Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -1 minute ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago

Slange en katte.

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Thu, 07/02/2019 - 18:01
Forums

Vandag het hier by ons n skrik homself herhaal wat vertel moet word. 

So klompie jare gelede staan Von een nag op en stap om ons bed na die bad kamer toe.  Die ligte was almal af, maar na soveel jare ken mens die pad sonder duidelik sien, en sy wil nie vir oupa wakker maak nie.  So stap ons ou katjie vooruit, haar naam is Hetta, die gekry omdat sy net so klein is soos die Hettie karakter in n tv reeks.Hetta het hier deur die bosse baie verwaarloos kom vra vir blyblyplek, sy is nie n gesofistikeerde kat nie, maar regtig n karakter.

Terug by die storie. Voordat Von by die deur kom, wat oop staan, vlieg Hetta met n geblaas om en hol terug, Von steek vas en roep na my wat n lig aansit,  en daar staan n Kobra in die deur. Regop en reg vir moeilikheid maak.

Vandag sit neef op n stoel wat so half onder die db staan, en die " sideboard" kassie langsaan. Die db kort n " blank" plaatjie vir n skakelaar,  al van dag een af, maar so is dit nou al 21 jaar. Hoor ek Hetta blaas hier langs my op die kassie, kyk vir haar en uit die hoek van my oog sien ek die slang hier by my skouer. Boomslang het op n manier in die " cavitiy" tussen mure gekom, en peul hier by die db uit.  My enigste verlkaring.

Dankie ou Hetta, skuld jou baie.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 07/02/2019 - 18:12

Om so bietjie perspektief te gee, het Vonnels het nou die foto van my geneem met die db agter my en " ouma Kobie" die sideboard erfstuk langs my. 

Sit plek

Links op db is die blink slangdeurtjie

Centurion

Voortrekker

Thu, 07/02/2019 - 18:21

Hierso net weer so 'n herrineringtjie van die spoeg kobra wat ons in ons tent gekry het by Dube gedurende Desember.   Gelukkig het my kat (Lolla) op hom afgekom en ook 'n groot geraas gemaak laugh​​​​​​

Kobra

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 07/02/2019 - 22:10

.................wêreld en ons is een van die dae oppad Wiltuin toe !  My annerhelfte mag nie hierdie draad sien nie en ook nie waar die Shingwedzi-ontvangsdame vir Chris gesê het hulle het nou wel lastige bobbejane , maar nie slange soos by Tsendze nie !  (En ons is in Mei oppad na beide hierdie kampe !)

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 08/02/2019 - 00:18

Ek be k$k my self.

Ek sorg maar altyd vir so bietjie lig op die vloer langs. Net om mooi te sien waar ek trap.

Het self in Froggy so enkel sel LED ligie wat op die vloer skyn. Het tot sy eie day-night in. Net genoeg lig om nie jou "gout" toon te stamp nie. smiley

Centurion

Dusty

Fri, 08/02/2019 - 05:29

Neef, jy laat my so klompie jare terugdink.

Daar waar ek groot geword het (Brits omgewing) was daar nie spoel toilette nie, net die emmer stelsel en die toilet was buite gewees. Voor ons kamervenster het my pa 'n afdak gebou, 'n lae muur om die buite hoeke en gaasdraad op die muur gemonteer met 'n deur om uit te gaan.

Wanneer ons in die aand toilet toe gegaan het het ons sommer deur die venster geklim want dit was mos nou 'n kortpad. My broer het een aand gegaan en hy kom sommer so deur die vernster gevlieg na 'n paar sekondes. Hy het nie 'n flits of iets wat ligmaak by hom gehad nie. Ons het nie Eskom krag gehad nie. Net kerse en lampe en miskien 'n flits.

Toe hy die deur oopmaak het hy net 'n snaakse gevoel gekry het hy gesê. Toe ons wel 'n flits kry was daar toe 'n rinkals slang wat dwars voor die deur gelê. Toe my pa daar aankom het die slang bewegingloos gebly lê. Die slang was so 1.2 meter lank gewees.

Ek sou nie so ontspanne kon lyk na so 'n "close encounter" met 'n slang nie!

