Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -8 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -10 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -10 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -11 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -12 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -12 hours ago

Willem se Blinders

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Thu, 31/01/2019 - 10:16
Forums

Julle sal onthou ek het op Len se draad "Outsurance ?" genoem van die blinder skade.

Het met die hael laas jaar Absa huis versekering geskakel om die blinders aan die Suide kant wat beskadig is te vervang, assessor was hier en toe draai dit, later kom Absa terug en sê daai blinders en skadunette word nie gedek nie.

Ek het toe by my kort versekering by KP (King Price) gaan aanklop en hulle het die eis geregistreer en gevra vir 'n kwotasie.  Ek het soos altyd maar 3 gekry, die ouens wat dit destyds vir my opgesit het se nommer wys nog op "True Caller" dit is hy maar ek kry 'n stem toon wat sê die nommer bestaan nie meer nie.

Ek het vanoggend die 3 kwotasies deur gestuur en hou nou duim vas.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 31/01/2019 - 10:21

Dit is hoe dit gelyk het na die eerste hael skade.

.

.

Nou lyk dit so na die Desember vakansie wat ons weg was.

.

.

Die goedkoopste was R9,750 dan R11,270 en R15,790.

Die hoogste ouens reken dat "canves" beter is as "ripstop" maar kos so ietwat meer R16,975.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 31/01/2019 - 10:29

Sterkte Willem, ek het ook onlangs, na baie jare by A & G oor gegaan na King Price. 

Ek hou die draad dop👍

Nog nooit enige probleme met A & G gehad nie, maar ek ''shop" jaarliks rond, en KP was meer as 'n R1000.00 per maand laer as A & G.

Centurion

Voortrekker

Thu, 31/01/2019 - 10:53

King Price het my vriend lekker ingedoen nadat iemand voor hom ingery het oor 'n rooi lig.  Sy BMW afgeskryf en hulle gaan nie betaal nie, nou al 2 jaar en hofsaak later en hy het nie gewen nie. Moet nou die regskostes ook betaal en die voertuig staan by sy huis en word nou vir scrap verkoop. surprise

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 31/01/2019 - 14:13

Dalk betaal ek 'n bietjie (dalk heelwat) meer, maar ai ek loop al vir bykans 40 jaar onder my geel sambreeltjie. En het nog nooit 'n tiekie se probleme gehad nie.

Nou nie dat ek beweer dat andere wat onder "ander kleur sambrele" loop noodwendig probleme ervaar nie. 

Ek geniet King Price se humoristiese advertensies, wil die horries kry oor Outsurance se holgug-geryde advertensies, luister met amperse afgryse oor kennisse se ervarings met verskeie ander versekeraars. Maar ek voel totaal op my gemak onder die geel sambreel.

Dalk betaal ek 'n bietjie (dalk heelwat) meer, maar ai ek loop al vir bykans 40 jaar onder my geel sambreeltjie. En het nog nooit 'n tiekie se probleme gehad nie.

 Ek het teen die einde van verlede jaar kwotasies gekry by Outsurance en Verseker.  In beide gevalle sou ek minder as 10% gespaar op my huidige maandelikse premie.  Omdat ek nog nooit probleme ervaar het met 'n eis by die geel sambreel mense nie, was die kool net nie vir my die sous werd nie, en het ek maar gebly waar ek was.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 14/05/2019 - 08:05

Ek het vergeet om terugvoering te gee, ja King Price het toe vir my die hoogste koste uitbetaal en ek het dit toe laat vervang en is baie tegrede.

Ek wil nou my huis versekering ook skuif van Absa af want ek het nog elke keer gesukkel met hulle.  Selfs nou dat ek wil kanseleer soek hulle die oorspronklikke polis nie net die nodige nommers nie.  Hy is juis nou weer reg op vir die volgende jaar hernu te word.

Maar dit is hoe dit nou lyk.

.
Die venster gedeelte is net groter.

.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/05/2019 - 09:11

......mooi Willem !

Absa Versekering :  Absa het hul versekering-been 'n tydjie gelede aan PSG verkoop.  Dit is dus nie meer Absa Versekering nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 24/05/2019 - 15:28

Ek gebruik sommer hierdie draad want dit is steeds met Absa.

Gister gesien die geyser lek water uit die opvang bak.  Bel Absa en skierlik wonder ek hoekom wil ek skuif behalwe vir die koste.  Gister middag om die ouens van ER hier naby, hulle vervang die geyser.  Maar die versekering vereis hulle moet 'n ander een insit, nie die Kwik een nie.  Toe hulle klaar is sê die een ou hulle kon nie die GeyserWize koppel nie want die koppelings verskil maar hulle sal dit vanoggend kon doen.  Vanmiddag bel ek hulle om te hoor waar is hulle, geen antwoord en ek los 'n boodskap.

