Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -7 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -9 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -10 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -11 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -11 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -11 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Koolfrikkadelle

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Mon, 28/01/2019 - 19:56
Forums

Annerhelfte sê :-

  • Berei genoeg rou frikkadelle voor
  • Maak koolblare los en gooi in pot met warm water  -  kook miskien vir nie langer as 1 minuut nie, net om die koolblare sag te maak
  • Rol 'n koolblaar om elke frikkadel
  • Voeg sout en ander goetertjies na smaak op die koolblare
  • Bak in oond vir 'n uur op 180º met deksel op pot. 
  • Haal deksel af en bak 'n bietjie bruin.
  • As jy 'n sousie wil byvoeg, los 'n pakkie soppoeier op en gooi bo-oor.
Port Elizabeth

Antie

Mon, 28/01/2019 - 20:17

Koolfrikadelle is heerlik, fancy genoeg om vir gaste voor te sit sonder dat dit jou sak ruk.   Wat ook goed werk daarmee saam, maak die volgende kerriesous en bak die frikadelle daarin.

In 'n mengbak, meng halwe koppie meel, 1 teelepel sout en 2 eetlepels kerriepoeier.   Meng 4 koppies water stadig by, terwyl jy dit aanmekaar klits om 'n sous te vorm.   Voeg 1 koppie blatjang by.

Smelt 4 eetlepels botter in 'n pan, voeg 1 gesnipperde ui by en braai liggies.  Voeg sousmengsel by en verhit tot sous dikkerig raak.   Gooi die sous oor die koolfrikadelle en bak in oond.