Die kat wat so blaas laat my dink aan een van Tolla se stories waar hy vertel van die kat wat so hakkel van skrik toe die hond skielik om die draai kom. Al wat die kat uitkry is v.....v.....v.....v......v..... Hy kom net nie so ver om voertsek te sê nie.....wink

Port Elizabeth

Antie

Fri, 08/02/2019 - 08:33

Hetta het nie nodig om gesofistikeerd te wees nie.....  sy is 'n kat duisend!      Wat gebeur toe met die slang, is hy terug in die muur in?   Sjoe, ek kry die horries.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 08/02/2019 - 09:50

Laat ek vertel van die slange se uiteinde. Die Kobra wat Von wou bykom het so verloop.

Neef is op die bed vasgekeer, en sien net sy paar Croc plakkies, let wel plakkies nie die lelike klompe nie, en trek hom aan soos vir n voet aan die regterhand. Se vir Von sy moet die baksteen deurstop gaan kry, ek hou die slang dop, wil hom keer voor hy onder die bed in. Nou sit ek op die bed se voet en ent, met die slang so 1meter weg, regop in die deur. En daar sak hy af en begin bed toe seil. Die baksteen is nog op pad, toe laat waai ek maar met n helse hou op sy kop met die plakkie. Dit was n goeie hou, sy kop was heeltemal plat.

Die boomslang het terug-getrek in die db en was daar vasgekeer. Neef het die deksel afgeskroef  en gewag totdat hy uitseil en met n kierie bygedam. Dit is eintlik vir my baie hartseer om die slange van kant te maak,  ek voel sleg vir n lang ruk, maar binne die huis is n probleem.

Môre Len

Dalk moet jy maar Oudshoorn om sleep wille tuin toe, en die neef se kat leen .

Ek onthou dat Chris in een van sy vertellings alreeds vermeld het van die  mamba bo sy woonwa in Tzendse.  Gelukkig het julle mos 'n binne badkamer. 

Ek het al gekyk hoe om die uitstoot badkamer van my Kavango meer toe te maak om dier en slange wel buite te hou.

Onthou die raad van Jeyse fluid.laugh

Wessel 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 09/02/2019 - 15:23

 Dit is eintlik vir my baie hartseer om die slange van kant te maak,  ek voel sleg vir n lang ruk,

Ek voel ook dat slange het 'n bepaalde rol om te vertolk in die ekologie. Maar as die ou kom inbreuk maak in jou persoonlike ruimte, het jy soms ongelukkig nie 'n ander keuse as om dood te maak nie. Hierdie groot mannetjie-boomslang was (ongelukkig vir hom) verlede jaar 'n onwelkome besoeker by my huis.

B 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 09/02/2019 - 16:52

Dit is n bul daai Chris, seker 2m lank as ek hom skat.

 Ja mens kan die vrees in die Boomslang se oè sien, en hy kyk jou reguit in die oog ook nog, nee hel ek voel soos n moordenaar en naby aan trane. Ons kan so maklik doodmaak en vergiftig, nou hoop ek nie neef trap op jou tone as gifsmous nie, maar om lewe onnodig te neem is regtig n swak menslike gedrag. 

En net toe dit lyk of dit nou genoeg was vir 2 dae, ... kry ek vanmiddag n moerse geelslang met n swaeltjie in sy bek by perdestalle.  Vir Sakkie gese hy moet maar mooi trap as hy bo by die voersolder  inklim, daar is nou n behoorlike uithang plek vir n trop?, skool?, swerm?, versameling?,  slange.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 09/02/2019 - 17:32

hoop ek nie neef trap op jou tone as gifsmous nie

.... ek is 'n verantwoordelike gifsmous. Te lief vir die natuur om onverskillig op te tree. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 09/02/2019 - 17:44

Ja mens kan die vrees in die Boomslang se oè sien, en hy kyk jou reguit in die oog ook nog

Is waar neef. Hy sal nie sommer pik nie. Een van die mees "docile" slange, maar ongelukkig ook die giftigste slang in SA (per mg gif). En sy teengif is net by groot stadshospitale beskikbaar. Volgens Bill Branch se "Veldgids tot die Slange en Reptiele van Suider-Afrika" kom vergiftiging selde voor. Dit is gewoonlik slegs slanghanteerders wat gepik word. Hy kyk jou amper in die oë asof hy wil sê: "Los my en ek los jou." Hy byt gewoonlik net as hy vasgekeer word.  Maar ek vat maar nie die kans met my kleinkinders wat hier in die tuin speel nie. Hoeka my "Roemeense kleindogter" wat daar agter staan. Sy was bietjie "disgusted" dat oupa so 'n mooi ding doodgemaak het.

Ek het nog nie hierdie somer een in my tuin gesien nie, maar die buurvrou oorkant my word vanjaar omtrent lastig geval deur die boomslange.