Besluit om Absa te kontak, gee al die jodige inligting, ek verduidelik my probleem, die dame sê hou aan, na 'n ewigheid vra die man my weer vir my inligting, waarmee kan hy help, verduidelik weer als.  Jammer sê hy die GeyserWize is nie deel van die dekking nie sad

Ek noem toe dat die een badkamer se plafon ook beskadig is.  Daar was niks tot die ouens die geyser begin leeg maak sien Surette daar is 'n groot nat kol in die een badkamer se plafon.  Wel sê Absa, ja die loodgietters het dir geraporteer maar daar is weer 'n bybetaling vir die plafon sad

Moerig groet ek, nou wag ek vir die ouens om te kom kyk na die plafon.  Nou wonder ek is die skade nie aangerig toe hulle die geyser leeg gemaak het nie ?

Ek is goed af-ge-pee met Absa.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 25/05/2019 - 09:47

Laat gistermiddag kom ER toe hier aan met die nuwe termostaat en koppel als soos dit was en nou werk die GeyserWize weer soos voorheen.

Later kry ek 'n oproep van 'n dame wat sê die assessor sal Maandag oggend 09:00 hier wees om na die plafon te kyk.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 25/05/2019 - 15:01

Willem, dis altyd 'n tragedie as 'n diensverskaffer 'n mens in die steek laat.  In die lig van jou kommentaar hierbo dat jy sukkel met ABSA en jou versekering, wonder ek net oor die volgende :-

ABSA het vir jare twee versekering tipes gehad :-

  • ABSA Versekeringsmaatskappy wat gebou-strukture (gewoonlik onder verband by ABSA) verseker het.  In 2016 het ABSA hierdie maatskappy en poliskontrakte aan Santam verkoop
  • Absa Versekerings- en Finansiële Adviseurs Edms Beperk wat as korttermyn versekeringsmakelaars opgetree het.  Hierdie hele makelaarsbesigheid en bestaande poliskontrakte is aan PSG verkoop

Ek wonder of jou gesukkel nie iets te make het met die oordrag van Absa se versekeringsbesighede aan ander instansies nie.

Al my korttermyn-versekering (huis, voertuie, persoonlike besittings, net mooi alles) was nog al die jare by Absa as my makelaar en by Santam as die onderskrywer geplaas.  Ek is ook nie gelukkig vandat PSG nou skielik my makelaar geword het nie en is ook besig om 'n alternatiewe makelaarsfirma te soek. Ek wil graag Satam as my versekerig-onderskrywer behou, maar soek 'n makelaarsfirma wat my belange by die ondersrywer sal beskerm en namens my optree.  Ek kyk tans na APBCO Brokers met hul hoofkantoor in Lynnwood, Pretoria.  Hulle het ook 'n streekkantoor hier by ons in Durbanville.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 25/05/2019 - 15:58

Len, ja ek weet nie.  Die een SMS wat ek gekry het sê "ABSA Insurance Company Limited has invited you to view your ptoperty loss online ....".  Die ander SMS sê "Regards, FOGI"

So, ja ek weet nie.

Ek wil graag Satam as my versekerig-onderskrywer behou, maar soek 'n makelaarsfirma wat my belange by die ondersrywer sal beskerm en namens my optree. 

Oorweeg gerus ook Bellryck makelaars. Hulle is sommer daar naby jou in Bellville. Ek is al jare by hulle en kan net met lof van hulle praat. 

Waar my wa staan

Arie

Sun, 26/05/2019 - 12:39

Ek wil graag komentaar lewer op Anton se vriend met die BMW.

As die versekeraar weier om te betaal sal daar goeie rede voor wees. As hulle weier om te betaal en alles aan jou kant is reg, dan is mens baie dom om dit so te aanvaar. Daar is ń ombudsman wat jou gratis sal bystaan anders is daar howe wat hulle sal dwing om wel te betaal.

Ek het die Geelsambreel suksesvol hof toe geneem. Hulle klient het in my vrou se motor vasgery. Ek wou nie by my versekeraar eis nie en het toe direk deur hulle klient by hulle ge-eis.

Hulle besluit toe om my vrou se motor af te skryf en ons minimaal uit te betaal. Die hof het in ons guns beslis en Geel sambreel moes toe ook die regs kosye betaal.

Nee Anton as jou vriend se kant skoon is moet hy dit beslis nie daar laat nie.

Ongelukig word baie verseketaars veroordeel omdat hulle ń eis afwys, gewoonlik is dit maat die versekerde wat nie sy lolis mooi gees het of dalk nie heeltemaal eerlik was nie?