Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -9 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -12 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -23 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -34 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -46 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -47 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -50 minutes ago

Single Phase Automatic Voltage Stabilizer

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Mon, 21/01/2019 - 18:44
Forums

Na my ondervinding by die Eiland (gelukkig het ek geen skade gekry nie maar die buurman wel) kyk en iets om die krag meer stabiel te hou, dit sal dan ook help by plekke waar jy "load shedding" kry.

Hoop hier is iemand wat my kan help.

Ek het die by Communica gesien ?

3000VA Single Phase Automatic Voltage Stabilizer with Input:180~250VAC and Output:220VAC [VOLTAGE STAB 3000VA]

Overview

An Automatic Voltage Stabilizer also known as an AVS, voltage regulator or voltage converter is an electrical control device designed to maintain specific voltage levels automatically. Application: Computers, Laboratories, Factories, Electrical Machinery

Features

  • Single Phase in - Single Phase Out
  • High Precision
  • Fully Automatic
  • Analog Display
  • Variac Design
  • Minimal Output Wave Distortion
  • Compact Size & Lightweight
  • High Efficiency
  • Overload Protection
  • Accepts 20% Voltage Variations

Specifications

  • Input voltage range : 220V ±20%
  • Output voltage range : 220V ±5% (can be set)
  • Frequency range : 50Hz - 60Hz
  • Regulated precsion : appr. (1 - 5)% can be set
  • Responding time : <0.5s
  • Efficiency : <98%
  • Ambient temperature : 0~40°C
  • Relative humidity : 90%
  • Withstand voltage surges : 1500VAC
  • Insulation resistance : >5M ohm
  • Dimensions (D x W x H) : 290 x 240 x 250

Additional Information

Power 3000VA
Input 180 to 250 VAC
Output 220VAC
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 21/01/2019 - 20:01

................geen kenner van die onderwerp nie, maar my leke kommentaar is die volgende :-

  • Die ding is te groot en lomp om saam te neem op 'n kamp-ekspidisie
  • Kan 'n mens nie maar eerder die eenvoudige Ellies "spike"/weerlig "protector" gebruik waar jou kragstroom die karavaan binnekom nie ?  Omdat die "protector" die gees gee na 'n "spike" of weerligstraal, kan jy mos 'n 2de een in voorraad hou om die flenters een te vervang  -  dis redelik goedkoop.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 21/01/2019 - 20:41

Ek hoor jou Len, maar die probleem kom as die krag toevoer so sê 150vAc of dan 260vAc deur kom, dan sal daai "spike protektor" nie help nie.  My buurman het groot skade gekry by die Eiland, selfs sy foon se battery het geswel.

As ek na die een hie bo kyk is hy nie so groot nie, 290 x 250 x 250.

Bygesê as dit die regte ding is ?

Willem

Afhangende wat  jy soek kan jy by Builders so iets koop (Ellies), dink hulle doen een vir yskaste asook een vir bv TVs. Die gedoente trip as die spanning bo of onder sekere thresholds gaan, ook as die krag heeltemal afgaan. As die krag bv weer  binne perke is of weer aankom (dis nou die buite toevoer) is daar 'n tydsverloop voordat die eenheid weer die krag na die yskas of TV aanskakel (dis om pieke en "ripples" tydens aanskakel/herstel uit te skakel want dis die goed (ook sg. voltage surge) wat jou toerusting seermaak. Die Ellies outjie kan egter slegs 5 A of so hanteer. In die besigheids park langs die SA Munt is daar ook 'n plek Clearline wat groter eenhede maak, van hulle prop mens sommer soos 'n 3-pen prop in, ander kan jy inbedraad, hulle web blad is https://surgeprotection…, fisiese adres is 385 Roan Crescent
Corporate Park North
(Old Pretoria Road)
Randjespark Ext. 124
Midrand

Hoop dit help

PS. Mens moet noudat beurtkrag terug is sommer ook iets op jou huis yskaste sit, ek het juis ene se elektronika bord verloor agv dit...

Willem

Wil net byvoeg die goed waarna ek verwys is NIE die surge protector wat eintlik maar net 'n weerlig beskermer is nie!, Weet nie wat die Ellies ene nou kos nie maar die Clearline ene (dink daar is een wat iets soos 15 of 20 A hanteer) is sowat R600, en dan opwaarts hoe groter jy wil gaan.

Middelburg

Noel

Mon, 21/01/2019 - 22:24

Daar is ook goedkoper manier om jou toerusting of equipment te beskerm teen hoe spanning of lae spanning. Installeer Under /Over voltage single phase monitor.  Stel die monitor  - 10% under en +10% over dws indien die krag laer as 200 v en hoer as 247 v gaan sal krag uitgooi om die toerusting  of equipment te beskerm. Kan die monitor en base by enige elektriese handelaars te kry.

Middelburg

Noel

Mon, 21/01/2019 - 23:02

Harry, UPS is gemaak van klomp  kapisitors en batterye om backup te gee vir kragonderbrekings  vir kort tydperk tot genie loop. Dit is ideal vir severs en rekenaars. Die monitor wat ek noem sal nie meer as R500 kos nie. Ek sal eerder ure sonder krag sit as die eguipment wat beskadig is van onstabiele spanning.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 22/01/2019 - 09:27

Noel, tx

Kan die monitor en base by enige elektriese handelaars te kry.

Kan jy my asb. help met meer inligting soos naam want ek weet nie wat om te voor te vra nie.

Groot Wind, tx

Ek het vir Clear Line 'n e-pos gestuur.

