

 

Brits

wessels

Mon, 21/01/2019 - 12:41

Middag vriende

Ek is nou lekker verward. Volgens google is daar omtrent 'n identiese produk beskikbaar met die naam STARK- movers.

Biltek en Stark na my mening is dieselfde ding, hang net af deur wie mens dit inkoop. Die vraag is net,  watter plaaslike verspreider ondersteun die produkte?

Groete

Wessel  

Middelburg. Mphumala

Pieter Kotze

Wed, 12/06/2019 - 10:48

Goeie more,

Wat is word die  afstand tussen die "Tyre" en die dryf wiel van die mover gestel wat die wiel aandryf. Ek vind dat die dryf wiel wat teen die "tyre" druk partykeer gly. Ek het dit op 20mm gestel, maar is te bang om dit te naby te stel. Ek weet nie hoe verander die afstand wanneer jy sleep nie. Sal jul insette waardeer.

Dankie.

 

Brits

wessels

Wed, 12/06/2019 - 11:36

Middag Pieter

Maak net doodseker van die afstande en die beweging van jou wiel weens suspensie beweging. Sommige waens se wiel beweeg na agter, en as jou aandryfwiel te naby sit, kan die band daaraan raak as jy 'n gat tref of te swaar laai. Dit kan dalk veroorsaak dat jy bandskade kan ontwikkel.

Verneem asb by die manne wat die goete gebruik.

Groete

 

Middelburg

Noel

Wed, 12/06/2019 - 11:50

Stem met Wessel. Ek het my karavaan se mover gestel op die maksimuim 19mm en maak seker dat die mover nie gly van die band nie. Die omwetenling van die band is nie 100% pressies nie. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 12/06/2019 - 14:04

Die Powrtoch is ook 19mm.

My voorstel is as jou wa staan en hy is gelaai, dan moet jy hom stel.

Band druk kan ook 'n groot rol speel, ek pomp die karavaan bande tussen 3.0 en 3.5Bar afhangende wanneer en waar heen ek ry. (en hoe ek voel wink)