Middelburg

Noel

Tue, 22/01/2019 - 09:50

Willem, kan by AC/DC handelaars kry. Vra 220V Single phase Over/Under voltage monitor. Die monitor het 2 verstellings: 1 vir Over voltage  en ander 1 vir Under voltage en elke verstelling het rooi liggie. Tussen die 2 verstellings in die middel is daar groen liggie. Wanneer groen liggie brand dui aan die krag is normal. Wanneer 1 van die verstelling se rooi liggie brand sal groen lig afgaan en dan dui die krag is abnormal of af is en sal die kring van lewendige krag (live) breek. Onthou die base van die monitor om drade te koppel. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 22/01/2019 - 12:15

Ek het antwoord gekry op my e-pos.  Hierdie lyk na 'n werkbare en bekostigbare opsie ?

.

Middelburg

Noel

Tue, 22/01/2019 - 14:26

Wow Willem, dit is nog beter en het meer beskerming voordele. Dit is ideal vir die karavaan. Die monitor wat ek genoem het, het beskerming van spike en asook die backup spanning by die neutral. Dankie Willem en sal ook vir my kry. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 23/01/2019 - 08:27

Ek het dié een se inligting vir hom gestuur.

3000VA Single Phase Automatic Voltage Stabilizer with Input:180~250VAC and Output:220VAC [VOLTAGE STAB 3000VA]

Dit is wat Christiaan Rabie vir my in sy e-pos gesê het.  

We do have something more affordable which will in my view be equally effective (see attached). Will set you back around R440. 

ACDC Express, Christiaan Rabie - chrisr@acdcexpress.com

My terug vraag aan hom was:

Soos ek jou verstaan kan ek hierdie eenheid koppel aan die totale inkomende krag wat dan al die een hede sal beskerem wat ek in die karavaan gebruik ?

Sy andwoord daarop was:

Korrek Willem. Die ouens koppel hierdie ook tussen hulle generators en huise tydens "load shedding". Soos jy weet is 'n generator se krag maar aan die vuilerige kant (spring maar op en af soos jy toerusting aan en af sit). 

 

Die verskil tussen hierdie begrotings model en jou meer gevorderde eenhede is dat hierdie een se grense (parameters) vooraf vasgestel is en nie verander kan word nie. Jou gevorderde modelle kan jy gewoonlik jou boonste en onderste limiete self stel  met baie fyn marges. So, hulle is baie geskik vir duur en sensitiewe toerusting soos rekenaar servers ens, maar kom met 'n stewige prys premie (bv die Innivolt PM16 16A sal jou so R3500+ uit die sak jaag).

 

Vir die doeleindes wat jy dit benodig (TVs, Yskaste....) is hierdie een klop disselboom

 

Thx Willem, dis basies dieselfde wat die Clearline eenheid doen (as ek reg onthou het hulle twee weergawes gehad, een wat basies reeds 'n 3-punt prop en socket kant het, so jy propo hom bloot in tussend die inkomende prop en die yskas (bv) se prop. Die ender ene moet hard-bedraad word en is meer geskik om bv tussen die karavaan se inkomende lyn en die karavaan self te wees. Ek gebruik ook een van daai rooi proppe met die LEDs wat jy by enige builders kan koop, prop hom dadelik in by die park se krag om te sien of die polariteite reg is en of die aarde wel daar is...indien wel sal ek die karavaan inprop, indien nie is daar 'n klein "gesprekkie" met die kamp bestuur en 'n vriendelike versoek om asb SSM die fout te korrigeer (doen uiteraard niks vir surges en wisselende spannings nie maar wys minstens of die basiese goed reg is). 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 23/01/2019 - 13:28

Dankie wind, ja ek sal vir my ook een van daai rooi proppe kry.  Het by die Eiland gesien die ou wat die baie skade gehad het se broer het syne kom in prop om te kyk.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/03/2019 - 14:03

Johann, het jy nie eerder so iets nodig nie ?

 

.

Ek moet vir my nog een kry vir die karavaan en ook vir die huis.

Ek het my 500 watt inverter daar in VD Hoff gekoop.  Miskien moet ek hom ook koppel ss ek weer langpad gaan sleep ?

(Het al vergeet van dié inligting)

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 19/03/2019 - 18:52

Willem, ek het gekyk na 'n tipe van "uniterrupted power supply" na my yskas (nie 'n rekenaar ups nie), en toe besluit om 'n inverter direk op die karavaan se batery te koppel. Op die manier slaan ek twee vlië met een klap. Eerstens, al gaan die krag af, is die yskas steeds aan, en tweedens, as ek ver sleep, het ek steeds die voordeel van 'n koue yskas.

My enigste kommer tans is, sal die inverter nie die batery dood trek na 'n lang dag se sleep sessie nie? (Ek sleep nooit meer as 500 Km nie, maar, dit kan 'n vol dag neem)

Ek toets die inverter nou al van Saterdag af, en daar is nog geen teken van hitte nie, al wat vir my belangrik is op my wa, is die yskas wat van 220v afhanklik is.

Wat ek ook nog oorweeg, is om soos Dassie te maak, hy het krag van die sleepvoertuig, na sy karavaan aan gelê, maar steeds is ek bang, dat die batery nie gaan hou nie?

Goed, dit gesê, die eenheid wat jy en Noel na kyk, sal dit vir my 'n "ups" funksie gee, of is die doel hiervan meer om krag toevoer se wisseling teen te werk?

Indien so, kan ek dit gerus ook oorweeg om die totale vloei van krag te beskerm? 

Weet nie, dalk gaan haal ek die ongebore bobejaantjie agter die  buld uit😂